BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 536

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Woord van God - Mediumieke ontvangste - Vermomming 5182 Wie My wil dien, sal ook deur My aangeneem word en sy arbeid in My wingerd sal vir hom deur My aangewys word, want slegs Ek weet tot welke werk elkeen vir My ryk geskik is. Bewustelik of onbewustelik kan Myne My dien, d.w.s. hulle sal weet dat Ek hulle vir ‘n amp uitgekies het. Hulle kan egter ook deur hul hart gedryf voel om iets te doen, wat ook deur My as arbeid in My wingerd aangesien sal word, ofskoon hulle nie weet dat hulle getroue medewerkers vir My sal wees met die verlossingswerk in die laaste tyd voor die einde nie. Dit moet egter by almal aanwesig wees: ’n Innige liefde tot My en die naaste, want daarsonder kan die arbeid vir My en My ryk nie verrig word nie. Hierdie innige liefde vervul dus My gebooie van die liefde, wat aan My kneg die krag sal verskaf om seënryk werksaam te wees. Maar omdat die werk vir My ook ‘n bepaalde kennis vereis, wat egter slegs deur onbaatsugtige werk van liefde verwerf kan word, kry hy dit saam met die krag wat aan hom gestuur word, sodat hy tenminste nou ook beide volgens My Wil sal kan gebruik. Julle begryp nou dat, vir die arbeid in My wingerd, ‘n bepaalde kennis van die ewige waarheid ‘n voorwaarde is en dat dit ook die kenmerk van My ware knegte op aarde sal wees, want by hulle sal julle steeds opheldering kan kry van elke vraag wat My en My ryk betref. Hulle moet ‘n bepaalde kennis besit, wat hulle tot ware verteenwoordigers op aarde maak. Maar hoe en op welke wyse hulle hierdie kennis ontvang, dit moet julle steeds ondersoek, want die oorsprong van hierdie kennis bepaal ook die kennis se waarde en geloofwaardigheid. My ware verteenwoordigers op aarde moet steeds deur Myself onderrig word, omdat slegs Ek die waarheid kan gee en as Oerbron van die waarheid, is dit ook oral heersend waar Ek mense nodig het om My Woord te verkondig, op voorwaarde dat daar ‘n troue kneg sal wees wat in My diens kan tree. Maar dit is en bly waarheid wat Ek tot die mense spreek - wie in hul binneste na My Stem luister. Hulle wat uit geloof en liefde tot My, vir My aanroep en om My Gees vra. En aan hierdie mense lê Ek alles voor wat hulle weer aan hul medemens moet deurgee, - sodat die waarheid versprei kan word. Geloof en liefde moet egter aanwesig wees, omdat Ek andersins nie tot ‘n mens kan spreek nie. Want slegs ‘n gelowige mens luister na sy binneste en slegs ‘n liefhebbende hart kan My Stem verneem. Ek bring dus met so ‘n mens ‘n innige verbinding tot stand deur die Woord, wat ’n uitstroming van Myself is en wat dus getuienis van My aflê. Die Woord word deur Myself uitgespreek, d.w.s. My geestelike uitstraling vorm Homself tot gedagtes wat deur julle begryplik kan word, of weerklink as ‘n hoorbare Woord in julle hart. Maar ook op die indirekte manier, deur die tussenkoms van ‘n bode, kan Ek My Woord tot julle laat kom, indien Ek die salige wesens in die geesteryk gelukkig wil maak, wanneer hulle tussenpersone mag wees tussen My en julle, want die toesending van krag uit My, beteken ook vir hulle ‘n toenemende saligheid. In die laaste geval ontvang julle dus My Woord deur My ligbodes, wat egter op geen enkele wyse afbreuk doen aan die Woord nie, omdat dit nie verander kan word solank dit uit die geesteryk kom nie, d.w.s. nog nie ‘n verandering deur menslike wil ondergaan het nie. Maar die mense moet goed rekening daarmee hou dat Ek alleen oor My Woord spreek en oor die stuur van die suiwer waarheid, wat die mense in kennis stel van My Wil en wat hul die insig verskaf oor hul verhouding tot My en hul aardse opdrag. Maar nie alles wat julle ontvang uit die geesteryk kan as My Woord bestempel word nie, want My Woord is die suiwerste waarheid en kan dus as My direkte uitstraling slegs vêrder gelei word deur wesens wat self in die lig staan. Daar is egter ook wesens wat hulleself wil uiter, ofskoon hulle self geen insig het nie, of slegs ‘n geringe mate van kennis besit. Ook hulle het die moontlikheid om hulle aan die mense op aarde verstaanbaar te maak, hetsy deur die oorbring van gedagtes, of deur ‘n medium wie se wil en liggaamlike funksie hulle gebruik om hulleself te uiter. Hierdie “mededelinge” moet egter nie met My Woord verwar word nie, die mense mag dit nie as My Woord aanvaar nie en dit is derhalwe nie as werking van My Gees in die mens te bestempel nie. Want My Gees kan slegs onder bepaalde voorwaardes werksaam wees. Die “mededelinge” uit die geestewêreld kan egter deur alle mense verneem word wat hulle maar net daarop instel om met die geesteryk in verbinding te tree, om te luister na die influisteringe van die wesens wat hulle manifesteer met goeie, of minder goeie bedoelings. Hierdie wesens kan wel ook waarheid oorbring, maar daar is geen waarborg dat hul uitinge suiwer waarheid is nie, omdat hierdie wesens hulleself op heeltemal verskillende vlakke van rypheid bevind, maar die mens self kan die graad van rypheid nie beoordeel