Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE WIL BEPAAL DIE SKENKING VAN BARMHARTIGHEID - BARMHARTIGHEID
B.D.5595 - 6 Februarie 1953
My Wil bepaal nie u geestelike toestand nie, op aarde, asook in die hiernamaals nie, inteendeel, slegs u wil bepaal dit. Geen mens word van My barmhartigheid uitgesluit nie, geen mens kan sê dat hy nooit steun van My ondervind het nie, maar sy wil kies of en in hoeverre hy gebruik wil maak van die skenking van My barmhartigheid. Mense wat geestelik strewe, wat insig het, het nou hulle geestelike vlak bereik, sodat hulle die skenking van barmhartigheid deur My kan benut, dit was slegs hulle wil wie My geen weerstand gebied het nie en wat bereid was om My Hand vas te gryp, wat Ek in medelydende Liefde na hulle uitgestrek het. En alle mense sou dieselfde kan doen. My Hand strek Hom uit na alle mense op velerlei maniere, om hulle op te trek uit die lae geestelike toestand na bo. Maar Ek kan hulle nie teen hulle wil in `n toestand verplaas wat die lot is van diegene wat My ter wille is nie. Ek kan en wil hulle nie in gedwonge posisies verplaas nie, omdat `n positiewe ontwikkeling onder dwang nie `n werklike rypwording van die siel beteken nie, omdat elke dwangtoestand teen My wet, teen die Ewige ordening ingaan. Maar met barmhartigheid kan Ek die mense onmeetlik begunstig; En slegs die aanneem van My barmhartigheid bring tot stand dat die geestelike toestand van die mens verbeter; nooit mag `n mens glo dat Ek My skepsele met voorkeur begunstig nie, elkeen ontvang soveel en so dikwels as wat hy begeer.
Maar wie nooit na barmhartigheid verlang nie, wie die aangebode barmhartigheid afwys, bly ook onbekwaam tot elke geestelike strewe, en elke geestelike insig word van hom weerhou. En weer is ook slegs die wil van die mens deurslaggewend of hy werke van liefde wil verrig. Ook dit is beslissend, omdat die liefde hom al barmhartigheid besorg in die ruimste mate, want Ek is al so naby `n liefdevolle mens, dat die wil om hom af te wil wys, nie meer aanwesig is nie en dan benut hy al die barmhartigheid, dit wil sê, — elke hulpmiddel wat Ek hom laat toekom, ervaar hy dan weldadig en hy verset homself nie meer daarteen nie; dit is die wil wat die mens tot liefde aanpor of hom die werksaamheid in liefde belet, en so ook die wil die toevoer van barmhartigheid bepaal, omdat elke weerstand opgegee moet word om sodoende deur die stroom van barmhartigheid geraak te word.
Elke mens kan ryp word wanneer hy wil, omdat hy steeds krag kry wat na hom gestuur word, as hy bereid is om hierdie krag goed te gebruik; en wat vir die een maklik is, kan vir die ander `n sterk selfoorwinning kos, maar steeds net daarom, omdat sy weerstand nog groot is en dit alles die wil van die mens bepaal. Maar Ek sou nooit van die mense in die lewe op aarde `n omvorming van hulle wese vra, wanneer dit onmoontlik sou wees nie en Ek verlang ook nie iets moeilik wat moeilik te vervul sou wees nie. Ek verlang slegs dat hy sy weerstand opgee, waarvoor die wil dus bepalend is; Maar as die weerstand eenmaal opgegee is, dan is al die ander heel maklik, omdat My barmhartigheid nou onophoudelik instroom en alles moontlik maak wat tevore onmoontlik was: Want alles is barmhartigheid wat My medelydende Liefde aanwend om u te help: Elke dag wat u nog op aarde het, is barmhartigheid, barmhartigheid is vir elkeen `n wyse hoe u u lewenskrag korrek sal kan benut, barmhartigheid is vir elkeen `n hulpverlening wat u deur My woord aangebied word, omdat My woord u op hoogte sal hou van My Wil en u lewenstaak aan u oorbring en dat u deur die kennis `n ware lewenswandel sal kan lei en dus tot sielsrypheid kan kom. My Liefde laat u sonder mate barmhartigheid toekom, maar sy dwing nie u wil af nie en daarom sal u wel geluksalig kan word, maar ook eindeloos lank nog in `n ongelukkige toestand bly, tot u tog eens u wil verander het, tot u die weerstand opgee en na My en My Liefde sal verlang.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205