BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Bewys vir die ongelowige - Vervulling van die voorspellings 3741 Geen voorspellings van My sal onvervuld bly nie, want die huidige beproewing, wat baie meer geestelik as fisies van aard is, sal dit vereis. As julle op die gedrag van die mensdom let, as julle die gedagtes en bedoelings van mense van nader beskou, sal julle ook die noodsaak besef van 'n verandering van alle lewensomstandighede, want slegs dit sal dit moontlik maak vir mense om te verander, en daarom sal julle op 'n spoedige verandering kan reken, want die tyd is verby, die huidige nood het nie die gewenste uitwerking gehad nie en dus kan net 'n nog groter verdrukking 'n laaste moontlikheid bied, en dit sal onherroeplik kom volgens My Wil, want Ek sal Myself openbaar en Ek sal deur almal wat van goeie wil is, herken kan word. Wat menslike wil, haat en liefdeloosheid van die mens tot nou toe verrig het, sal nog oortref word deur My Wil. Dit sal vernietiging en uitwissing tot gevolg hê, ook van die aardse goed wat julle as jul eiendom beskou. Die mense sal op so ‘n laagtepunt moet kom, dat hulle na My sal moet roep om hulp, indien hulle nog tot redding gebring wil word voor die einde. Hulle moet verstaan dat alle aardse hoop tevergeefs sal wees, slegs dan sal enkeles belangstelling in die geestelike dinge ontwikkel, en terwille van hierdie enkeles sal Ek van laaste middele gebruik maak voordat die einde aanbreek. Die tyd wat egter gaan volg op My finale reddingsaksie sal moeilik wees vir almal, gelowiges sowel as ongelowiges, behalwe dat die gelowiges deurentyd krag van My sal ontvang ten einde te kan volhard. Sonder ‘n lewende geloof sal baie mense begin twyfel, en dit is dan ook My bedoeling, sodat selfs ‘n dooie geloof sal ontwaak, anders sal dit sonder betekenis wees tot in die ewigheid. Ek wil ongelowiges en diegene met swak geloof help met My stem, wat hard en duidelik sal weerklink, dit sal groot afvalligheid van My veroorsaak, die finale storm sal baie onbruikbare vrugte afskud, maar dit sal My nie verhinder om die storm oor die aarde te laat gaan nie. Elkeen wat vasstaan, sal sy ewigheidswaarde bewys. Twyfel nie aan My Woord nie, wag vir die dag wat sekerlik sal kom en maak gebruik van elke dag tot daardie tyd, want julle kan nog baie bereik indien julle ywerig werk daaraan om jul siele te verbeter. Elke dag van ellende kan vir julle geestelike welvaart oplewer, wanneer julle My in gedagte hou, en verstaan dat niks kan gebeur sonder My Wil of toestemming nie. Gee al julle bekommernisse vir My en Ek sal julle help om dit te dra wat Ek julle oplê terwille van julle siele. Tyd sal vinnig verbygaan, maar ongeag hoe moeilik dit ookal vir julle sal wees, dit sal 'n seën wees, omdat julle veel groter geestelike vordering sal kan behaal, as tydens 'n lang rustiger tydperk, wat julle halfhartig en traag sal laat word en julle niks nader sal bring aan die uiteindelike doelwit nie. Wag daarom geduldig op die vervulling van My voorspellings, moenie verwag dat daar deur My ingryping ‘n einde sal kom aan die benoudheid nie, maar slegs 'n verandering, want julle siele is nog nie volwasse genoeg vir algehele vrede op hierdie aarde nie, julle moet stry vir 'n sterk geloof, eers dan sal Ek julle van die benoudheid kan verlos, slegs dan sal julle in staat wees om ‘n tyd van vrede op aarde, of in die koninkryk van die hiernamaals, te geniet. Hou altyd in gedagte dat My Woord Waarheid is, dat Ek nie ‘n jota sal afwyk van wat Ek lank gelede bekend gemaak het nie, dat julle dit self sal sien, dat julle dit wat Ek verkondig sal ondervind sodat julle teenoor die wêreld kan opstaan vir My Woord. My laaste ingryping sal 'n bewys wees vir hulle wat tot dusvêr nie in My Woord geglo het nie, wat Ek nog vir My wil wen en aan wie Ek My duidelik bekend wil maak deur die natuurgebeure, sodat hulle sal glo aan My Mag en dat Ek deur julle werk. So maak Ek weer aan julle bekend dat die dag skielik en onverwags sal kom, dit sal kom in die plek van groot aardse beproewing, maar sal ook ‘n nuwe benoudheid van ‘n ander aard teweegbring. As julle egter glo dat Ek slegs deur Liefde vir julle gemotiveer word om julle deur lyding te laat gaan, dan sal dit ook vir julle draaglik wees, want die einde sal vroeër of later aanbreek, met verlossing vir almal wat in My sal glo en hulself aan My oorgee, vir almal wat My voor die wêreld sal bely. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205