BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 572

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Vergoddeliking - Verandering van die wese 5264 Ek kan julle nie omvorm volgens My Wil nie, maar julle moet self die werk doen om julle wese te verander, want dit is die bedoeling en die doel van My hele skeppingsplan, dat die werke wat Ek geskape het, hulle tot My kinders sal vorm, tot goddelike wesens uit vrye wil. Daar is soveel krag in elkeen van My skepsels dat die bereiking van die doel heeltemal moontlik is, maar die krag kan onbenut bly en daaraan kan ook My Almag niks verander nie, Ek kan nie Self teen My wet van ewige ordening ingaan en julle wil onvry maak nie. Julle kan, as julle wil, julleself tot gode omvorm, tot wesens wat aan My gelyk is, wat in totale versmelting met My vol van mag en krag sal wees en wat tog as individue sal kan dink, wil en handel in geluksaligheid. Julle kan dit doen, maar of julle dit wil doen, moet julleself bepaal. Julle wil, denke en handeling in ‘n toestand van volmaaktheid staan julle heeltemal vry en julle kan dit dus na enige rigting laat ontvou. Omdat julle wil totaal vry is, kan dit julle weliswaar onbegrensde vreugde gee, maar sal nooit vir ‘n gebonde wil bereikbaar wees nie. Om egter bodemloos diep te val of om julle onmeetlik hoog te verhef, lê beide digby mekaar. Steeds word daar egter ‘n steun aan julle ter beskikking gestel waaraan julle kan vashou, of waardeur julle jul weg omhoog ligter kan maak. Ek is Self steeds bereid om julle vas te hou wanneer gevaar dreig om julle omlaag te laat stort en Ek is ook steeds bereid om julle omhoog te trek, wanneer julle My hulp sal afsmeek. Julle sal nooit weerloos aan ‘n gevaar oorgelewer word nie, julle sal nooit so swak wees dat julle nie bystand kan afbid nie, maar ook moet julle wil daartoe bereid wees en sal julle in My moet glo indien julle My hulp wil vra. En hierdie geloof in My is al die eerste verandering van julle wil en daarom sal dit sekerlik hulp vir julle beteken. En hierdie geloof wil Ek tot lewe wek in die wesens wat as mense beliggaam is en wie hulle wil nie goed gebruik nie, wie onafgebroke hul weg na benede soek en wie in die grootste gevaar verkeer om neer te stort in die diepte in. ‘n Vonkie geloof in My Mag kan hulle val teëhou en daarom probeer Ek Myself aan die mense bekend te maak, sodat hulle in My kan glo. Die lewe van elkeen afsonderlik laat soveel bewyse van 'n ingryping van My Mag en Liefde te siene, dat ook elkeen hierdie geloof maklik sou kon verkry het, as hulle maar net op die klein bewyse sou ag slaan. Dog slaan die denke van die mens ‘n verkeerde weg in, omdat hulle sonder liefde leef, want hulle kan eers dan begin glo wanneer hulle korrek begin dink en hulle kan eers korrek begin dink wanneer hul harte bereid word om liefde te gee. Elke mens is wel tot liefde in staat, maar slegs dat hyself die doel van sy liefde is, en hierdie eieliefde moet eers verander word in liefde tot die naaste, voor die woord ‘liefde’ hier gepas raak, wat ’n geloof tot gevolg sal hê. Die mens leef voortdurend in ‘n omgewing waarin hy die naasteliefde kan beoefen, maar hy word nie daartoe gedwing nie. Dit hang heeltemal daarvan af of hy die liefde in hom wil ontsteek en tot ‘n helder vlam laat word, alles hang daarvan af, naamlik die insig, die geloof, die ware gebruik van sy wil en die ewige geluksaligheid. Maar tot liefde kan hy nie gedwing word nie, alleen maar deurlopend vermaan en aangespoor word. Die liefde moet hy self in hom ontsteek en daardeur die verandering van sy wese voltrek, wat die bedoeling en doel van sy aardse bestaan is, net soos die vervulling van My verlossingsplan van ewigheid af, wat ‘n vergoddeliking van diegene ten doel het wat as skeppingswerk uit My Hand voortgekom het, maar die hoogste geluksaligheid moet bereik, wat Ek hom nie kan gee nie, maar wat inteendeel deur elke wese self verkry moet word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205