BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 533

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Verlossende hulp vir siele in die hiernamaals vanaf die kant van die mens 5178 Daar worstel tallose siele in die hiernamaals om hoër op te kom en hierdie siele bevind hulle in die uiterste nood. Hulle kragteloosheid maak dit onmoontlik vir hulle om hoër te gaan en die besef van hul kragteloosheid kwel hulle oneindig, omdat hulle nie weet hoe hulle dit kan oorkom nie. Juis die gebrek aan kennis is hul ongeluk, want volgens die wet van ewigheid kan alleen dit aan hulle gegee word waarmee hulle wil saamstem en volgens hierdie wil word daar aan hulle gegee. As hulle lig wil hê, dan ontvang hulle dit, maar as hulle die weldaad van lig nie ervaar het nie, ervaar hulle ook geen verlange na die lig nie. Hul ellendige toestand bestaan daaruit dat hulle onophoudelik ly en die wil om hul toestand van lyding te verander, kan hulle nie regkry nie, as hulle tenminste nie hulle wil gebruik om teen God en hul lot op te staan en vreeslik tekere gaan in hul omgewing nie. Hierdie siele is reeds in ‘n helse toestand, omdat hulle voortdurend deur die kragte van die hel opgesweep word en daardeur sal daar vir hul verandering en strewe na bo, nog ‘n ondenkbare lang tyd nodig wees. Maar ook die siele wat in totale onverskilligheid versonke is, kan ‘n eindelose lang tyd hul ellendige lot moet verdra, indien daar vir hulle nêrens hulp vandaan kom nie, omdat hulle vanweë die swakheid van hulle wil, hulself nie kan help nie. Hierdie hulp kan slegs aan hulle gebring word deur die wesens wie se liefde hulle uit die duisternis wil verlos, naamlik mense op aarde, of ook wesens in die hiernamaals, wat reeds in die lig staan, of wat ook al ‘n hoër graad van insig besit, wat hulleself in staat stel om hulp aan te bied. Ontelbare siele is in hierdie nood oor wie die mense hulle moet ontferm, maar juis vanaf die kant van die mense is daar vir hierdie siele weinig hulp, omdat die mense nie meer glo aan ‘n voortlewe van die siel na die dood nie. Vir die mense sou daar ‘n groot arbeidsveld op geestelike gebied ter beskikking gestaan het, indien hulle hulself oor die noodlydende siele in die hiernamaals sou ontferm en hulle sou help om uit die diepte na bo te kom. En hierdie hulp aan die siele in die hiernamaals sou die mense self weer baat wanneer hulle hulself in liggaamlike of geestelike nood sal bevind. Maar die mense dra baie gering by tot hierdie verlossingswerk en laat daardeur ook hul geliefdes in die hiernamaals, oor wie hulle hul tog in die besonder moes ontferm het, in groot nood. Daarom word dit met besondere vreugde begroet, wanneer die mense op aarde saamkom, wat hierdie wil om te verlos in hulleself dra en ‘n lig wil aansteek vir die vele siele in die duisternis. Daarom neem die ligwesens ook deel aan hierdie verlossingswerk in soverre dat hulle ook vertoef waar daar liefdevol aan die ongelukkige siele in die hiernamaals gedink word. En hul hulpverlening is duidelik te sien, deurdat hulle hulself beskermend vir die mense op aarde stel, wanneer die opdringing van duistere geeste dreig om die werk van verlossing in gevaar te bring. Sowel die siele in die hiernamaals, asook die mense op aarde, het hul beskermgeeste, wat na gelang van hulle wil, ingryp wanneer daar gevaar dreig. En waar die mense verlossend werksaam wil wees, sal die vyand altyd loer en hy sal verwarring probeer bring waar opheldering aangebied word aan hulle wat in duisternis rondgaan. Maar hy sal dit nie kan verhinder dat die strale van lig, wat uitgaan vanuit die liefdeswil om te verlos en wat die siele wat in duisternis is beroer nie, sodat hulle dit as ‘n weldaad ondervind en mekaar daar sal ontmoet waar mense saam is wat hulle wil help, omdat hierdie wil geseënd sal wees. Want die siel wat eenmaal binne die bereik van ‘n ligstraal van liefde gekom het, val nimmermeer in die diepte terug nie. Sy soek die lig en sal dit ook vind, omdat elke siel gegee word wat sy begeer. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205