Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

KRITIEK OP DIE GODDELIKE WOORD, OPENBAAR GEESTELIKE HOOGMOED
B.D. 82087 - Julie 1962
Tot welke geestelike hoogmoed verstout die mens homself wat My barmhartigheidsgawes van bo wil kritiseer of om homself geroepe te voel om daaroor te kan oordeel. Die goddelike Wysheid kan nie met die verstand bevat word nie, hulle kan slegs die barmhartigheid om korrek te dink afbid, wat hulle ook sal toekom, sodat hulle dan met My in verbinding kan tree. Wie egter slegs met sy verstand wil oordeel, wie werklik glo om deur middel van sy gedagtes binne te kan dring in die waarheid en die Oorsprong daarvan, is aanmatigend en sal steeds sy ontoereikendheid moet toegee en hy sal ook moet insien dat hy geen reg het tot so `n ondersoek nie, omdat die geestelike gebiede vir hom geslote is, wanneer hy dit nie onder My begeleiding betree nie. Maar die mens matig homself tog sulke dinge aan en hy kom dan met `n oordeel wat nooit korrek kan wees nie, omdat die mens net so lank in die duisternis verkeer as wat hy die vereniging met My nog nie nagestreef het nie, maar wat slegs die diepste deemoed en `n insien van die eie gebrekkigheid vooropstel, waarin die mens homself dan deemoedig tot My kan wend en My om verligting van sy denke vra.
Wie slegs sy aardse lewe leef, wie niks daaraan doen om sy innerlike lewe in orde te bring nie, wie dus glo om alles met die menslike verstand te kan deurdring en te motiveer, is waarlik nie daarvoor geroep om te oordeel oor `n goddelike barmhartigheidsgawe nie, want vir hom sal sowel die gebeure van die oorbring as ook die ryk barmhartigheidstroom wat na die aarde vloei, onbegryplik wees en bly, omdat hierdie mens alle insig verloor het deur sy val in die diepte van weleer en wat daarom nog duister in hom is. Hy moet eers `n lig in homself laat ontbrand wat tot stand gebring word deur onbaatsugtige liefde, maar dan moet hy ook in deemoed die swakheid van sy verstand besef en hy die geestelike gebiede nie meer kan betree om dit met behulp van sy verstand te deurgrond nie; en tog matig baie mense hulleself `n oordeel aan wat nie in die minste hiertoe bevoeg is nie. En dit is `n teken van groot geestelike hoogmoed. En hulle sal steeds meer in die duisternis beland, tot hulle hulleself na My Self keer en dan ook deur My ingelig kan word, wanneer hulle verlange na die waarheid ernstig is.
Maar u sal dan deemoedig na My toe moet kom, want slegs aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid. En sodra u hoogmoedig van gees is, heers My teenstander nog oor u, wat vol hoogmoed is en dit ook op u wil oordra. Baie mense is so oortuig van die skerpte van hulle verstand, dat hulle geen onderrig wil aanneem nie en hulle sal ook nooit met die reine waarheid bekend gemaak kan word nie, omdat waarheid slegs deel van `n deemoedig mens kan wees, want dit gaan van My af uit en maak steeds net indruk op die harte van diegene wat hulleself in diepste deemoed aan My oorgee.
Maar wie hoogmoedig is, ontbreek die liefde; want hy is nog heeltemal gebonde aan hom wat sonder liefde is, wat homself egter bo alles stel en wat My ook nie wil erken as sy Heer nie. Behoed u daarom teen geestelike hoogmoed, dit maak u tog volledig blind in die gees en nooit sal u dan My barmhartigheidsgawe kan aanneem en vasgryp nie, want dit sal vir u slegs verwronge gedagtes wees en geen lig uitstraal nie, omdat die teenstander dit verhinder, wat u in diepste duisternis wil bly hou om u nie te verloor nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205