Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE INGRYPING VAN GOD
17 Mei 1946
Die menslike wil sal deur My wil tot skande gemaak word, en wat die mense nastrewe sal verhinder word deur My ingrypinge. Elke Wêreldse mag sal binnekort haar onmag ervaar in soverre dat sy magteloos is teenoor My wil. EK sal die wêreld toon dat sy My nie kan uitskakel nie, dat EK die wêreldgebeure in andere bane sal lei wanneer die mense self nie meer daartoe in staat is nie. EK sal die gebeure die vrye loop laat gaan totdat dit duidelik sigbaar is welke mag op aarde die oorhand gaan kry, maar dan sal EK nie aarsel om hierdie mag te breek nie, al is dit slegs tydelik, sodat die tyd om tot voleinding te kom, kan aanbreek.
EK sal dus voor die einde nog duidelik op die voorgrond tree. EK sal alle mense nog benader en Myself aan hulle te sien gee as onoorwinlike Goddelike Krag wat Homself op `n vernietigende wyse sal uiter, omdat nog net die vrees die mense kan aanspoor om My aan te roep. Die vrees vir die dood, waarin sy hopeloos sal verval sonder My hulp, want niks anders kan die gedagtes van die mense tot My dade keer nie. Alle wêreldse mag sal in die niet versink, want sy kan geen weerstand bied teenoor die kragte van die natuur waardeur EK sal spreek nie.
Daar sal `n plotselinge verandering intree, alles wat die denke van die mense tot nou toe besig gehou het, sal wegval en daar sal nuwe probleme opgelos moet word. Daar sal nuwe noodsituasies opduik en daar sal baie krag benodig word om die nuwe lewensomstandighede te bemeester. EK het medelye met die mensdom wat ondanks die grootste aardse nood nie die weg na My gevind het nie. Die wat alleen maar aandag het vir die wêreldgebeure, maar daarin nie die gevolg sien van `n verblindende denke en `n uiterste verwydering van GOD nie; wat alle skuld en oorsaak van die nood in die menslike wil soek en nie in die eie geestelike nood wat die eintlike oorsaak is nie, en om dit op te hef moet elke mens homself ter harte neem. Juis daarom sal EK My wil teenoor die mense stel totdat hulle erken dat hulle ook aan `n andere mag prysgegee is, en dat hulle hierdie mag hulpsoekend moet benader sodat hulle My kan erken, want eers dan kan EK hulle met My hulp bystaan. Die mense het hierdie hulp dringend nodig, maar hulle sluit hulleself af van die krag wat hulle nodig het. En om hulle nou gewillig te maak om hierdie krag op te neem, laat EK die groot nood oor hulle kom.
Nog slegs maar `n korte tyd en u sal van My verneem, u sal van die waarheid van My woord bewyse sien. En salig vir die wat glo aan wie EK die bewys lewer, salig wie homself voorberei en steeds krag uit My put, want hulle hoef nie beangstig te wees vir die nood nie en net so sal die natuurgeweld hulle geen leed aandoen nie, want dit is My wil.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205