BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wet van die ewigheid - Die goeie en die bose 3901 Ek laat ook die bose toe, maar nooit volgens My Wil nie, want boosheid is teenstrydig aan My wet van ewigheid, dit is ’n verkeerd gerigte wil wat van My af trek en streef na iets heeltemal goddeloos, ‘n toestand wat dus geheel en al teen die oorspronklike oertoestand van My geskapenes is. Nietemin moet die strewe van goed en kwaad vir My geskape wese moontlik wees, dus moet goed en kwaad bestaan, indien die wese volmaak wil bly of volmaak wil word. Alles wat teenstrydig is met My wet van ewigheid is boos, alles wat in My ewige orde bly is goed, maar die feit dat die wese kan agterkom of ’n begeerte kan ontwikkel in die een of die ander rigting, is My Wil en dat hy elke verlange in sy hart kan voel, is My werk. My Liefde en My Wysheid is die rede waarom Ek die wese op hierdie manier geskape het, omdat Ek hom wil lei na ewige geluksaligheid en dit noodsaak ’n vrywillige strewe na die goeie. Om krag te ontwikkel, moet daar weerstand aanwesig wees, om goed te wees is dit vir die mens nodig om te kan kies tussen boos wees en goed word, en uit eie keuse so bly, want anders sou sy volmaaktheid maar net ‘n werk van My Liefde gewees het, omdat die die vrye wil noodsaaklik is en dit eers getoets moet word. Boosheid kan nooit goed genoem word nie, en dit kan nooit gesê word dat dit uit My ontstaan het nie, alhoewel Ek ook boosheid ruimte gee en dit toelaat. Bose gedagtes, kwaadspreek en bose handeling staan buite My Goddelike orde. As Ek egter deur die krag van My Wil die mens verhoed het om boos te dink, spreek en handel, sou hy nie ’n vrye, onafhanklike, selfbeskikkende lewende wese kon wees nie, maar slegs ’n produk van My Wilskrag wat nooit aanspraak sal kan maak op volmaaktheid nie. Ek wil egter volmaakte lewende wesens vir My vorm wat Ek kan verlig met My Krag en Liefde en hulle sodoende baie gelukkig maak. Vir hierdie doel is dit nodig dat hulle, op hul eie en uit vrye wil, die wilstoets sal slaag om na die hoogste graad van volmaaktheid te streef. Dit vereis ook die opsie van wegsinking na ’n toestand van onvolmaaktheid, naamlik die grootste verwydering van My af. My Wil is goed en bly ewig goed en enigiets wat vrywillig aan My Wil onderwerp word, sal ook goed wees en so bly; enigiets wat egter strydig met My Wil handel, verkies dus boosheid en Ek sal dit nie verhoed nie, alhoewel hy homself ontneem van sy eie volmaaktheid, want hy het nie sy wilstoets geslaag nie. Selfs al het hy afgedaal tot in die diepste afgrond, moet hy onvermydelik uit vrye wil weer opstyg, alhoewel hy ’n oneindige lang tyd nodig sal hê om weer ’n graad van volmaaktheid te bereik wat My nabyheid sal toelaat. Om presies daardie rede moet sy wil ’n bietjie ruimte gegun word, sodat die ewige Goddelike orde bestry kan word, maar Ek sal dit nooit goedkeur nie en dit sal ook nooit My Wil wees nie. Goed en kwaad [boosheid] sal dus voortgaan totdat alle gees verlos is, dit is, totdat alles wat uit My voortgekom het, die wilstoets geslaag het om na goed en goddelik te streef, totdat hy My uit vrye gevind het en as ’n mees volmaakte wese dan in staat sal wees om al die vreugdes van ewige geluksaligheid te geniet. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205