BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Swaarste nood voor die einde 3753 Julle wat nou op die aarde leef, sal die moeilikste proef moet deurstaan en die swaarste lyding verdra, omdat die einde naby is en daar vir julle te min tyd oorbly om julle siele langsaam volwasse te laat word. Die aardse laste sal vir julle byna ondraaglik voorkom en dit moet vir julle 'n bewys wees dat die laaste tyd aangebreek het, want altyd sal daar 'n einde kom aan 'n groot nood, maar vir solank julle leef, sal julle moet smag onder die druk van die moeilikste lewensomstandighede, omdat laaste werk – naamlik die vorming van julle siele - gerealiseer moet word vir julle verlossing. Maar die tyd is kort en dit sal ondanks die swaarste nood, ook te verdra wees vir Myne, oor wie Ek My bekommer op 'n kennelike wyse. Laat julle daarom ook nie deur hierdie voorspelling terneerdruk nie, maar slaan julle oë vol vertroue op na My, Wie in julle harte kyk, Wie julle wil sien en hulle help wie hulself My hulp waardig maak, wie My deemoedig daarom vra, wie tot My bid in gees en in waarheid. Julle wie anders is, wie swakgelowig of heeltemal ongelowig is, laat julle onderrig oor die rede en die doel van die nood en glo dat julle naby die einde staan, en volgens julle geloof sal julle gehelp word. Ek kan die strengheid van My opvoeding nie van julle afneem met die oog op die einde nie, wat dan nog meer onvolwasse siele sal verras, maar 'n paar mense sal tog die weg na My vind deur die nood. Waar 'n skynbare verbetering van die lewensomstandighede te siene sal wees, sal die werksaamheid van die vyandige krag ook duidelik wees. Ook dit moet vir julle 'n bewys wees, want My hulp sal op ‘n ander manier tot uitdrukking kom. Alhoewel Ek ook aards en liggaamlik vir Myne sal sorg, sodat die ergste druk van die nood van hulle weggeneem sal word, sal Ek hulle van innerlike krag en sterkte van geloof voorsien en sal hulle daardeur in staat stel om ook 'n swaar aardse bestaan te verdra, terwyl My teenstander die mense materiële goedere sal verskaf en hulle aanspoor tot liefdelose optrede, sodat julle altyd die oorsprong en die toevoer van krag sal herken, indien julle die aardse gedrag van die mense in oënskou sal neem. Verwag geen verbetering van die lewensomstandighede nie, want die een nood sal die ander opvolg, omdat die einde naby is, en berei julle daarom voor op die einde. Wees nie aards werksaam nie, maar geestelik. Dien mekaar waar nodig en maak daardeur die swaar nood vir julleself draaglik, want die doel is om julle aan te spoor om dienend werksaam te wees in liefde, sodat julle daardeur steeds nader aan My kan kom. Dink nie aan julleself nie, maar dink aan die nood van die naaste. Wees bereid om te help en bereid om te gee. Die tyd is baie kort en daarom besonder hard, maar dit kan vir julle ook buitengewoon ryk aan genade wees, indien julle My aanmaninge in ag neem, indien julle na My Woord luister en ywerig poog om dit uit te dra. Die einde kom en hiermee die laaste oordeel, wat beslissing en verlossing sal beteken vir Myne, maar ook hernude kluistering vir My teenstander. Sorg daarom dat julle aan Myne behoort. Laat die groot nood julle leermeester wees, wat julle na My sal lei. Luister na My boodskappers, wat julle onderrig en My Wil aan julle bekendmaak, wat julle ook altyd opheldering kan gee oor rede en doel van die nood, en dit sal nie sonder resultaat vir julle siele wees nie. En eens sal julle My daarvoor dank, dat Ek julle nog hierdie laaste periode van genade gegee het en julle deur nood en ellende probeer wen het vir My en My ryk. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205