Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

AAN DIE DEEMOEDIGE SKENK GOD SY BARMHARTIGHEID
B.D.7308 - 14 Maart 1959
Die wil om diensbaar te wees, is om in die deemoed binne te gaan, dit is die begin van die oorwinning in die stryd teen die verwaandheid wat die mens nog kenmerk as kind van die Satan en wat hy daarom met alle mag moet bestry. Die hoogmoed wil heers; dit plaas homself hoog bo alles wat die naaste aan haar staan, die hoogmoedige mens sou alles wil onderwerp en dwing om hom diensbaar te wees, die hoogmoedige mens is meedoënloos en liefdeloos, hy het al die kenmerke van die teenstander van God, wat duidelik aan die lig kom en daarom is hy op die weg van die verderf, wanneer hy nie verander en ernstig teen die gees van hoogmoed ingaan nie. En dit sal hy doen sodra in hom die wil ontstaan om diensbaar te wees; om sy medemens te dien is werklik bevrydend want dan wring hy homself los van die teenstander en gaan `n ander sfeer binne, want die deemoed voer hom na God, deur die deemoed kom hy nader na God en hy ontvang barmhartigheid in oormaat volgens Sy belofte: "Slegs aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid".
Die deemoed sal homself steeds bewys in die wat dienend wil help, die mens gaan volledig `n ander stadium van ontwikkeling binne, wanneer hy in deemoed leef, wanneer hy elke gevoel van verwaandheid bestry, wanneer hy begin om homself te deursien en hyself bewus word van die swakheid van sy wil en sy foute, wat hom elke hoogmoedige eiewaan ontneem en hom verplaas in die bewussyn van die diepste nederigheid. En daarmee in ooreenstemming sal hy homself ver van God verwyderd waan, hy sal in waaragtige deemoed sy oë na Hom opslaan en Hom om Sy barmhartigheid vra. Maar dit sal geen spel wees nie, geen uiterlike vorm nie, slegs diepe innerlike deemoed, wat hom daardeur ook waardig maak om die barmhartigheid van God te ontvang, omdat hy versterk word in sy voorneme om aan homself te werk, om sy onvolmaaktheid op te hef en in die Liefde en barmhartigheid van God waardiger te word, waarna `n deemoedig mens vurig verlang en wat hy van harte afbid. Die deemoedige mens het reeds die afkeer van die teenstander voltooi, want die deemoed is `n goddelike eienskap, `n graad van volmaaktheid, wat steeds die afkeer van die teenstander vooropstel; hoewel die mens dan nog baie aan homself moet werk om die voortdurende aanwesigheid van God waardig te word. Maar die dienende liefde wat `n deemoedige mens nou vervul, verander ook spoedig sy hele wese tot liefde, en `n waaragtige deemoedige mens kom spoedig so naby die hart van die Vader, dat hy homself verenig met die ewige Liefde en dus ook die voltooiing bereik.
Solank dit die mens nog aan ware deemoed ontbreek, is sy rypwordingsproses ook nog nie voltooi nie, want die ware deemoed trek eers die Vader met sekerheid na Sy kind wat deur ware deemoed die kindskap van God laat sien. En solank daar nog `n vonkie hoogmoed in die mens aanwesig is, is die weg tot hierdie vereniging nog lank, want die hele tyd is die teenstander van God nog steeds hierby betrokke en die stryd teen hom moet met die hele wil en `n vaste voorneme gevoer word, en dit kan ook gevoer word sodra die mens na `n innerlike stryd tot dienende naasteliefde kom, wat hom dan ook die oorwinning sal oplewer oor homself. Die mens moet slegs eers in homself keer en nadink oor sy foute en swakhede, oor sy slegte eienskappe en gewoontes. En hy sal homself van sy hoogmoed in `n groot mate vrymaak, wanneer hy slegs eerlik is teenoor homself. Maar hierdie kritiese selfbeskouing kan vir hom `n ommekeer wees, want sodra hy homself ondersoek het en van goeie wil is, sal hy homself in deemoed tot God wend en Hom vra om barmhartigheid en erbarming, waarvan hy dan ook baie seker van kan wees, want: "Aan die deemoedige skenk God Sy barmhartigheid!”
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205