BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 560

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Vergoddeliking van die wesens tot kinders 5233 Dit is ‘n wet van ewigheid dat Ek oor alle geeste in die hemel en op aarde regeer, oor alle wesens in die Koninkryk van lig asook in duisternis, oor alles wat Ek geskep het uit Liefde, Wysheid en die volheid van Krag. Dit is ‘n wet dat alles aan My onderworpe is en dat Ek daarom die Heer is Wie se Krag sonder beperking is en Wie ook kan vernietig wat Sy wil tot bestaan geroep het. Maar die Wysheid was egter net so ‘n groot deel van die skepping as die Liefde gewees en daarom vernietig Ek nie willekeurig nie, maar laat alle wesens wat onderworpe is aan My, vir altyd bly bestaan en probeer nietemin om hulle te verander in wesens wat kan skep en formeer met My en vandaar My ewebeelde te word, omdat Ek met onmeetlike liefde gevul is teenoor wat Ek geskep het. Ek wil Self in hierdie wesens aktief wees, sodat hulle van hul goddelikheid bewus kan word en in stralende saligheid ewiglik kan lewe. Ek is ‘n God van liefde en benader al My wesens in liefde, maar tog is Ek bewus van elkeen se gewilligheid om My Liefde te aanvaar en My Liefde werk dienooreenkomstig in op die wesens. Waar waar liefde is, daar streef die wese na My, maar waar die liefde ontbreek, draai die wese weg van My en My Liefde sal sonder effek bly, d.w.s. sy verlang nie om na My terug te keer nie. Die wese is in ‘n toestand van liefde indien hy as mens uit eie beweging na My soek, na My streef en daarom ‘n sterk verlange na sy God en Skepper van ewigheid het. Dan kan My Liefde so ‘n wese bestraal en dit terugkerend vind. Hy sal bewustelik na ’n vereniging met My streef en sal hom bewustelik onderwerp aan My en daarom kan die transformasie begin, dus die onderrig om ’n wese soos Ek te word, die vergoddeliking van die “werke” wat voortgekom het uit My hande as “werke”, maar wat “goddelike kinders” sal word; wat slegs deur die mens se vrye wil kan plaasvind. Hulle wat hierdie raaisel kan begryp, naamlik die verandering tot Gode deur die werksaamheid van My krag, kan onder die getel word in wie die transformasie reeds plaasvind, omdat die persoon dan ‘n sekere graad van kennis besit wat ook ’n teken is van goddelike krag wat reeds inherent aan so ‘n persoon is. En hierdie bewustheid sal vermeerder, soos wat die graad van transformasie aangaan, soos wat hy meer goddelike eienskappe bekom en soos wat hy homself omvorm tot liefde, aangesien die goddelike is en bly altyd liefde. Die geluksaligheid van ‘n wese, na My beeld, bestaan uit die feit dat hy met lig en krag deurstraal is, dat hy oorvloedige wysheid en krag besit, wat hy altyd in My Gees van liefde sal gebruik, want hy het self liefde geword, andersins sal hy sonder lig en krag bly. ‘n goddelike wese is ‘n volmaakte wese, waarby niks ontbreek nie. Desnieteenstaande watter graad die wese bereik het, sal sy bewustheid altyd toeneem in verhouding tot sy toenemende liefde, want beide gaan noodwendig hand aan hand. Daarom sal slegs dit wat deur liefde veroorsaak word, geestelike opgang aandui, want dit word ook vergesel deur insig, deur kennis wat deur die mens se hart en verstand aanvaar word. Liefdevolle aktiwiteit is die leer na die kruin en ’n mens groei trapsgewys soos wat hy homself tot liefde omvorm en daardeur meer voldoen aan die fundamentele goddelike natuur. Die fundamentele wet van ewigheid berus op die feit dat liefde die krag was wat alles laat ontstaan het, dus het liefde die daad van skepping veroorsaak, maar is ook die krag wat die skepping vergoddelik het, wat ‘n proses is wat My lewende wesens self moet verwesenlik en ook bekwaam is om te doen, omdat die fundamentele krag in hulle rus as ’n vonk wat slegs ontsteking benodig om dieselfde almag te vertoon wat deur My Oerwese openbaar word. My lewende skepsels is in staat om hulself te vergoddelik deur liefde. Julle mense sal hierdie frase nie begryp tot julle ‘n stadium van bewussyn bereik het as resultaat van julle lewe in liefde nie, wanneer alle korrelasies hulself sal openbaar as ’n helder skynende lig, wanneer julle Gees verlig geword het, wat egter slegs deur liefde bewerkstellig kan word. Dan sal julle voortdurend naderkom aan My Oerwese, dan sal Ek nie meer julle Skepper, julle Heer wees aan wie julle onderworpe is nie, maar Ek sal julle Vader wees, Wie julle liefdevol sal nadertrek, Sy kinders, na Sy hart Wie Sy wil weer in julle sal vind en ’n onuitspreeklike saligheid sal voel, wat ook oor julle sal skyn en dan sal die wet haarself vervul het, wat die grondslag is vir die hele materiële en geestelike skepping. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205