BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Voortsetting van die werk van verlossing - sending 3748 My sending op aarde moet voortgesit word deur die voortdurende verkondiging van My leer van liefde aan mense van goeie wil, sodat hulle almal kan deel in die seëninge van die verlossingsdaad, sodat hulle deur hul optrede van liefde, kan leer om te verstaan waaruit die verlossing bestaan, sodat hulle innerlik deur My gees geleer kan word oor die betekenis en doel van die aardse lewe en die gepaardgaande geestelike taak. Tydens My lewe op aarde het die mensdom in die diepste donkerte van die nag geleef en dit was hulle eie skuld omdat hulle liefde geïgnoreer het. Ek het hulle die pad na die lig gewys, en deur My kruisiging, vir hulle dieselfde vermoë, die wilskrag, verkry om hierdie pad te loop. Ek het hulle geleer om die gebooie van liefde te vervul en het hulle daardeur gelei na wysheid, om kennis te hê oor elke enkele persoon se uiteindelike doel en bestemming en die middele om hierdie doel te bereik. Die deur van die hemel het oopgemaak vir diegene wat My gevolg het, hulle was vir 'n oneindige lang tyd bevry van die druk wat hulle siele belas het. Hulle het besef wat dit beteken om die ewige lewe in besit te neem. Hulle is gered uit slawerny, gered uit gebrek aan kennis, uit swakheid. Hulle het naby aan My gekom en kon My Liefdeskrag ontvang, wat oorvloed van lig en krag vir die menslike siel beteken. My daad van verlossing is gedoen vir alle tye, omdat die Aarde altyd bewoon sal word deur onvolwasse geestelike substans wat sal kwyn in My teenstander se slawerny, wat steeds gebind is aan die aarde totdat sy hierdie beperking uit eie vrye wil verwyder. Maar hulle moet vertel word van hul geestelike toestand, van Satan se slawerny, van hul oorspronklike toestand en die geleentheid om dit te herwin. Die weg moet aan die onvolwasse geeste getoon word, hulle moet ingelig word van die daad van verlossing, wat gebring was deur die groot liefde vir die mense om die hele mensdom te red van die vyandige magte. Hierdie kennis moet oorgedra word aan mense, dit is die doel waarvoor Ek dienaars op aarde moet hê, sodat My daad van Verlossing voortgesit kan word solank as wat die aarde bestaan. Weer en weer sal Ek dienaars en profete opwek, d.w.s. mense wat aan My gewy is, wat bereid is om die soort werk te doen wat Ek van hulle vereis. Hulle sal My leer van liefde versprei en mense altyd met versigtigheid maan om in liefde op te tree, want slegs dan kan die proses van verlossing begin, slegs dan kan die mense kundig word en 'n doelbewuste poging aanwend, anders sal alle kennis by hulle ontbreek, wat kenmerkend is van hul slawerny, kenmerkend van die geestelike nag waarin die mensdom lewe. Lig sal gebring word in die duisternis en die draers van die lig sal namens My werk deur die verspreiding van My Woord, sodat mense gemotiveer sal word om My te volg, sodat hulle in My en in My daad van verlossing sal glo, en deur hierdie geloof gebruik maak van die genade van My verlossingsdaad, sodat hulle wil sterker sal word wat hulle in staat sal stel om met My hulp die weg na bo te gaan, met My Krag, wat beskikbaar is vir almal wat dit begeer en wie hulle deur dade van liefde waardig maak daarvoor. En die dood sal oorwin word, die mense sal nie die dood voel of smaak nie, hulle sal lewe tot in ewigheid soos wat Ek belowe het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205