BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Nood van jul medemens is aansporing tot liefdadigheid 3915 Dit moet vir julle 'n voortdurende aansporing wees om werksaam te wees in die liefde, dat julle die nood van jul medemens sal sien en julle harte daardeur getref word, sodat die vlam van die liefde in julle kan brand en julle die begeerte sal hê om ook die hart van jul medemens met gloed te vervul, sodat sy nood gelenig sal word, geestelik en fisies, want wat julle nie uit liefde doen nie, is waardeloos vir julle positiewe ontwikkeling. Julle moet die goeie doen vir die naaste, sonder om enige belonging te verwag, slegs gedryf deur die gevoel om te wil help en die nood te verlig. Wie werke van naasteliefde terwille van beloning verrig, is nog te vas in die eieliefde en sy siel het die doel van die lewe, om haarself te omvorm tot liefde, nog nie ingesien nie. Wie terwille van die loon werksaam is in liefde, het alreeds sy aardse loon ontvang en kan geen geestelike loon verwag nie. Wie egter deur sy hart gedryf die liefde beoefen, doen dit sonder om aan loon te dink, selfs wanneer hy seker is van die geestelike loon, en dit is die ware liefde wat net gee sonder om te wil ontvang, en tog ontvang, meer as wat hulle gee. Daarom moet die groot nood ook oor die aarde gaan, om die ware liefde te laat opvlam in die harte van die mense, wat dikwels te traag is om die swak gloeiende vonk in hom aan te blaas, sodat dit 'n helder vlam kan word. Baie leed en nood op aarde sou gelenig kan word deur ware liefdadigheid en die siel sou verseker gewees het van geestelike vooruitgang, maar die mense gaan gewoonlik argloos die ellende van hul medemens verby. Gevolglik is daar geen positiewe ontwikkeling te meld nie, eerder 'n stilstand en agteruitgang, en die aardse nood word daardeur steeds groter. Die vonk van die goddelike Gees rus in elke mens en dus is elke mens ook geskep om in staat te wees tot liefde. As hy egter die edelste in hom laat vergaan, bly daar net 'n valse voorstelling daarvan oor van dit wat eens volmaak was as skepping van God. As die liefde by die geskape wese ontbreek, is daar niks meer goddeliks in hom nie, maar die geringste ontroering oor die lot van sy medemens ontsteek die goddelike vonk van liefde, en die wese is gered vir die ewigheid as hy reageer op sy mees innerlike gevoel en dus sy liefde laat groei, bereid tot hulp teenoor sy medemens. Uit die klein vonk kan 'n helder vlam voortkom, en die vlam sal met die ewige vuur saamsmelt. Die mens verander tot liefde, soos wat dit sy bestemming op die aarde is. Wanneer die groot aardse nood so iets tot stand bring, is dit van onmeetlike waarde vir die siele by wie die liefde nog ontbreek, en dit sal eens as 'n groot genade van God erken word, wanneer die aardse lewe met sukses afgelê is. Wie uit liefde gee, sal nooit meer hoef bang te wees dat hy te veel gee nie, want sy gawe sal aan hom vergeld word, tydelik en ook ewig. Wie die weinige wat hy besit, deel met iemand wat armer is, sal self geen nood te vrees hê nie, want God deel met hom en sy gawe het waarlik duisendvoudig meer waarde. Wie met 'n liefdevolle hart gee, sal wederliefde opwek, en dat dit beteken dat die liefde in julle sal toeneem, besef julle nie, maar julle ontneem die satan wat hy al meen om te besit. Julle gee weer lewe aan wat dood was. Julle lei krag na waar dit ontbreek en beoefen daardeur die grootste barmhartigheid aan die siel van jul medemens, wat nou ook in staat en bereid is om liefde te gee en wat goed doen ter wille van die goeie. As julle dit snap, sal die groot aardse nood ook vir julle verstaanbaar wees. Julle sal dit as beskikking van God beskou en dit met berusting in Sy Wil verdra. Julle sal dit probeer teengaan deur liefdadigheid en as’t ware ook in die laaste tyd verlossend besig wees, want slegs die liefde is die middel van verlossing. Slegs die liefde gee julle vryheid, krag en lig. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205