BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Innigheid van die gebed versterk die geloof 3778 Die innigheid van die gebed bevorder die ontvanklikheid van My Woord, en so sal julle te alle tye krag en barmhartigheid ontvang, as julle in gees en waarheid tot My bid. Ongeag hoe dikwels die wêreld tussen julle en My wil kom, sal dit nie in staat wees om julle verbinding met My te verbreek nie, soos wat hulle My ook nooit kan verhinder om nader aan julle te kom met die Woord nie, solank julle nie versuim om My om hulp aan te roep nie. In die gebed tot My, moet Ek vereis, solank as wat julle nog nie so ‘n sterk geloof het nie, dat ook die grootste wêreldse gevaar die bewussyn van My aanwesigheid nie verdring nie. Dan eers is julle onlosmaaklik met My verbonde. Die swak geloof maak die verbintenis egter losser en dit moet steeds weer opnuut vaster geknoop word deur die gebed. Ek gee julle die versekering dat dit nooit stukkend geskeur sal word nie, want Ek ken Myne en trek hulle na My toe, totdat hulle onafskeidbaar met My verbind sal wees vir ewig. Wat die aarde nog te wagte staan, is so ontsettend, dat dit ‘n ware krag vanuit die geloof vereis, sou die mens dit wil deurstaan, sonder om skade te ly aan sy siel. Elke aardse noodsituasie is ‘n voorbereiding vir hierdie tyd, wat onherroeplik sal kom, ooreenkomstig My aankondiging. Ek lê die mensdom wel ‘n groot las op om te dra, Ek laat baie leed oor hulle kom, maar Ek ken ook die uitwerking daarvan en dink slegs aan die sieleheil van die mense wat Ek wil help in hulle geestelike nood. Rus en vrede sal oor julle kom as julle diep gelowig is en ook die grootste nood sal julle geen skrik aanjaag, of swak van geloof laat word nie. Trag om die geloof te bereik, probeer om steeds weer die verbinding met My tot stand te bring, slaan nie so baie ag op die wêreld en sy verpligtinge nie, maar verdiep julle meer en meer in My Woord, neem regstreeks die krag van My in ontvangs deur My Woord, laat julle spys en laaf deur My, sodat julle met krag vervul kan word en geen angs meer ken nie, sodat julle in die bewussyn van My aanwesigheid kan leef en julle onbesorg aan My Liefde en barmhartigheid toevertrou. Ek ken al julle node, Ek is op hoogte van die vrees van julle siele, van die angs van julle harte en beoordeel alles volgens julle wil, hoevêr dit vir My geld. En daarmee in ooreenstemming, lei Ek alle gebeurtenisse, sodat dit julle siele tot voordeel sal strek. Verloor nooit die innigheid van die gebed uit die oog nie, soek My in elke nood en elke gevaar en Ek sal julle geroep hoor en julle help, want julle moet Myne word met elke vesel van julle harte, julle moet die innigste eenwording met My soek, sodat julle geloof die krag sal bereik waar julle niks meer sal vrees nie, wat daar ook al mag gebeur. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205