BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 548

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Opheldering oor gevoelens van verwantskap - Sielepartikels 5207 Tussen mense bestaan daar dikwels verborge betrekkinge waarvoor julle self geen verklaring kan vind nie en waaraan die samestelling van die siel ten grondslag lê. Want die siele kan deur die aard van hulle samestelling heeltemal soortgelyke siele ontmoet en hierdie gelyksoortigheid laat ‘n gevoel van verwantskap in die mens opkom, wat hy egter nie met sy verstand kan verklaar nie. En daarom kan sulke opwellinge van hierdie gevoel ook nooit wetenskaplik nagevors word nie, maar is dit alleen geestelike gevoelens wat tot uitdrukking kom en waarvan die oorsaak ook maar net geestelik duidelik gemaak kan word. Die hele skepping is wel in elke siel begrepe, maar net soos ook die skepping in haarself die mees verskillende werke laat sien, soos wat ook die dierewêreld blyke gee van ‘n onvoorstelbare veelvormigheid, so is die mensesiele ook, elkeen op haar eie wyse verskillend, omdat die samestelling van elke siel anders is, wat ook die verskille tussen die mense begryplik maak, wat ondanks ongeveer dieselfde uiterlike vorm, volgens hulle karakter en gevoel van mekaar afwyk en juis ook aan hierdie verskille te herken is. Maar tydens hulle lewe op aarde kan sodanige siele mekaar ook teëkom wat ‘n duidelike ooreenkoms te siene sou gee, wanneer ‘n mens die geestelike sou kon waarneem, want die vorm en die aard van die siel is slegs met geestelike oë waarneembaar. Maar die siele self word van hulle verwantskap gewaar en voel hulself daarom buitengewoon tot mekaar aangetrokke, wat egter nie verwar mag word met suiwer liggaamlike aandrang na ‘n verbintenis nie. Die psigiese samehorigheid is herkenbaar aan duidelike ooreenstemming in die denke en gevoelens van die mense, in harmonie op geestelike gebied en dieselfde strewe, in ‘n gevoel van verbondenheid met mekaar wat liggaamlik nie tot uitdrukking gebring hoef te word nie. Hierdie siele is in harmonie, hulle bestry mekaar nie en is steeds bereid om mekaar te help, hulle bespeur hulle gelykheid en is geneig om te glo dat hulle ‘n gemeenskaplike vorige lewe gelei het en tog is dit slegs sielspartikeltjies wat in dieselfde verhouding saamgevoeg is, wat tot hierdie harmonie lei en hoef beslis nie verbonde te gewees het nie. Tog, eens het hulle tot dieselfde groep van gevalle engele behoort en het dieselfde weg van ontwikkeling gegaan, wat ook dieselfde tydsduur omvat het, om welke rede hulle strewe om bymekaar te wees, verklaarbaar is. Want ‘n selfde ontwikkelingsgang vorm ook die siele dieselfde en as sulke siele mekaar nou teëkom tydens hulle lewe op aarde, waarin ook die ek-bewussyn ontwikkel is, dan kom ook die eerste tekens van ‘n herinnering aan vroeër in hulle op, egter so swak dat hulle slegs vaagweg ‘n bepaalde verband vermoed wat hulle egter vir hulself dikwels verkeerd verklaar. In die aardse lewe word die siel die herinnering van haar vroeëre stadia afgeneem, tog het daar van haar gevoelens agtergebly. Dieselfde sielesubstansies herken mekaar, omdat hulle hulself in dieselfde verhouding geïntegreer het in die geheel en deur hierdie herkenning kan die mense dan bewus word en nou ’n verwantskapsgevoel wek. Die siel van die mens is so wonderbaarlik kunstig saamgevoeg en daar kan in haar, net soos op ‘n kosbare instrument, ontelbare tone weerklink. ‘n Harmoniese sameklank klink nou soos één toon en is al ‘n vroeëre genot van die band van gelykgestemde siele in die hiernamaals, waar die voortdurende aaneensluiting met die gelyke geestelike tot die geluksaligheid in die geesteryk hoort, wat dus al op aarde kan begin, wat egter maar net ‘n ervaring is van die siele, maar nie van die liggaam nie. Let egter goed daarop dat die bande tussen siele van ‘n geheel ander aard is as die liggaamlike betrekkinge, dat die harmonie van die siele ‘n totaal ander grondslag het en nie op ‘n samelewing as mens tydens ‘n vroeëre ontwikkeling terug te voer is nie, want selfs as hierdie aanname korrek sou wees, dat siele uit ‘n vroeëre beliggaming weer saamkom, het die gevoelens van ‘n harmonie van die siele ‘n totaal ander grond en bostaande uitleg sou steeds ‘n verkeerde gevolgtrekking wees. Tog sal elke siel eens haar maat vind, maar steeds dan as vervollediging van haar “ek”, ofskoon iedere siel apart die individualiteit behou. Maar dan sal die siel al ‘n ander trap van ontwikkeling bereik het as op aarde en dan sal sy ook so vêr in die kennis binnegegaan het, sodat sy elke samehang kan herken en sodat sy geestelik kan sien wat nie op aarde vir haar verstaanbaar gemaak kon word nie. En die vereniging van siele wat mekaar aanvul is onbeskryflik gelukkigstemmend en gee die siele ook meer krag om te arbei en dus om hulle taak te vervul in die geesteryk en steeds meer en meer sal die siele streef na die aaneensluiting met God en vind nou in hierdie vereniging die hoogste geluksaligheid wat nooit sal eindig nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205