Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

OOR DIE LAASTE OORDEEL EN DIE NUWE AARDE
9 Oktober 1959
U kan uself geen korrekte voorstelling maak op welke manier die laaste oordeel sal plaasvind nie. Dit moet egter vir u genoeg wees om te weet dat dit `n werk is wat van baie korte duur sal wees, met `n vernietigingskrag waaraan alles ten offer sal val. U sal geen tyd meer hê om u gedagtes en strewes te verander nie, want alles sal met so `n snelheid geskied dat u geen tyd meer sal hê om na te dink nie. U sal in `n oomblik geoordeel word, - dit wil sê, ten lewe of ten dode sal in `n baie kort tyd kom. U, My getroues, wat sal bly tot aan die einde, sal weggeneem word en die ontroues sal verslind word deur die aarde, wat vir hulle siele `n hernieude kluistering in die vaste materie sal beteken.
Slegs die mense waarin nog `n klein vonkie Godsgeloof is, sal op die laaste moment nog die krag kan opwek om My aan te roep, om nog gered te word en om vir die hernieude kluistering gespaar te bly. En ofskoon hulle nie behoort aan hulle wat weggeneem word nie, sal hulle lot tog ligter wees. Want hulle word dan `n nuwe beliggaming toegestaan waarin hulle hulself moet en ook kan bewys.
Die nuwe aarde sal dan vry wees van versoekings deur My teenstander, wat vir `n lang tyd gebonde sal wees, soos wat dit geskryf staan. Dit is `n daad van buitengewone barmhartigheid, waarop maar heel weinig mense hulle beroep het, want die mensdom sal aan die einde heeltemal aan My teenstander onderdanig wees. Heel selde sal `n mens homself nog losmaak van sy kettings in die aangesig van die laaste oordeel wat vreeslik sal wees, want alle mense sal `n ontsettende dood tegemoet sien kom. Maar voordat hulle veel kon gedink het, sal dit reeds gebeur het, en Myne sal getuie wees van hierdie gebeurtenisse. Dit is My wil dat hulle My almag en heerlikheid en My regverdigheid en “toorn” teen die sondaars leer ken, en daarvan kan getuig solank hulle lewe. Want hulle sal die stam vorm van die nuwe geslag op die nuwe aarde.
Die voorval van die wegneming kan ewemin voorgestel word, omdat dit buite die wetlike ordening plaasvind en dit het nog nooit op hierdie aarde voorgekom dat mense opgeneem was en in lewende lywe omhoog gevoer is nie. EK sal hulle ongedeerd in `n paradysagtige landskap plaas van waaruit hulle dan na die nuwe aarde gebring sal word, sodra sy volgens My wil gevorm is. EK sal geen lang tyd daarvoor nodig hê nie, want al die geestelike verlang om die nuwe beliggaming van hulle ontwikkelingsweg, wat ooreenkom met hulle graad van rypheid, voort te sit. Die mense sien nie die skeppingsdaad van die nuwe aarde nie, derhalwe is dit ook nie nodig vanweë die mense om by `n bepaalde tydsduur te hou nie. Die mense wat weggeneem is, se tydsbewussyn ontbreek, sodat hulle nie sal kan beoordeel in welke tydsbestek die nuwe aarde ontstaan het nie.
My mag is onbegrens en sal homself openbaar by die skepping van die nuwe aarde, want sy sal weer nuwe skeppinge laat sien waarvan u mense hulleself geen voorstelling kan maak nie. Hulle wat op die nuwe aarde mag lewe, sal hulleself onmeetlik salig maak, want dit sal `n ware paradys op aarde wees. Die van Myne wat My in die geloofstryd trou gebly het, sal ook hulle loon daarvoor ontvang.
U mense sou almal hierdie seën kon ervaar as u die kort tyd op aarde goed sou benut, maar u glo nie en doen niks om die ontwikkeling van u siel te vergroot nie, daarom sal elkeen die loon ontvang wat hy verdien. `n Geluksalige lewe in die paradys op die nuwe aarde of die hernieude kluistering in die skepping daarvan, om na `n eindeloos lang tyd weer as mens op die aarde te mag kom met `n laaste wilsbeproewing as doel.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205