BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 547

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Stryders vir die waarheid - Dwaallere 5205 Julle taak is om te onderrig, om die waarheid te bring aan die mense, sodat die donker wat hulle omgeef van hulle sal wyk, wat hulle verhinder om die weldaad van die lig te bespeur. Solank die mens ‘n verduisterde gees het, sal hy ‘n verkeerde weg gaan, want die regte weg heet Waarheid. Die Waarheid gaan egter van My uit en voer weer na My terug. Julle mense begryp tog dat Ek geen gedeeltelike vergunning kan doen wanneer dit oor julle geluksaligheid gaan nie, begryp tog dat Ek, as die ewige Waarheid teenoor die leuen of dwaling, nie verdraagsaam kan wees nie. Begryp tog dat Ek daarom die waarheid na die aarde gestuur het, omdat dit nodig is, dat julle van haar te wete kom, omdat elke dag vir julle verlore gaan waarin julle sonder waarheid voortleef, want slegs die waarheid openbaar My soos wat Ek is en alleen wanneer julle ‘n ware beeld van My het, sal julle My ook kan liefhê en daardeur geluksalig word. Elke verkeerde leer is ‘n poging van My teenstander om van My ‘n verkeerde beeld te gee en die liefde vir My te verminder, elke verkeerde leer is ‘n goeie bodem vir nuwe dwaallere en spoedig sal julle teenoor ‘n struikgewas staan wat onontwarbaar is en wat geen ligstraal meer sal deurlaat om julle gees te verlig nie. En daarom lei Ek My ligdraers op wat aan julle mense die waarheid moet bring, daarom maak Ek hulle eers vertroud met die waarheid en gee hul die opdrag om verhelderend werksaam te wees, waar hulle ookal is. Daarom stel Ek so dikwels die waarheid teenoor die dwaallere om daarvoor te sorg dat hulle teenmekaar ingaan, want Ek wil dat daar twyfel in julle harte opkom, want eers wanneer iemand twyfel, begin hy te dink en te soek na die waarheid. My leer, wat Ek die mense op aarde gegee het, is van menslike kant so met dwaling vermeng, dat dit nooit meer 'n heilsame uitwerking op die mense kan hê nie. En daarom wil Ek dit reinig, daarom gee Ek dit opnuut in sy suiwerste vorm en dra sorg daarvoor dat hierdie leer aan die mense wie van goeie wil is, oorgebring word. Wie dit wil aanneem, sal die grootste seën ondervind, wie dit egter afwys, moet ook die die verantwoording dra. Maar Ek het mense nodig wat hierdie suiwer leer van My sal uitdra op aarde, Ek het volgelinge nodig tot wie Ek ook nou weer kan sê: “Gaan uit en onderrig al die volke”. Ek het dus apostels nodig wat in My Naam op aarde sal spreek en My Woord aan die mense sal verkondig. En hulle sal moedig moet optree teen hulle wat die dwaling aanhang, want dit is hul amp waartoe Ek hulle aangestel het, om sonder vrees die waarheid teenoor die dwaling te stel, om sonder skroom uitsluitsel te gee welke skade daar vir die siel ontstaan solank sy verkeerd onderrig word, solank sy nie in die waarheid wandel, wat alleen na My lei nie. Julle mense sal ondanks dwaallere op My kan afstuur, maar dit is ‘n vrugtelose worsteling, want julle sal moet begryp dat die dwaling en die leuen nie My werk is nie, inteendeel is dit die werk van My teenstander en dat dit daarom alle vooruitgang verhinder, dat die werk van My teenstander nooit vooruitgang kan bring nie, maar dat slegs die waarheid julle kan help om opwaarts te gaan. Ek kan geen toegewing maak en die dwaling as waarheid waardeer nie. Ek kan slegs die goeie wil aanvaar en dit seën deurdat Ek julle die waarheid laat toekom, maar julle moet julleself dan ook oopstel, julle mag julle nie vir die waarheid afsluit, omdat julle wil tekortskiet nie. Julle sal na My en dus na die waarheid moet verlang en julle sal haar dan sekerlik in julle besit kry. Maar neem nie aan dat Ek dit met julle eens is wanneer julle wil volhard in dwaling nie. Wie Ek die waarheid stuur, is ook in staat om dit te ondersoek en te herken as waarheid, want Ek vra niks onmoontlik van julle nie. Maar wie dit van My ontvang, die moet hom ook daarvoor uitsit en sonder skroom daarvoor opkom, hy moet nie bang wees om dit te hard te laat bleik nie, want die dwaling kan nie skerp genoeg uitgewys word nie, omdat dit die werk van My teenstander is, wat duidelik sigbaar teen My in opstand is. Die dwaling en die leuen rig heillose verwarring aan en beroof die mense van alle insig, dit is geen lig nie, maar kom uit die diepste duisternis. Tree daarom moedig teen dwaling en leuens op, omdat julle in die waarheid ‘n wapen het wat vir julle die oorwinning verseker. Ek het julle uitverkies as My stryders en julle sal moet stry met die “swaard van die mond”, julle sal nie bang moet wees dat julle van een van julle medemense hul liggelowigheid ontneem nie, want dit is nie dienstig vir die mens om hom te voltooi wanneer dit vals is nie. Maar julle kan iets goeds, suiwer en buitengewoon doeltreffend daarteenoor stel, naamlik die waarheid wat julle van Myself ontvang het. Julle sal meer kan gee as wat julle van hulle afneem, julle ontruk hul siele aan die mag van My teenstander en lei hulle na My. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205