BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 530

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Waarskuwende stem aan die ongelowiges 5173 Elke dag bring vir julle die einde naderby. Die tyd vlieg verby, maar die mensdom is nie bewus wat elke dag nog vir hulle beteken nie, wat hulle nog sou kan verwerf en hoe vinnig die tyd verby sal wees wat nog vir hulle oorbly tot aan die einde nie. Die mensdom dink nie aan die einde nie, daarom leef hulle sorgloos vêrder, of is maar net besorg oor aardse dinge. Die mensdom is blind en doen niks om siende te word nie, hulle leef en gaan die dood tegemoet, terwyl hulle egter die ewige lewe self moet verwerf solank as wat hulle op aarde is. En tog kan daar niks anders geskied, as om die naderende einde aan hulle te verkondig deur sieners of profete nie en slegs die evangelie (van die liefde) kan aan hulle gegee word - en gered sal diegene wees wat daaraan sal glo. Die mense lewe egter sonder geloof. Wat aan hulle deur God, deur Jesus Christus - en vanuit die hiernamaals geleer word, wys hulle weliswaar nie altyd openlik af nie, maar die ware geloof daaraan, die innerlike oortuiging daarvan, besit hulle nie en daarom is hul geloof waardeloos. Tog moet julle mense hierdie geloof verwerf, indien julle nie verlore wil gaan nie. Want sonder geloof roep julle God nie aan nie en bid julle nie tot Hom vir genadegawes om julle geskik te maak vir die hiernamaals nie. Sonder geloof stel julle julleself nie in verbinding met Jesus Christus nie, Wie alleen die Weg is tot die ewige lewe. Sonder geloof het julle geen bewustelike aardse lewe met ‘n geestelik doel nie, maar slegs ‘n suiwer aardse lewe wat sonder gevolg bly vir die ewigheid. Die geloof moet in julle oplewe en ‘n oortuigde geloof word, indien dit tot nou toe slegs ‘n vormgeloof was. En daarom moet julle luister daarna wat deur God se dienare aan julle verkondig word. Julle mag nie alles dadelik afwys nie, maar julle moet moeite doen om na te dink oor wat aan julle gepredik word. Indien julle van goeie wil is, sal dit ook nie moeilik wees om te glo nie - en dan stel julle julleself ook al bewustelik op die einde in. Julle sal dan rekening hou met die moontlikheid van ‘n einde en sal in julleself keer, - julle sal probeer om te verander, want die regte geloof bewerkstellig dit, indien julle van goeie wil is. Die goeie wil sal ook steeds die liefde ontplooi, omdat ‘n goeie wil altyd uit ‘n goeie hart opstyg en die liefde sal help om oortuigend te glo. Daarom sal goeie mense wat in liefde werksaam is, ook veel eerder aan die einde glo, want daardie geloof ontspring uit die liefde en word steeds deur die liefde gevoed. Probeer dus om alleen ‘n ware geloof te verwerf, ‘n lewende geloof, wat julle sal aanspoor tot arbeid aan julle siele. En wanneer julle dit verkry het, dra dit oor op julle medemense, want die nood onder die mensdom is groot, juis omdat die korrekte geloof aan Jesus Christus as Verlosser en aan ewige lewe in die geesteryk, by hulle ontbreek. Dit is vir die mense ‘n onwerklike begrip en in die gunstigste geval bely hulle dit maar net met die mond, maar hul harte weet niks daarvan nie. Dan ontbreek dit by die mense aan kennis en aan krag om hulleself te verander en dan gaan die aardse lewe verby sonder om tot die doel te lei, tot ‘n volwassenheid, wat aan hulle die ewige lewe verseker. En die einde kom steeds nader en wie sonder geloof bly, gaan ‘n verskriklike einde tegemoet, ‘n lot waarvoor hy met ontsteltenis sal terugdeins indien hy daarvan bewus was. God se bodes, Sy dienare wat deur Homself gekies is, verkondig dit aan die mense en wys hulle steeds weer op die naderende einde. Luister na hulle wanneer hulle na julle toe kom en dink na oor wat hulle vir julle verkondig en oorweeg die moontlikheid dat hulle die waarheid gepraat het. Dan sal julle ‘n verandering tot liefde nastreef, dan sal die aardse lewe nie meer vir julle so belangrik wees nie en julle sal julle sorg meer op julle siel rig en dan hoef julle ook nie die naderende einde te vrees nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205