BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 562

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Kyk, Ek maak alles nuut! 5235 Kyk, Ek maak alles nuut! Julle mense wat nog geen insig het nie en nog nie die Gees in julle opgewek het nie, julle weet nie wat hierdie woorde van My beteken nie. Julle glo nie aan ‘n omvorming van hierdie aarde en aan die laaste oordeel nie, aan die einde van ‘n ontwikkelingsperiode en die begin van ‘n nuwe nie. Julle weet nie van My ewige verlossingsplan nie en begryp daarom ook nie My Woorde nie: “Kyk, Ek maak alles nuut!”. Elkeen van My Woorde het ‘n veelvoudige betekenis wat My opgewektes ook nie ken nie, omdat hierdie kennis nog te verhewe is vir die mense op hierdie aarde. Maar vir hulle is die eenvoudige betekenis duidelik, dat Ek wil vernuwe wat hulself buite My ordening van ewigheid begewe het. Ek wil ‘n verandering teweegbring, omdat die mense My wette nie meer nastreef nie en daarmee hulle aardse lewensdoel versaak het. Hulle het gefaal en hulle lewe nie benut vir die ewigheid nie. Maar Ek wil hulle nie verlore laat gaan nie en sal aan hulle die geleentheid gee om die versuimde ontwikkelingsweg nogeens af te lê. Maar nie as ‘n herhaling nie, maar op ‘n totaal nuwe wyse. Want om nog ‘n keer die weg van ontwikkeling te mag gaan, is ‘n besondere genadegawe, wat verwerf moet word deur ‘n verhoogde prestasie, waartoe ‘n totale nuwe skepping die moontlikheid bied. Ek vernuwe dus ten eerste weer die leerskool van die Gees, My aarde, wat weer die opwaartse ontwikkeling tot mens moet bevorder. Ek sal die nuwe aarde voorsien van ‘n totaal nuwe skepping van so ‘n menigvuldige aard en vorm, waaruit talryke geestelike nuwe moontlikhede geskape sal word om hulself daarin waar te maak. En Ek laat ‘n nuwe mensegeslag ontstaan, uitgaande van mense wat deur My geseën is, wat hulle geestelike ontwikkeling tot My in liefde en trou voltooi het, wat ‘n toestand van volmaaktheid bereik het waardeur ‘n hoë geestelike versorging moontlik sal wees, sodat ook die nuwe mensegeslag die waarborg sal hê tot ‘n hoogs moontlike volmaaktheid. Maar ook sal die gekluisterde geestelike vinnig tot volmaaktheid kan kom deur die buitengewone invloed wat die mense op die hele omringende skepping sal uitoefen. Ek maak alles nuut. Ek versoepel ook die voorwaardes tot die vrywording van die geestelike, maar wyk daardeur nog nie van My wet van die ewige ordening af nie. Uit erbarming en diepe liefde ontferm Ek My oor die gees wat nog in onvryheid leef. Alle kwellinge sal van die mense wegval en vol krag sal hulle omhoog strewe, omdat Ek alleen vir hulle die begeringswaardigste sal wees en hulle nie in die diepte getrek sal kan word deur My teenstander wat vir ‘n lang tyd gekluister sal wees nie. Ek skep ‘n nuwe Hemel en ‘n nuwe aarde, dit wil sê, geestelik en liggaamlik maak Ek die mense, wat nou aan My behoort, gelukkig en wat ook vir ander wat na hulle sal kom, die weg tot My moet gelykmaak. Wie van julle mense kan dit vat en wie van julle glo vas en ongetwyfeld dat die oue sal ophou om te bestaan? Dat ook die mense wat van My verwyder is, nie meer daar sal wees nie. Dat maar slegs die klein kudde wat My getrou as hulle “HERDER” gevolg het, hulle lewe nie sal verloor nie, omdat Ek hierdie klein kudde geseën het en bestem het om voort te lewe in die paradys op die nuwe aarde. Dat ‘n nuwe verlossingstydperk sal begin volgens die verlossingsplan van ewigheid, deur My Liefde en Wysheid vasgelê om aan die gees ‘n ewige lewe te verseker. Kyk, Ek maak alles nuut! Julle wat in My glo, dink aan hierdie woorde. Oorweeg dit in julle harte en weet dat die tyd gekom het dat dit, My Woord, in vervulling sal gaan. Glo vas daaraan en verwag en dra al die probleme wat julle nog beskore is tot aan die einde, met geduld en toewyding aan My wil. Want die dag kom spoedig dat Ek die wat Myne is, sal kom haal om aan hulle die paradys te onthul waarvan geskrywe staan: “’n Nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wil Ek skep en Ekself wil te midde van die wat Myne is, vertoef en hulle lei en onderrig soos wat Ek dit beloof het.” Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205