Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

BEVESTIGING VAN DIE VOORSPELLINGS - WÊRELDGEBEURE
28 Maart 1941
Dit gee EK jou (gespreek tot Bertha Dudde) as bevestiging, dat alles vervul sal word wat GOD se Gees verkondig het.- Die wêreld wil dit weliswaar nie glo dat sy dig voor die beslissende uur staan nie, want sy glo dat die tyd nog lank nie gekom het wat die HEER op aarde verkondig het nie.- Sodoende is die wêreld ook nie voorbereid op die natuur gebeure nie - en daarom gee die HEER steeds weer sy vermaninge, sodat die mense HOM nie vergeet nie
God se Gees vergis homself egter nie, en waar Hy eenmaal aan te werk is, moet mens aan sy uiting ook geloof skenk en as openbaring sonder vrees versprei.- Want die "taal van GOD" is gegee in die mond van die verspreider, wat alleen weergee wat God se wil is.- En die wie HY uitkies het ook die ware insig.- Hy neem dit aan en gee dit deur aan andere soos wat HY dit wil.- Die menslike denke word dan so gelei dat sy die dinge sien in ooreenstemming met die waarheid, en ook hulle vermoë tot oordele sal veel skerper word en hulle liefde tot regverdigheid sal hulle behoed vir die verkeerde denke.- Wanneer Hy dus spreek is elke woord in ooreenstemming met die waarheid.
Skryf dus die volgende neer: Alle wêreldgebeure staan in verband met die geestelike toestand van die mense.- Die oorsake daarvan is alleen maar aardse strydvrae en daardeur word die ontstaan en die uitwerking daarvan meestal heeltemal as aards beskou.- Dat die wêreldgebeure egter in `n sekere sin die gevolg is van die lae geestelike vlak die mense, is vir die aardsgesinde mense nie begryplik nie en daarom wil hulle dit nie glo nie, ondanks die steeds herhaalde waarskuwings.- Sodoende sal die mensdom deur die natuurgebeure onvoorbereid getref word, en daar sal geen moontlikheid bestaan om hulleself daarvoor te beskerm of om dit te ontvlug nie.- Juis daarom is dit so dwaas om hulleself vir God se vermanings af te sluit wanneer dit vir die mense gegee word.
Dat die stryd in hierdie tyd die helfte van die wêreld in sy greep het, bly nog onbeslis die wil van die goddelike Skepper, want die mense mag nie deur wapengeweld self aan hulle hul vermeende reg verskaf nie.
GOD het die mense die gebod gegee om mekaar lief te hê, maar op die gebod word nie meer gelet nie. - Al die kwade wat die mensdom maar kan bedink geval haar, daarom moet sy ook voelbaar getref word.- GOD self sal die "regterlike amp" oorneem, sodat hulle weer Eén Heer bo hulleself sal erken wat op hoogte is van elkeen se onreg.
Daarom sal u mense die stem van GOD nie as ongeldig kan afwys nie.- U mag die geloofwaardigheid nie in twyfel trek en self die tydstip wil bepaal waarin elke voorspelling vervul sal word nie.- Want die wêreld is in die grootste nood en kan nog slegs gered word deur die aangekondigde katastrofe wat onmiddellik op die groot beslissende veldslag sal volg, en sodoende in werklikheid die beslissing sal bring in `n geweldige volkerestryd.- Want hierdie stryd is slegs `n stryd om grootsheid en mag, waarby elkeen se edel motief ontbreek.
Maar aan hierdie stryd sal `n einde gemaak word deur `n hoër mag, en dit sal gebeur soos wat dit verkondig is in woord en geskrif.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205