Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

WAT IS DIE DOEL VAN DIE LEWE OP AARDE?
B.D. 7797 - 14 Januarie 1961
U sal op hoogte moet wees van die doel van u lewe op aarde, as u weg oor die aarde as mens suksesvol wil wees en as u die doel wil bereik, as u weer wil word soos wat u was in die allereerste begin. U het van My af uitgegaan as hoogs volmaakte wesens, u was geskape as My ewebeeld en voorsien van alle goddelike eienskappe, vol van lig en krag en u het met My, as u God en Skepper, voortdurend in verbinding gestaan, sodat u onafgebroke lig en krag van My kon bekom en dus ook onuitspreeklik geluksalig was; by u volmaakte wese hoort egter ook `n vrye wil, omdat u anders geen goddelike skepsel genoem sou kan word nie. En hierdie vrye wil moes gevolglik vir u twee moontlikhede ontsluit: Om volmaak te bly soos Ek u geskape het, of wel u volmaaktheid te verloor en u wese te verander na die teenoorgestelde.
U sou dus u "goddelikheid" moet bewys, deurdat u wil net so gerig was as Myne, dat dit heeltemal opgaan in My Wil, ook wanneer dit volledig vry was. Maar u sou dan ook in staat moet wees om u teenoorgesteldheid te dra, u sou ook afvallig van My moet kan word as teken van die vrye wil, wanneer dit aan My en My Wil teenoorgesteld gerig was. En Ek verlang hierdie wil beslissing van My "deur My geskape" wesens om vir hulle nog groter geluksaligheid te kan berei.
Ek het hierdie wilsbeslissing van die eerste liggees wat deur My geskape was, verlang, wat deur My oorgrote Liefde buite My geplaas was en wat as My ewebeeld met My en naas My sou skep en werk in die geestelike ryk; hy het in die hoogste volmaaktheid uit My voortgekom, hy was My ewebeeld. Dog een ding het hom van My onderskei: hy het van My die krag ontvang (getrek), terwyl Ek die Kragbron Self was. Hy het dit ook ingesien, want hy het oor die hoogste insig beskik. En dus was hy voor die wilsbeproewing gestel wat daarin bestaan, om My Self as Kragbron te erken van Wie hy voortdurend sy Krag verkry het.
Daar het egter uit sy wil en My Krag ontelbare wesens voortgekom wat almal hoogs volmaak van aard was, toegerus met alle gawes en `n vrye wil, wat hulle goddelikheid aangetoon het. En die bewussyn van die verwekker van al die wesens van die eerste geskape gees, die ligdraer, het verwaand geword en in sy verwaandheid het hy teen My in opstand gekom. Hy het die wilsproef dus nie deurstaan nie, maar hy volbring deur middel van sy wil `n skeiding van My, wat weliswaar nooit weer kan plaasvind nie, omdat al die wesens andersins sou vergaan, omdat hulle sonder My en die toevoer van My Krag nie kon bestaan nie - maar die wat hulself afgekeer het van My deur middel van sy wil, het die ligdraer - Lucifer – ten uitvoer gebring en daarom het hy in die diepte afgeval, en `n groot aantal wesens was saam met hom na benede gesleep, wat eweneens moes kies en wat van My afvallig geword het.
Hierdie gebeurtenis, wat homself in die geestelike ryk afgespeel het, lê die "skepping van die wêreld" ten grondslag, en al die ontelbare skeppinge van die mees verskillende aard, wat Ek as die "weg-terug" van die geestelike laat ontstaan het, om al die gevallenes weer na hulle Oorsprong terug te voer, om hulle weer na My toe te lei, omdat hulle eers dan weer geluksalig kan wees wanneer hulle weer met My verbonde is, terwyl die verwyderd-wees-van-My `n staat van die grootste armsaligheid beteken. Die kennis daaroor probeer Ek nou vir u mense te laat begryp, want u is daardie gevalle geestelike wat uself op die weg terug na My bevind en nie te ver van die doel af aangekom het nie. U eens volmaakte wese het u verander en u het onvolmaak geword. Ook as mens is u nog onvolmaakte skepsele, maar u sal in die aardse lewe volmaak kan word, wanneer u slegs My Wil vervul, wanneer u uself skik volgens My wet van die goddelike ordening, wanneer u `n lewe in liefde lei en u wese weer heeltemal verander tot liefde netsoos dit in die allereerste begin was.
Die liefde verenig u weer met My, maar u sal haar vrywillig van My in ontvangs moet neem. U sal u nie mag verweer wanneer My Liefde u weer wil aanstraal nie, u sal alles moet doen om die opgawe van u lewe op aarde te vervul wat slegs daarin bestaan dat u, u wil weer na My rig; dat u uself aan My oorgee en in liefde daarna streef om by My te wees. Dan word aan u ook `n dieper kennis ontsluit en die afwesigheid van lig wyk van u, u verkry helder insig, u begryp elke samehang en u tree na buite uit die staat van armsaligheid, u verbind u met My en vind in hierdie band weer die vroeëre geluksaligheid wat u vrywillig mee weggedoen het, wat egter `n deel is in elke wese wat eens van My uitgegaan het as `n stralende beeld van My Self, tot dit wat u ook onherroeplik weer sal word, omdat dit My doel was en sal bly by die skepping: Om kinders vir My te vorm wat saam met My kan skep en werk in die hoogste geluksaligheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205