nie. Sulke uitinge kan nooit as goddelike openbaringe gekenmerk word nie. Baie eerder kan ware goddelike openbaringe daardeur in gevaar gebring word, indien die mens nie ’n suiwer oordeelsvermoë besit om kennis vanuit die geesteryk te onderskei en te skei nie. Om My Woord direk of deur ligbodes te kan ontvang, is in die eerste plek die wil om My te hoor ‘n vereiste, want Ek laat My Stem nie in die hart van ‘n mens weerklink, sonder sy bereidheid om My te ontvang nie, omdat eers dit die geloof aan My werksaamheid in die mens deur My Gees bewys. Bowendien moet ‘n lewenswandel in liefde die hart tot ‘n waardige opnamehouer van My Gees gereed gemaak het. En ook moet die mens wat My Woord ontvang, daarmee vir My en My ryk arbei. My Woord is die wese van alle kennis en My Wil is die oordrag van hierdie insig, dit is diepe wysheid. Dit is die in ‘n vorm gegote waarheid wat aan die mens gestuur moet word, wat egter nie anders gestuur kan word as op die weg van openbaringe nie, wat één mens ontvang vir al die mense wat dit wil aanneem. My Woord is dus in ‘n sekere sin ‘n bewys van My omgang met die mense. En omdat die mense deur My Woord die waarheid, naamlik die lig uit die hemel aangebied word, is dit begryplik dat My teenstander na middele en weë sal soek om die lig af te skerm, om die waarheid te vervals en daardeur My werksaamheid oneffektief te maak. Hy sal nie daarvoor bang wees om homself op dieselfde wyse te uiter waar die menslike wil hom dit sal toelaat nie. Maar dit is vir hom slegs moontlik, daar waar die wil van die mens sy voornemens maklik maak. En dit kan dikwels slegs onbeduidende aanleidings wees wat vir hom sy inwerking moontlik maak, byvoorbeeld wanneer wêreldse gedagtes ‘n mens besighou en wat as verleidings dien waardeur Satan probeer binnedring. My ryk is nie van hierdie wêreld nie, wie dus met My wil praat, wie My Stem wil hoor, moet hom heeltemal van die wêreld kan losmaak en sy begeerte mag slegs op geestelike goedere gerig wees. As die denke van die mens nog wêreldsgesind is, dan kom My teenstander steeds weer tussenbeide, want hy het die reg, omdat die aardse wêreld sy ryk is. Julle kan hom egter te alle tye self afweer, deur die wêreld uit julle gedagtes te verban. Wie My wil hoor, moet met die wêreld gebreek het, ofskoon hy nog te midde van die wêreld leef. En so kan Ek julle wat verlang om My Woord te hoor, steeds weer daarteen waarsku om julle blik van die wêreld af te wend. Anders kan julle My Woord nie in alle suiwerheid hoor, wanneer die vors van die wêreld dikwels tussenbeide kom nie. Hy neem elke geleentheid waar om die waarheid te ondermyn, maar julle gee hom hierdie geleentheid wanneer julle gedagtes na die wêreldse uitgaan. Julle sal hom dan ook moeilik herken, omdat hy hom ook van My Woord sal bedien om julle te mislei, omdat hy hom kamoefleer as ‘n hemelse Gees en skynbaar liefdevol en wys spreek, maar tog stil-stil verwarring stig deur twyfel in die mense se harte te strooi en so die suiwer omgang tussen ‘n mens en My te probeer belet. Daarom is elke mens ook nie geskik om onderrig te gee nie, omdat onvoorwaardelike waarheid daarvoor nodig is en daarom ook ‘n volledige afkeer van die wêreld, om die suiwer waarheid van My te kan ontvang. En daarom moet julle mense ook leer om onderskeid te maak tussen My Woord, - die suiwer evangelie, die heldere insig, dus ‘n hoër kennis wat met die waarheid ooreenstem - en tussen mededelinge vanuit die geesteryk wat ook wel goed en waar kan wees, - maar ook vermeng met “mededelinge” uit die ryk van die duisternis, sodra die mens, deur sy houding teenoor die wêreld, self die aanleiding daartoe gee. My Woord waarborg julle die suiwer waarheid, julle kan dit direk van My ontvang. Maar My Woord kan ook aan julle deur My Wil deur ligbodes oorgebring word, maar dit bly dan nog My Woord. Maar mediumieke ontvangers, deur wie die geestelike wesens hul uiter, wie dan die ware spreekorgane van hierdie wesens is, moet op hul hoede wees om nie deur laer kragte misbruik te word nie. Hulle moet hul nie deur mooi woorde laat verblind nie, want dit is die masker van hom wat die vyand van die waarheid is. Want mooi woorde is die middel om toegang te kry tot die kring wat My wel in erns soek, maar wat die wêreld tog nie heeltemal opgegee het nie. My voortdurende teenwoordigheid ontbreek nog by hulle en daarom is hulle ook nie veilig teen die verleidings van laer kragte nie. My Woord word egter aan julle mense duidelik en suiwer gegee, omdat Ek vir Myself die dienare gekies het wat Ek geskik geag het vir die amp van ontvanger en verspreider van My Woord, wat Ek ook sal behoed solank as wat hulle wil slegs op My gerig sal wees en hulle My as werktuig wil dien. Want nooit sal julle mense kan kla dat die suiwer waarheid van julle weerhou was nie. Steeds sal Ek My Woord na die aarde stuur en ook daarvoor sorg dra dat dit versprei sal word, omdat die sieleheil van die mense daarvan afhang dat hulle in die waarheid onderrig sal word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205