Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GEBED OM KRAG EN BARMHARTIGHEID – HOOGMOED – DEEMOED
B.D. 8589 - 18 Augustus 1961
U moet daarvan bewus word dat u My barmhartigheid voortdurend sal kan vra, sowel vir uself, asook vir u medemens en vir alle siele in die geestelike ryk. Altyd is die vraag om barmhartigheid te stuur altyd `n daad van deemoed wanneer u dit vir uself vra, want u beken daardeur u swakheid en kom in hierdie swakheid na My toe, sodat Ek u kan versterk. En die mens wat homself swak voel sal My ook steeds deemoedig tegemoet gaan en aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid. En vra u barmhartigheid vir andere, vir die medemens of vir die siele in die hiernamaals, dan is dit `n daad van onbaatsugtige liefde, want u sal diegene wil help wat swak van gees is; u smeek krag af vir hierdie eweneens swak siele en Ek kan dit terwille van u liefde hulle ook laat toekom. Maar steeds is dit `n geestelike bede wat u tot My rig en waarlik, dit sal ook altyd aan u vervul word. En steeds sal u My slegs met `n deemoedige hart daarna kan vra, as u voor My beken dat u swak is en weet dat krag en barmhartigheid slegs van My kan uitgaan en so gee u ook u gebrekkigheid toe en verlang om volmaak te word waartoe u My ondersteuning vir u afbid.
En wanneer u insien dat u eens van My afvallig geraak het, omdat u meen om sterk te wees en glo om My en My krag nie meer nodig te hê nie; dan sal dit vir u ook begryplik wees dat u vrywillig u volmaaktheid omvergegooi het. Maar u is op aarde as mens beliggaam met die doel om na My terug te keer en hierdie terugkeer moet op `n teenoorgestelde wyse plaasvind as die afvalligheid van My. U was hoogmoedig en glo dat u in die besit was van krag in oorvloed. Maar nou sal u in die diepste deemoed u swakheid moet insien en beken deur My te vra om krag te skenk. Omdat u uself eens vrywillig van My afgewend het, sal u My om barmhartigheid moet vra, om `n geskenk wat u nie verdien het nie, wat u vir uself verspeel het in hoogmoed. Maar glo My dat Ek so `n versoek om krag en barmhartigheid baie graag vervul omdat Ek tog Self wil hê dat u weer die volmaaktheid sal bereik en u uself weer by My sal kan aansluit om hemelse vreugde te ontvang,wat slegs die vereniging met My vir u kan berei. Slegs die erkenning van u onwaardigheid en die toegee van u swakheid bring My daartoe, om u in die rykste mate te bedien.
Daarom sal u My steeds weer om die skenking van krag en barmhartigheid kan vra. Dit is `n geestelike versoek wat Ek onherroeplik aan u sal vervul, want My geluksaligheid bestaan daarin, om My skepsele ononderbroke die krag van My Liefde toe te voer,sodat hulle opwaarts kan gaan en so steeds nader aan My te kom. Want uit eie krag is u nie daartoe in staat nie, solank u nie buitengewoon werksaam is in die liefde en vir uself krag verwerf nie. Maar `n gebed in gees en in waarheid vir die stuur van barmhartigheid en krag is `n baie sekere waarborg vir die ontvangs daarvan, want steeds benadruk Ek dit weer: Aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid en slegs `n deemoedige hart rig die versoek aan My. En steeds maar weer gee Ek u die versekering dat dit wat u versoek, vervul sal word, want daardeur beken u aan My tog net u wens om nader aan My te kom, en u deurstaan daarmee die wilsproef op aarde, wat homself vrywillig na My toe keer van Wie u uself eens afgewend het in hoogmoed en heerssug.
Maar wie vra, is nóg hoogmoedig nóg heerssugtig, hy onderwerp homself aan My en weens sy deemoed kan Ek nou ook in onmeetlike mate uitdeel, en waarlik, niemand, wat die versoek tot My rig, sal leeg weggaan nie, omdat Ek u baie graag hoor en ook vervul wanneer hierdie gedagte eers opnuut in u tot lewe kom om van My krag en barmhartigheid vir uself te vra; dan erken u My ook as u God en Skepper, wat u Vader wil wees, u staan al in verbinding met My, wat steeds deur `n innige gebed bewys word, en dit maak nie saak waarvoor u vra nie.
Maar krag en barmhartigheid is geestelike goedere, wat Ek nooit van iemand sal weerhou wat daarna vra nie, omdat dit sy deemoed bewys en altyd sal Ek aan die deemoedige My barmhartigheid skenk, soos wat Ek dit beloof het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205