BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 526

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Tydsbepaling van die einde – Valse profete 5162 Om die tydstip van die komende wêreldoordeel te wil bepaal, strook nie met My Wil en My Wysheid nie, wat heel goed insien dat kennis van tyd en uur vir julle mense ondraaglik sal wees, omdat dit julle denke, sowel as julle handeling, sou beïnvloed en daarom deur My geheim gehou word, nieteenstaande My voortdurende aankondigings en waarskuwings en aanmanings. Julle sal julle lewenswyse vrywillig moet verander, waartoe wel ‘n onophoudelike wys op die naderende einde goed is, maar nie die presiese kennis van die tyd en uur nie. Wel is die einde, die wêreldoordeel, baie naby en steeds weer maak Ek dit aan julle bekend, maar tog sal julle almal verras wees, want niemand sal dit oortuigend verwag en aan die spoedige einde glo nie. Maar wie meen om die tyd en die uur te kan aangee, is nie My gesant nie en glo daarom nie sy woorde nie, ofskoon hy voorgee om vir My te spreek, ofskoon hy ook trag om die medemens na die ware geloof in My te bring. Nogtans is hierdie bewering nie deur My Gees aan hom oorgedra nie, dit gaan nie van My af uit nie, dit is ‘n produk van eie gedagtes, waarvan hy self oortuig is dat dit die waarheid is en wat hy daarom trag om te versprei. “Die dag en uur weet niemand nie.” Dink aan hierdie woorde wat Ek op aarde tot My volgelinge gespreek het. As God en Skepper van die oneindigheid, is Ek sedert ewigheid goed op hoogte van die dag en uur, maar My Wysheid verhinder My om die kennis aan julle bekend te maak. Want dit gaan oor die vrye wil van die mens, wat nie aangetas mag word nie, maar wat deur elke presiese mededeling oor die laaste dag aangetas sal word. Die dag is wel sedert ewigheid vasgelê, maar netso is ook alle gebeurtenisse vooraf vasgelê, wat sonder dwang moet bydra tot die verandering van die wil van die mens. En so word vanuit My alles gedoen wat dienstig is vir die mens om in die korrekte ingesteldheid op die laaste dag My oordeel te kan afwag. Dog as dit nie self deur die mens benut word nie, is sy lot vir ‘n eindelose lang tyd alreeds beslis. Die wete van die dag en uur van die einde sou ‘n gedwonge verandering van sy wese tot gevolg hê, wat hom egter nie die reg gee om die ligryk, nóg minder die salige paradys van die nuwe aarde binne te gaan nie, maar sou ook nie die mens aan die ewige verderf uitlewer nie, omdat angs en vrees sy wil bepaal, maar nie die liefde nie, wat die enigste beweegrede moet wees vir ‘n ommekeer van die wil. Die liefde sou dus nog te gering wees en dit gee nie die reg om van ‘n wesenlike verandering te praat nie, maar die wil om die korrekte te doen sou die wese aangereken moes word, want in ‘n sekere sin sou die wese gehoorsaam wees, maar nie uit liefde nie, veeleer uit vrees. Maar die liefde sal uiteindelik die deurslag gee. Ek wil die bokke van die skape skei, Ek wil ‘n reiniging bewerkstellig waardeur ‘n verlossingstydperk beëindig moet word, voordat daar ‘n nuwe een kan begin. Daarom moet daar ‘n duidelike wilsbesluit plaasvind, waartoe die mense ryklik tyd en geleentheid het en as aansporing word die naderende einde vir hulle aangekondig. Maar hulle moet heeltemal sonder dwang besluit. Daarom hou Ek dag en uur geheim, maar dit sal kom soos ‘n dief in die nag, wanneer niemand dit verwag nie, sal dit daar wees, wanneer die mense in die genietinge van die lewe hul bevrediging vind, wanneer hulle rusteloos van die een genot op die ander jag maak, wanneer hulle alles om hulle heen vergeet en vrolik is, wanneer hulle heeltemal vol lewensvreugde sal wees. Dan sal die dag aanbreek wat aan alles ‘n einde sal maak. En dan sal blyk wie vir My party trek, of vir My teenstander, wie meester is van hierdie wêreld. Dan sal alles geopenbaar word, lig en duisternis, waarheid en leuen, liefde en haat, dan sal niemand hulle kan verberg of sy ware wese verskuil kan hou nie. Dan sal elkeen homself so voordoen soos wat hy in werklikheid is, want die nood om hom sal sy masker van sy gesig afruk en dan sal elkeen sy regverdige loon kry. Lig of duisternis, Hemelse geluksaligheid of ewige verdoemenis. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205