Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE GEVAAR VAN VERWAANDHEID
B.D. 8281 - 24 September 1962
Wie My Woord ter harte neem: "julle is almal sondaars" sal voortdurend diep deemoedig wees, hy sal nie aanmatigend wees en ook geen harde oordeel vel nie, want hy wat die insig self nog nie volmaak het nie, sal steeds daaraan dink dat hy `n swak mens is, wat My krag en versterking nodig het en hy sal met `n deemoedige hart na My toe kom en daarom vra. Wie daarenteen van sy eiewaarde oortuig is, sy wese sal hoogmoed verraai, hy sal homself bo sy medemens verhewe voel en hierdie verwaandheid sal homself uiter in `n geringskatting van die ander, in `n liefdelose oordeel en in die mening om `n hoër kennis te besit en gevolglik ook geen onderrig meer nodig te hê nie, of dit nou van aardse of geestelike aard is – steeds sal die arrogante mens glo dat hy die trap bereik het waar hy op die medemens kan neersien. En die verwaandheid is waarlik die aandeel van My teenstander, wat hom in die diepste diepte laat stort het, want hy verhef homself bo My, sy God en Skepper en hy trek `n groot menigte van die geskape wesens saam na benede die diepte in. Aan al hierdie gevalle wesens kleef nog baie van die verwaande gees, wanneer hulle as mens hulle laaste wilsproef moet aflê. En die hoogmoed is `n baie bedenklike teken van onvolmaaktheid, waarteen die mens moet veg in sy aardse lewe, totdat hy in die diepste deemoed teenoor My te staan kom en dan ook teenoor die medemens nie meer sal opstaan nie, veeleer volledige begrip het vir sy swakhede, sodat hy sy eie gebrekkigheid self insien.
Maar daarvoor is die diepste deemoed nodig om met My `n ware band te hê, sodra die mens sy sondigheid insien en beken, sal hy ook weer sy toevlug tot Jesus neem en Hom vra om hom vry te maak. Die deemoed sal hom innig laat roep na Hom en hy sal barmhartigheid vind voor Sy Oë, want, "aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid". En geen mens kan vanself aanneem om volmaak te wees, solank hy op aarde leef nie. Hy kan slegs `n hoëre graad aan insig besit, maar dit sal hom juis steeds deemoediger laat word sodat hy die grootheid van sy God en Skepper insien en die oneindige Liefde, wat hierdie God en Skepper Sy skepsele laat toekom, wat die skepsel wel onuitspreeklik gelukkig maak, maar nie verwaand sal laat word nie; Die verwaandheid is steeds nog `n teken van gebrekkige insig, want die teenstander probeer om die lig te verduister, die teenstander is nog steeds `n deelgenoot van die mens wanneer hy van homself en sy eiewaarde oortuig is.
U almal moet nog erg teen die kwaad stry, want My teenstander sal steeds weer vir u `n verkeerde gevoel van hoogmoed inblaas, hy sal steeds weer slaag om `n swak plek te vind waarin hy in u “n eiedunk kan opwek” - En u almal sal daarom op u hoede moet wees en elke gevoel van aanmatiging in die kiem probeer smoor, want steeds sal u daaraan moet dink dat u Heiland en Verlosser Jesus die weg van die diepste deemoed gegaan het, om juis vir u val uit hoogmoed boete te doen. U moet aan Sy kwellinge en lyding dink wat die versoening van Hom geverg het. En u moet weet dat u gang oor die aarde die gevolg is van die val in die diepte wat die hoogmoed veroorsaak het.
Die terugkeer na My kan slegs met die weg van die deemoed gebeur en tydens die weg oor die aarde moet u die insig bybring dat u swak hulpelose wesens is, wat My liefdevolle hulp nodig het om weer tot die hoogtes te klim, en wat My steeds maar om hulp moet vra wanneer hulle die weg oor die aarde met sukses wil aflê. Maar wie nog verwaand van gees is, is nog ver van My en hy sal My ook moeilik vind; want die ware liefde wat die naaste omvou, kan nie in hom ontplooi nie, in sy hoogmoed sal hy homself veeleer ver weg hou van diegene waaraan hy liefde moet skenk, en omdat die mens maar net ryp kan word deur `n lewe in liefde, sal die verwaande mens geen geestelike vooruitgang behaal nie, maar op dieselfde trap bly staan, as hy nie heeltemal afsak nie, omdat My teenstander hom nog gekluister hou.
Stry daarom teen die kwaad en oefen skerp kritiek uit op uself, dan sal u foute ontdek wat u klein laat word en u sal van die troon opstaan wat u vir uself opgerig het deur u eiewaarde te oorskat. Slegs die deemoed sal u laat rypword en u sal dan van My barmhartigheid in oorvloed ontvang. Ek sal My Self oor u bekommer, want in die deemoed kom u nader aan My en u gebed tot My sal innig en vol oorgawe wees en Ek sal tot u versoek inwillig. Ek sal u kom haal as My kinders, want u het u dan definitief losgemaak van My teenstander, wat daarom My teenstander geword het, omdat hy homself geplaas het bo Hom, uit Wie se Krag hy voortgekom het.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205