BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 527

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Deur God gewilde verkeer met die geestewêreld 5166 Ontelbare geestelike wesens omring die aarde en hou hulle in die nabyheid op van die mense wat op die een of ander manier met hulle verbind is, deur dieselfde rypheid van gees, dieselfde gesindheid of bande in die aardse lewe. Hulle almal bespeur dat daar iets van groot betekenis gaan gebeur, hulle weet dat die aarde en haar bewoners iets te wagte staan, maar slegs hoogontwikkelde geeste ken die ewige verlossingsplan van God en dus ook die verloop van die komende tyd. Daar heers ‘n uitermate naarstige aktiwiteit in die geestewêreld, wat in opdrag van God die mense op aarde te hulp wil kom om die graad van hul rypheid nog soveel moontlik te vergroot, voordat die dag aanbreek wat hul lewens gaan beëindig. Die onwetende siele in die geesteryk bespeur ook ‘n algemene bedreiging vir die mense op aarde en hou hulleself instinktief op in die nabyheid van hulle met wie hulle noue bande gehad het. Hulle kan vir hulleself geen uitsluitsel gee waaroor hulle verontrus is nie en tog is hulle besorg oor die mense, in die besonder oor hulle met wie hulle in liefde verbonde was. Daar bestaan ook ‘n wet en as gevolg daarvan is daar geen opheldering, solank as wat ‘n mens sonder liefde en geloof is nie, want solank sal die siel van die mens nie in staat wees om die waarheid in te sien en aan te neem nie. Dieselfde geld ook vir die siele in die geesteryk wat die aarde nog onvolmaak verlaat het. By hulle ontbreek alle begrip vir die ewige waarheid en dus is die verlossingsplan van God ook vir hulle onbegryplik, in ‘n sekere sin is daar ‘n tekort in hulle denkvermoë te bemerk, hulle begryp nie wat vir hulle as hoër waarhede aangebied word nie, totdat hulle in hulself die liefde opgewek het en daardeur ‘n bepaalde insig kan ontvang. En so kan daar aan hierdie siele vereers geen opheldering gegee word in die geesteryk oor die rede van hul onrus en besorgdheid nie. Maar hulle sou hulleself graag teenoor die mense wil uiter en probeer op elke manier die gedagtes van die mense op hulle te rig, met die doel om met hulle te kan praat en verstaan te word. Dit is vir hierdie siele ‘n groot teleurstelling wanneer daar nie na hulle geluister word nie, soos wat hulle meen en tog gee hulle nie op in hulle pogings om hulleself verstaanbaar te probeer maak nie. Dit is ‘n bepaalde soort liefde vir diegene van hulle wat op aarde agtergebly het en hierdie liefde word vir hulle deur God aangereken en daar word aan hulle ‘n moontlikheid gegee om dit tot uitdrukking te bring. Waar daar ook maar mense op aarde byeenkom in gedagtenis aan oorledenes, om hulle te help, kan daar ‘n deur God gewilde verkeer van die aarde met die geestewêreld tot stand gebring word. Maar steeds moet die dienende liefde die beweegrede wees, wat dan ook seën sal oplewer, sowel op aarde asook in die geestelike ryk. En weer is die graad van rypheid deurslaggewend welke siele dit in die geesteryk toegestaan sal word om hulleself te kan uiter. Die mens is deur ontelbare siele omgewe en elke siel sou haarself wil uiter, maar dit word nie aan elke siel toegestaan nie, maar almal mag luister en hulle sal begryp wat ter sprake kom. ‘n Beskuttende geestelike muur omring geestelik strewende mense, netso span die leiers van die nog onwetende siele in die hiernamaals hulle egter ook in om hierdie siele op ‘n hoër vlak van insig te bring, deurdat woorde van liefde steeds deur hulle verneem en begryp word en hulle aanspoor om te dink oor hul eie toestand en graad van liefde. Daarom kan die mense op aarde oor die dood heen inwerk op hierdie siele, wanneer die verbinding met die geestewêreld tot stand gebring is op ‘n God welgevallige grondslag, d.w.s. om te gee en te ontvang wat steeds net vir die siel dienstig is. Aan hulle wat die geestelike nastreef, word kontak met die hiernamaals toegestaan, maar die mense moet slegs rekenskap gee van die beweegrede waarom hulle so 'n verbinding tot stand wil laat bring. Vir die siele in die hiernamaals is dit ‘n verligting, ‘n wegneem van hul sorge vir die mense om hulle opmerksaam te maak oor dit wat hulle bedreig, waarvoor hulle ‘n fyn ontwikkelde gevoel het, maar nie die ware opheldering daaroor kan gee nie. En hulle sal hulself steeds in die nabyheid van die gevaar ophou en sal hulle wil help. En hierdie wil om te help word deur God waardeer en beloon met hulp van Sy kant af. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205