BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 573

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Lewenskrag - Geesteskrag 5269 Vertrou nooit op julle eie krag nie. Weliswaar moet julle julle wil self werksaam laat word, julle mag nie werkloos bly en wag op hulp nie, maar wat julle doen, moet julle steeds in ooreenstemming met My aanpak, julle moet bid om My hulp en My seën en julle sal slaag. Julle besit wel lewenskrag, wat julle die reg gee op lewendige werksaamheid en wat julle daartoe in staat stel, maar bo alles staan My wil en dit kan julle nie dwing nie. Ek sien My egter dikwels daartoe gedwing om ’n weerstand teen julle wil te plaas, wanneer dit heilsaam is vir julle siele. En daarom is daar by julle lewenslot ook onsekerheid, die faal van voornemens en mislukkings betrokke en julle kan dit nie uit eie krag op ’n afstand hou nie. Dan baat julle lewenskrag julle ook nie, dan sien julle dikwels in tot hoe weinig julle uit eie krag in staat is. Alle mislukkings, alle vergeefse inspanning, alle aanvalle van swakheid is steeds aanwysings, om julle tot die ewige Gewer van krag te wend, Sy seën af te smeek in die besef van julle eie ontoereikendheid en tot Hom te bid om toename van krag en die welslae van elke werksaamheid. Julle mag My nie vergeet nie, daarom moet Ek julle dikwels in situasies laat beland waar julle eie krag geen sukses kan behaal nie. Ek moet julle wys dat al julle inspanning tevergeefs is, wanneer Ek nie My seën daaraan kan gee nie, waarom julle egter eerstens moet bid om My nie te vergeet nie. Die samewerking met My waarborg sukses, maar as julle My afwys, dan sal dit julle veel meer inspanning en moeite kos en sal dit ook dan nog dikwels sonder resultaat wees. Julle kan weliswaar ook sukses behaal, maar dan alleen met ondersteuning van die krag van die onderwêreld, wat steeds vir julle sal sorg, wanneer julle jul siele daarvoor inruil. Dan kan julle magtig wees op aarde, dan sal julle in alles slaag, dan kan julle jul medemens oorbluf met dade van bonatuurlike aard, maar steeds met verlies van vryheid, want dan sal julle geketting wees en volledig in Satan se mag. Verlang nie na die krag uit die onderwêreld nie, selfs nie wanneer dit julle ‘n aantreklike lewe op aarde beloof nie. Kom tot My in innige gebed en roep My aan om krag en genade en julle sal dan waaragtig meer wen as wat My teenstander julle kan bied. Maar dit is dan geen aardse goedere wat julle in besit sal neem nie, maar Ek sal dan elke begin seën van dit wat julle op aarde onderneem, net soos wat Ek julle geestelik seën, d.w.s. om julle deur die innige verbinding met My van geesteskrag te voorsien, wat baie waardevoller is as julle lewenskrag, want om met geestelike krag te werk, sal altyd suksesvol wees, ook wanneer dit nie altyd deur julle besef word nie. Sluit My nooit uit in wat julle ookal onderneem nie, want Ek wil voortdurend julle Raadgewer, Leier en Hulp wees, wat alles in goeie bane lei vir julle siele. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205