BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 538

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Kindskap van God - Reïnkarnasie - dwaalleer 5188 Julle sal julleself altyd meer van die waarheid verwyder, indien julle die band met My losser maak en maar slegs dink met julle wêreldse verstand, wat die geestelike waarheid egter nie kan insien nie. Want die verstand wil altyd 'n sodanige verklaring vir homself gee wat ooreenstem met sy begeertes en berekeninge, maar die waarheid stem nie altyd daarmee ooreen nie. Die gedagtes van die mens moet wel nie afgeskakel word nie, maar moet altyd by geestelike vrae die Gees in homself voorrang verleen - dus eers deur My laat bedink deur sy gees - om dan die gawe denkend te gebruik. Ek wil altyd 'n helder lig aan julle gee, maar julle mag geen muur daarvoor plaas nie, sodat die lig nie meer daardeur kan dring nie. En so 'n muur rig julle self op, sodra julle self denkend aktief word in 'n rigting wat julle geval. Julle mense wil graag op aarde leef en sal die aardse lewe nie maklik opgee nie. En dus gaan julle gedagtes sulke paaie en julle wensdroom is 'n lewe in veelvoud, omdat julle dit volgens goddelike natuurwet vir julself nie kan verleng nie. Vanuit hierdie oogpunt soek julle sulke gedagtes, om hierdie begeerte te vervul en is die leer van die herbeliggaming (reïnkarnasie) welkom vir julle en beoordeel julle dit as waarheid, ofskoon dit slegs gedeeltelike waarheid bevat. Die herbeliggaming, soos julle dit voorstel, omdat julle dit so wil, sou in ’n sekere sin die herhaling wees van 'n ontwikkelingstadium, omdat die mens op aarde misluk het, of nie volle volwassenheid bereik het nie, wat hy maklik kon bereik het. Dit moet tog vir julle verstaanbaar wees, dat so-iets net 'n voortdurende wissel van blyplek vir die siel sou beteken, wat dus na willekeur die aardse-, dan weer die geesteryk sou bewoon. En dit sou dieselfde wees as 'n stilstand in die kringloop van ewigheid, en altyd op dieselfde trappie bly, of dit sou - so lank as wat die vrye wil nie uitgeskakel word nie - die siel se ondergang kan wees, omdat die vrye wil altyd aan 'n mens gegee word, waarvolgens hy homself positief of negatief kan ontwikkel. Verder moet dit vir julle duidelik wees, dat alle hemelliggame dieselfde bestemming het, om die wesens daarop geleenthede te bied om hulself geestelik te omvorm en gevolglik is dit vir die verdere ontwikkeling nie absoluut afhanklik van die liggaamlike terugkeer na die aarde nie, so-iets sal eerder die huidige graad van volwassenheid in gevaar kan bring, omdat die aarde nog baie onvolwasse gees bevat, wat 'n slegte invloed kan uitoefen op die siele wat in die lewe op aarde gefaal het en daarom 'n nuwe terugkeer verlang. ‘n Siel wat na die aarde terugverlang, se wens kan wel toegestaan word, omdat die wil ook in die ryk hierna vry en derhalwe bepalend is vir die sieletoestand. Maar julle mense sal egter dan nie meer die verlange na die aarde hê nie, soos wat dit nou by julle oorheersend is; julle sal dan nie meer die swaar aardse liggaam wil hê nie, maar wanneer julle eenmaal in die geesteryk sal wees, dan sal julle tot insig kom en met die omgewende sfere so vertroud raak, dat julle hulle ten volle sal benut, so goed as wat dit vir julle moontlik sal wees en daardeur sal julle met sekerheid 'n heelwat hoër graad van volwassenheid kan bereik, as wat julle kon bereik het met 'n hernieude gang oor die aarde. Ek kan julle maar net altyd weer dieselfde sê: Julle het deur eie denke dwaling laat binnesluip in die geestelike leer, wat aan julle deur My as waarheid aangebied is. Julle het op sigself staande gevalle, om welke rede die leer van die herbeliggaming nie heeltemal verwerp kan word nie, veralgemeen. Maar op die manier waarop julle dit egter aangebied het, het dit ontwikkel tot 'n dwaalleer, wat Ek altyd weer sal regstel, sodat julle julleself nie vasloop in 'n aanneming, wat julle positiewe ontwikkeling hier op aarde in gevaar bring nie; wat julle lui en onverskillig sal laat word in die werk aan julself nie. Die gevalle van terugplasing van 'n siel na die aarde is so seldsaam en altyd met afsonderlike redes, en dit is verkeerd om uit hierdie feite ’n vasstaande leer te wil maak, wat die denke van die mens maar net in die war bring en die enigste waarheid twyfelagtig laat lyk. Julle mense sal op aarde onvoorstelbaar baie kan bereik. Julle sal tydens 'n lewe op aarde die hoogste graad van volwassenheid, naamlik die kindskap van God, kan bereik, want daarvoor het Ek Self as Mens Jesus aan die kruis gesterf. En My Wil word altyd aan julle bekendgemaak deur My Woord en 'n onmeetlike skat van genade staan julle voortdurend ter beskikking. Maar wie geen ag daarop sal slaan nie en die rypwording van sy siel nie nastreef nie, sal ook onherroeplik die gevolge moet dra in die geesteryk. Maar deur My oorgrote Liefde en Barmhartigheid sal hy ook dan nog hoër kan klim, indien dit sy wil is, want Ek het waarlik baie skole in My heelal, waar julle nog baie sal kan inhaal, maar julle sal nooit meer die graad van kindskap van God kan bereik nie, wat julle tot My erfgename maak, wat julle egter slegs op aarde kan bereik. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205