BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Doodslaap – Opwekking uit die grafte op die laaste dag 3916 Die dooies rus net liggaamlik, dit wil sê: Die liggaam is van alle aardse take onthef en die aardse materie kom die bestemming wat deur die Skepper daaraan toegewys is na, deurdat dit ook in sy ontbindingsproses nog aan ontelbare lewende wesens blyplek bied, totdat dit geheel vergaan het tot geestelike substansie. Die siel van die mens het egter geen deel meer aan die rustoestand van die liggaam nie. Sy kan wel sonder aktiwiteit in die hiernamaals vertoef, maar hierdie toestand is geen toestand van rus nie, maar 'n toestand van magtelose bewustheid van haar bestaan. 'n Toestand van die grootste kragteloosheid wat kwellend is, omdat dit bewustelik deur die siel gevoel word. Daarom kan daar dus nie van 'n rus van die dooies gepraat word nie, en nog veel minder by die siele wat 'n graad van volmaaktheid bereik het, sodat hulle in sfere van lig opgeneem kan word nie. Want hierdie siele is onophoudelik aktief en is gelukkig in hul werk. Daarom is dit verkeerd om te praat van die slaap van die dooies tot by hul opwekking op die laaste dag. 'n Opwekking van die dooies sal wel plaasvind op hierdie dag. Hulle wat op die aarde geestelik dood is, sal uit hulle slaap ontwaak, wanneer hulle God in Sy grootheid en mag herken en hulle voor Sy geregtigheid sal moet verantwoord, maar hierdie ontwaking sal vreeslik wees. So sal ook baie wat in die grafte rus - liggaamlik en geestelik - wat al in die sfere van die hiernamaals vertoef, ter verantwoording geroep word, omdat hulle die rus van die dood verkies het bo die aktiwiteit wat van lewe getuig. Ook hierdie siele sal op die dag van oordeel veroordeel word tot 'n hernude verbanning in die materie, sodat hulle nou die toestand van rus kan proe wat vir hulle begerenswaardig gelyk het en wat hulle tog kon ontvlug het. Want as 'n siel haarself in die hiernamaals negatief ontwikkel, streef sy na die materie en aan haar wil sal voldoen word. Op hierdie manier moet die opwekking uit die grafte op die laaste dag verstaan word. Die vleeslike liggaam het wel sy rus gevind, in soverre hy die siel nie meer hoef te dien nie, maar ook sy geestelike substansies moet verder hulle doel vervul volgens goddelike beskikking. Die siel is egter beklaenswaardig as sy nie 'n toestand van lewe kan binnegaan na die dood van die liggaam nie, en net so moet die opwekking op die laaste dag tot die ewige lewe of ewige verdoemenis verstaan word, naamlik dat daar vir die wat op aarde lewe, skielik die besef sal kom van die ontwaking vanuit die diepste geestelike slaap, maar vir die bose tot die oordeel. Die goeie mense wat op God gerig is en Sy wil vervul, sal op hoogte wees van die lewensituasie na die liggaamlike dood, en hulle vrees hierdie laaste nie en gaan ook die ewige lewe binne. Die hernude ontwikkelingsgang op die nuwe aarde deur sy skeppings, sal egter ook deurgaan moet word deur baie siele wat al lank van hierdie aarde geskei is, wat tyd in oorvloed gehad het in die geesteryk om hulle wil te verander en aktief te word, wat egter in hulle kragtelose toestand volhard en die rus van die dood voorkeur gegee het en daarom steeds kragteloser is, sodat die gees self verhard en ryp is vir hernude verbanning in aardse skeppings. Hulle staan as te ware op uit hul grafte, want hulle word weer 'n nuwe moontlikheid gebied om na die lewenslig te gaan, al is dit ook na 'n ondenkbare lang tyd. Alles wat geestelik dood is, sal ontwaak op die laaste dag, maar nie tot die lewe nie, maar tot die oordeel. Salig is die wat nie rus in hierdie doodslaap nie. Salig is die wat onophoudelik besig is op aarde of in die geesteryk en wie se aktiwiteite nie uit aardse inspanning bestaan nie, maar hul geestelike ontwikkeling dien. Salig is die wat lewe in die gees en hulle nie oorgee aan die slaap van traagheid nie, wie die rus nie soek nie, want hulle sal lewe in geluksaligheid en die dag van opwekking nie hoef te vrees nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205