BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die Christus probleem 3678 Deur die Christus probleem ly die mense van hierdie aarde skipbreuk in die laaste tyd voor die einde, en wel omdat hulle self sonder enige liefde is en daarom die grootste Liefde nie kan en wil insien nie. Omdat die leer van Christus heeltemal teen hul wense en gedrag ingaan, sal dit as hinderlik vir die heropbou, na die vernietigingswerk van die natuurkatastrofe, bestry word. In die Christelike leer sal hulle 'n hindernis vir die uitvoering van hul planne sien en daarom sal hulle oorlog verklaar teen Christus. Totale onkunde en duiwelse gesindheid sal die dryfvere wees van hierdie stryd waardeur hulle ook die aanhangers van Christus, wie die kennis het, van hul laaste houvas sal wil beroof, terwille van aardse goedere, want elke maatreël druis in teen die Goddelike gebod van die liefde. Die mense sal in ‘n gedagtegang gedwing word wat hulle volledig tot duiwels sal omvorm, indien hulle hulself nie gaan verweer en na Hom vlug nie, Wie alleen vir hulle hulp kan bied teen die satan en sy magte op aarde, na Christus, Wie Homself in stryd sal plaas met hom. Christus sal nie geag word nie, want al die goddelikes sal poog om die mense op aarde uit te roei. Hulle sal Christus egter nie erken as goddelik of as Verlosser van die mensdom nie, en daarom sal Hy openlik verneder word, Sy Naam sal belaglik gemaak en bespot word en Sy aanhangers sal op die ergste wyse in nood gedompel word. Dit sal noodsaakliker as ooit wees dat mense Hom sal bely teenoor die wêreld, want Hy alleen sal aan die mense die krag kan verskaf indien hulle Sy verlossingswerk sal erken, Hy alleen het die mag oor die Satan en Hy alleen kan die mense versterk om weerstand te bied. Sonder Hom is die mens egter tot niks in staat en aan die mag van die Satan oorgelewer, sonder Hom sit hy vas in sterk kettings, waaruit hy homself nie kan bevry nie. Daarom word, juis oor die Christus probleem veral, duidelik helderheid gegee aan die draers van die waarheid, sodat hulle aan almal kan onderrig wat helderheid daaroor begeer. Dit word aan die mense verduidelik dat slegs die Liefde die goddelikheid van die mens Jesus uitmaak, dat elke mens homself d.m.v. liefde kan omvorm tot 'n Goddelike wese, tot 'n kind van God. So kan elke mens deur die liefde buitengewone vermoëns bekom, omdat die liefde as sodanig 'n krag is, wat die ewige liefde as uitgangsbasis het en in elke mens wat tot liefde geword het, besig is, sodat die mense nou ook tot die besef sal kom dat hulle nooit as te nimmer Christus en Sy leer mag verwerp nie, indien hulle nie wil ondergaan in die ryk van die duisternis, waar kragteloosheid en ewige duisternis die lot van die siele is nie. Elke stryd teen Christus as die Bringer van die leer van die liefde, en daardeur die Goddelike Wegwyser na krag en lig, sal daarom die swaarste en pynlikste gevolge hê, indien dit nie deurstaan word nie, indien die vegter hom nie by Christus sal skaar, waar hy nooit as te nimmer oorwin kan word nie. En dit sal ook geëis word van die mense in die laaste tyd, hulle wat saam met Christus gaan en vir Hom en Sy leer sal opkom en hulle sal oor buitengewone krag beskik om al die vereistes van die wêreld te trotseer. Hulle wat Hom egter gaan verloën, wat as knegte van die satan sal poog om Christus en Sy leer uit te roei, sal onverhoeds die oordeel tref, want hul duiwelse gesindheid kan geen erbarming vind by God op die dag van die oordeel nie. Onkunde is geen verskoning nie, omdat elke mens voldoende geleentheid gegee word om oor Christus en Sy verlossingswerk na te dink, oor Sy doelwit en Sy leer van die liefde op aarde, en dit vir elkeen wat gewillig is, nie moeilik sal wees om begrip te hê vir 'n probleem wat slegs 'n probleem sal bly solank as die mens nie die probleem probeer oplos nie. Elkeen wat in die liefde leef, sal weet watter krag die liefde is en hy sal ook weet dat die Godmens Jesus, slegs oor buitengewone krag beskik het, omdat sy Wese suiwer Liefde was. As die mense nie heeltemal kragteloos ‘n prooi wil word van die vors van die onderwêreld nie, moet hulle krag verwerf deur die liefde, hulle moet Jesus Christus navolg, hulle moet Hom en Sy leer erken, hulle moet Sy gebooie onderhou, wat slegs maar liefde vereis en hulle sal oorwinnaars bly oor alle kragte van die onderwêreld, want hulle sal saam met Jesus Christus stry, Wie onoorwinlik is en sal bly tot in alle ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205