Boek 1 - Wêreldgebeure
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

DIE VERLOOP VAN DIE GEBEURTENISSE VOOR DIE EINDE
1 Augustus 1944
Om die tydstip van die geestelike ommekeer mee te deel sou vir die mensdom nie bevorderlik wees nie, want `n noukeurige kennis sou nadelig wees vir die vrye wil. Die mens sou homself dan gedwonge voel om sy lewenswandel te verander wanneer die bestemde tyd sou aanbreek.
Die is egter nie volgens die wil van GOD dat die mense moet weet wanneer dag en uur gekom het nie, sodat HY die regverdige "vonnis" oor hulle kan spreek. – Hulle hoef slegs te weet dat die einde naby is, en moet aan die tekens van die tyd die einde herken. Maar wanneer gelowige mense HOM in gedagtes om uitkoms vra, sal HY hulle ook antwoord gee, maar steeds sodat dit vir hulle sieleheil nuttig sal wees. Die "vonnis" gaan die eindtyd vooraf, en gedurende hierdie eindtyd is daar `n kort tydspan wat ook deur `n religieuse geloofstryd gekenmerk sal wees. Sodra hierdie geloofstryd openlik gevoer sal word, sal die mense alle heimlikheid van hulleself wegsit en dan selfs openlik sonder inagneming teen alle geestelike pogings ingaan. Sodra gebooie en wette uitgevaardig word wat die mense hul geestelike strewe sal verbied, sodra mense geeneen van die Goddelike gebooie meer mag ag nie, sal `n vervolging ingestel word teen alle gelowige mense. En sodra aan hierdie gelowiges geen reg meer toegeken word nie, het die eindtyd die laaste fase ingegaan, en die laaste oordeel kan dan enige dag en elke uur verwag word.
Alvorens hierdie geloofstryd egter ontbrand, sal die mensdom hulleself in `n geestelike en aardse chaos bevind. Oral sal `n agteruitgang te siene wees wat dan ook in aanmerking geneem sal word. En hierdie agteruitgang sal veroorsaak word deur mense wat deur die Satan beheers word, en sal hulleself openbaar in aardse vernietiging, in liefdelose maatreëls, in `n goddelose lewenswandel, in opstand en verontwaardiging teen die HEER en Sy mag en daardeur weer brutale onderdrukking deur hierdie beperking van vryheid en ontduiking van reg en regverdigheid.
Hierdie gebeurtenisse sal begin na `n geweldige aardbewing wat deur GOD se wil sal plaasvind om `n volkerestryd te beëindig, wat onmoontlik deur mense kan gebeur. Hierdie aardskok sal vir die mense wat daardeur getref word, `n enorme verandering van hulle lewensgewoontes beteken, `n ellendige tyd van selfverloëning en moeilike lewensomstandighede.
Aanvanklik sal hierdie tyd wel geskik wees vir die verspreiding van die Goddelike woord, maar dit sal geen bloei van `n kerklike wêreldse mag beteken nie.
Die mense sal baie moeite doen om te strewe na `n verbetering in hulle aardse lewensomstandighede, maar hulle pogings sal hulle nie met `n geestelike strewe verenig nie. Ook nie met `n geloof in `n hoër Mag wat hulle tot verantwoording roep en met die Goddelike gebooie nie, wat liefde vereis nie. Daarom sal alles aangeval word wat hinderlik is om die vroeëre lewens van voorspoed te herstel, daarom begin die geloofsstryd nie lank na die ingryping van GOD wat die wêreldgebeure in andere bane sal lei nie.
Die gebeurtenisse sal mekaar vinnig opvolg, want die lae geestelike toestand van die mense sal dit verhaas. En hierdie lae toestand is herkenbaar aan die handelinge van die mense, aan hulle denke wat van die diepste verdorwenheid getuig en handelinge voorberei wat as satanies aan te merk is. Ook hieraan kan die mense reeds die tydstip herken waarin die ingryping van GOD verwag kan word, want u sal aan die wêreldgebeure `n tydsbepaling hê. U sal aan die handelinge van die mense kan sien dat hulle hulself geheel van GOD verwyder het, en dit sal ook duidelik die mening weerlê dat daar weer `n geestelike opbloei onder die mensdom verwag kan word.
Weliswaar sal sommige mense aan GOD trou bly en hulle innige verhouding met HOM versterk, hulle vorm in waarheid in hulle “kerk” wat homself deur verdrukking en ellende heen staande sal hou - ofskoon dit maar `n kleine kudde sal wees. Maar die aardse wêreld sal GOD verloën en sal alles bestry wat vir HOM is, en hierdie geestelike nood sal kenmerkend wees aan die einde.
Daarom, gee ag op die tekens van die eindtyd. Gee ag op die gedrag van die mensdom, op haar afval van GOD en haar hang aan die wêreld, as die mense duidelik onder die invloed van Satan staan en na hom luister. As hulle alles sal doen wat teen die Goddelike gebooie ingaan, omdat niks meer vir hulle heilig sal wees nie, nóg die lewe van hulle medemense nóg hulle besittings. As die leuen triomfeer en die waarheid aangeval word, weet dan dat die einde nie meer ver is nie. U kan dan die gebeurtenisse nagaan soos wat aan u verkondig word, want dit alles sal homself afspeel gedurende die tyd waarin `n man die vernietiging sal bespoedig. Hy sal `n vernietigende beginsel huldig en nie opbouend nie, maar vernielend besig wees. Met die einde van hierdie man sal ook die einde van die wêreld kom, d.w.s. die einde van hierdie aarde in haar huidige vorm.- Dit is egter `n teken van die einde van die mense wat nou op die aarde lewe en nie behoort aan hulle wat van GOD is nie.
Dus weet u nou dat dit nie meer lank sal duur nie, dat u geen lang tyd meer gegee is nie en u kort voor die einde staan. U moet uself daarop voorberei en dus lewe asof elke dag die laaste is. U weet nie wanneer u opgeroep sal word na die ryk hierna of wat u nog miskien aan die einde op hierdie aarde sal beleef nie. As u egter nog as “stryder” vir GOD in die geloofstryd voor die einde nodig sal wees, dan sal GOD ook u denke korrek lei en u sal besef dat hierdie tyd gekom het. Die tyd van die Goddelike ingryping deur die ontkluistering van die kragte van die natuur, die tyd van die geloofstryd en die laaste oordeel. GOD wil dat u die mense hierop opmerksaam maak, daarom sal HY u gees ook verlig en u denke so lei dat u die waarheid kan begryp. En wat u dan as waarheid begryp het, sal u ook uitspreek aan u medemense en aan hulle verkondig.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205