BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Nuwe Aarde - Einde van die ellende en droefnis - Oordeel 3811 Die tyd van ellende en droefnis sal ook verbygaan en hierop sal 'n tyd van diepste vrede en hemelse geluksaligheid volg vir almal wat in My glo en My trou sal bly tot aan die einde. Soos wat die tyd van nood oor die aarde sal kom, so waar is ook My belofte van die tyd van vrede, want My Woord is ewige waarheid en moet vervul word. Daar moet weer 'n tydperk volg waarin geen geestelike lae vlak meer bestaan nie en daarom sal elke aardse nood ook uitgeskakel wees, waarin die mense in nouste verbondenheid met God sal lewe en daarom ook gelukkig sal wees. Daar moet egter eers 'n sifting plaasvind, wat met die groot katastrofe sal begin en in die tyd van die vervolging verder gaan, waarin die mense sal moet besluit of hulle My of My teenstander gaan volg. Slegs 'n uiters groot ellende kan dit tot stand bring, want die mense het verhard en ongelowig geword en het die strengste opvoedingsmiddele nodig vir hul herstel. Aan hierdie tyd sal egter ook 'n einde kom en dit moet Myne tot troos wees dat Ek die dae sal verkort, sodat Myne nie van My afvallig sal word in die tyd van die grootste benoudheid nie. Daar wag vir hulle 'n geluksalige lot op die nuwe aarde. Die wat in My Woord glo, sal in hierdie belofte krag vind en standhou teenoor elke wêreldse aanval, want Ek sal Myne nie verlaat nie en sal hulle Self kom haal, wanneer die nood op sy hoogste is. Met My Krag en Genade sal ook die moeilikste tyd draaglik wees, maar vir julle sal die beloning verseker wees, naamlik 'n salige vreedsame lewe na hierdie tyd van ellende en kommer, waarin julle My sal loof en prys, waarin julle My sal dank uit die diepste van julle harte, waarin Ek Self by julle sal vertoef, sigbaar en voelbaar, omdat julle vol van liefde sal wees. Wees daarom nie bevrees vir die tyd van ellende en kommer nie. Verdra dit met die oog op die einde, neem dit gelate op julle, want dit kan nog redding beteken vir die verdwaalde siele en hulle die hernude gang deur die hele skepping bespaar. Sien die waarheid van My Woord in alles wat nog moet kom, want Ek het dit al lank gelede voorspel, sodat julle sterker sal word in die geloof, sodat julle julself daarop kan voorberei en dus geestelik volwasse kan word. Ondersoek My Liefde, ofskoon die mense smartlik getref sal word deur My Wil of My toelating. Hierdie tyd van nood is vir jul siele ’n baie dringende noodsaaklikheid, maar dit sal verbygaan. Ter wille van Myne sal dit nie lank neem nie, want voordat 'n tyd van grootse heerlike vrede op die nuwe aarde aanbreek, wat almal wat Myne is en My getrou gebly het tot aan die einde, sal geniet, moet die tyd van nood wyk. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205