BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 549

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

God is goed en regverdig 5212 Ek is 'n goeie en regverdige God. En My mildheid en barmhartigheid sal julle mense altyd ondervind wanneer julle gefaal het, alhoewel Ek niks kan negeer wat sonde is nie. Maar Ek hou met al julle swakhede rekening. Ek oordeel nie oor julle mense soos wat Ek eens geoordeel het toe julle volmaak was nie. Want nou is julle onvolmaakte skepsels, sonder ware insig en met 'n swak wil. Tog moet Ek julle met aandrang vra om weer julle volmaaktheid te bereik. Ek moet julle op julle sondes wys. Ek moet julle in kennis stel van wat reg en wat verkeerd is, wat beantwoord aan My wil en wat julle moet doen om weer volmaak te word. En daarom kan Ek ook geen misstappe oor die hoof sien nie, ofskoon Ek hulle met oë van mildheid en barmhartigheid aanskou. Want julle hoef nie te sondig nie, ook al is julle swak, omdat My krag en genade julle ter beskikking staan, wat julle sal kan gebruik. Dus moet Ek julle aanmaan om steeds om My krag te vra, te bid vir My gawes van genade en om nie net deur die lewe te gaan sonder om My bystand af te smeek nie. Ek is goed en regverdig. En daarom kan Ek dit nie duld wanneer julle verkeerd optree nie, maar moet Ek julle die onregverdige voor die gees stel, totdat julle dit as onreg ingesien het en julle bes sal doen om regverdig te dink en te handel. Julle sal julle sonde moet insien om dit te vermy. En daartoe sal Ek julle help. Want Ek is 'n goeie God, 'n God van Liefde en nie ‘n god van toorn, wat straf as 'n skepsel gesondig het nie. Ek is 'n Vader vir My kinders en 'n Vader wil Sy kinders met Liefde wen. Tog kan Hy nie in misplaaste liefde die onreg duld nie, omdat so iets die kind nie sal voltooi nie. Die voltooiing is egter die hoogste doel van 'n mens op aarde. Laat julle deur My opvoed en grootmaak. Aanvaar ook 'n teregwysing onderdanig, want dit is slegs die middel om julle julle onreg te laat insien, om dit dan ook te vermy. En hou julle altyd aan My gebod van die liefde. Dan handel julle goed en korrek. Wees julle ook mild en barmhartig en veroordeel nie liefdeloos nie. Probeer om My in alles na te volg, in geduld, in sagmoedigheid, in deemoed, in vredeliewendheid. En as julle dreig om te misluk, roep My dan aan om hulp, om krag en genade. En julle sal dit ondervind, so dikwels as wat julle My vra. Want net Ek ken julle swakheid, julle geestelike nood en ook julle wil. Ek is 'n God van Liefde. Ek is 'n regter, wat ten volle lankmoedig is en wat alles probeer om julle te verander, voordat Hy julle veroordeel. Rig julle wil net op My, sodat Ek julle kan help indien julle swak word. Dan sal Ek altyd sag en barmhartig wees, ook wanneer julle gefaal het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205