BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 528

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Gebed om genade en krag, vir verligting van die gees 5168 Julle versoek is en moet steeds bly: "Vader, vervul ons met U Gees, met U Krag en U Genade." Met hierdie versoek lê julle getuienis af van julle geestelike armoede, dat julle jul swakheid bely en My vra vir toesending van liefde, vir krag en genade en vir verligting deur die Gees. En Ek sal julle verhoor, want elke gebed wat julle geestelike versorging aanbetref, hoor en verhoor Ek en Ek help julle opwaarts. Sodra julle besorg raak oor die welstand van julle siele, het julle dan ook die sin en die doel van die aardse bestaan verstaan. En dan is dit vir My maklik om aan julle te gee waarna julle verlang, sonder om julle vrye wil in gevaar te bring. Dan is julle bewus van julle nog onvolmaakte toestand en julle sal uit vrye wil probeer om dit op te hef. Julle moet na My toe kom, sodat Ek julle kan help en julle sal waarlik gehelp word, want My hart juig oor julle verlange na My. En Ek kan aan julle dink as kinders wat in hul swakheid en onkunde vergesel en onderrig moet word, sodat hulle kan groei en gedy, omdat hulle die weg betree het wat na My lei, na bo, na die lig. Krag, genade en verligting van die gees - as julle hierom vra, sal julle alles besit: My Liefde en erbarming en volledige duidelikheid oor julle doel op aarde en die oplossing daarvan. Julle sal dan insig ontvang en sal dan siende voortgaan waar julle tevore nog blind en daarom nog ongelukkig was. Wanneer My kragstroom julle tref, sal julle ook My Liefde vir julle voel, wat julle sterk sal aantrek. Ek het julle lief, ofskoon julle nog onvolmaak is, en Ek stuur daarom onophoudelik My genade aan julle om julle volmaak te laat word, indien julle hierdie genade benut. En julle sal dit ook doen, omdat julle My ook om verligting van die gees gevra het en julle sal daarom baie duidelik besef wat by julle ontbreek, hoe julle sal moet lewe en watter pad julle sal moet gaan om geluksalig te word. Jy sal alles bereik as jy My vra vir krag en genade, en verligting deur die Gees. Want dan is jou hart al ontsluit vir die kragstroom van die liefde. My Gees kan in jou werksaam word, want jy belet hom nie meer nie, omdat jy jouself oopmaak vir My stroom van genade en liefde en dit onherroeplik werksaam word in 'n bereidwillige mensekind wat na My gekeer is. Ek hou werklik enorm veel van jou en tog moet My genade jou eers vasgryp, omdat jy vanweë jou onvolmaakte toestand nie waardig bewys is om My Liefde in ontvangs te neem nie. En daarom moet Ek genade voor geregtigheid laat geld. Ek moet jou na My toe trek, omdat jy nie uit jouself sal kom nie, maar jy sal self kan besluit of jy My genade wil aanneem al dan nie. Ek dwing jou nie om My te volg nie, maar My genade werk baie magtig in op diegene wat geen weerstand bied nie. En elke versoek om genade beteken die opgee van weerstand. Wees daarop bedag dat Ek dit dan ryklik oor jou kan uitstort, as jy deur jou gebed die wil kenbaar maak om die genade van My aan te neem en te gebruik. Roep My aan om krag en genade en vir die uitstorting van die Gees oor jou. Dan is daar ware deemoed in jou, want jy voel dat jy hierdie gawes nodig het. En aan die deemoedige skenk Ek My genade. Hy roep My aan en het in sy deemoed al aansienlik nader aan My gekom, omdat hy die verhouding van kind tot stand gebring het deur sy liefde en deemoed vir My en Ek die mens nou so kan vorm dat Ek hom ryklik kan beloon met My Genade, met My Krag en My Gees, wat nou in hom werksaam word en wat hom in alle waarheid sal lei. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205