Boek 17 - God skenk Sy barmhartigheid aan die deemoedige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

STRY OF DIEN
B.D. 5913 - 24 Maart 1954
Vergeet nie dat u moet stry - of dien nie: Maar die stryd mag geen stryd wees teen u medemens nie, teen swakkes en weerloses nie - ook nie dat die een teen die ander ten stryde trek om hom te oorwin, terwille van aardse sukses nie. Dit moet `n stryd wees teen u self, teen foute en ondeugde, slegte gewoontes en begeertes. Hierdie stryd is nie maklik nie en sal al u krag verg, maar as u in hierdie stryd die oorwinnaar word, is daar `n heerlike wins vir u beskore.
U kan egter ook `n ander weg kies om hierdie wins te verkry, die weg van die dienende naasteliefde. Sodra u diensbaar word, oorwin u ewe-eens uself, want u verander vrywillig u wese; die krag wat u nodig het om alle foute en ondeugde af te lĂȘ, verwerf u self nou deur werke van liefde en u ontvang barmhartigheid in ruim mate as u diensbaar is in liefde; want u het nou in die eerste plek die hoogmoed oorwin, u het deemoedig geword en kan nou onbeperkte barmhartigheid ontvang; u hoef geen stryd meer teen uself te voer sodra u diensbaar is in liefde nie, want om te dien in liefde is slegs `n ander vorm van stry teen uself, net met dieselfde resultaat, om die oorwinning te behaal oor al die onedele, oor alle begeertes, oor die liefdeloosheid.
Deur stryd, of om te dien, word die verandering van die wese voltrek in die mens, maar om te dien is heelwat makliker as om te stry, en wie vir sy medemens steeds `n broeder is wat diensbaar is, ondervind heelwat minder weerstand as die mens wat homself die selfoorwinning volgens plan ten doel stel. Want van die kant van die medemens word aan hom nie die geduld en liefde betoon wat die eerste vir homself verwerf het deur sy houding teenoor die medemens nie. Daarom staan daar ook:- Stry of dien, omdat diegene wat dien moeilike innerlike gevegte gespaar bly, wat die ander dikwels moet deurstaan.
`n Stryd met die wapens van die liefde het altyd die kans om te slaag en die sterkere is waarlik hy wat in deemoed diensbaar is, want hy bereik vinniger sy doel, omdat hy steeds baie barmhartigheid en krag kry, wat diegene wat stry egter nog moet afbid vir homself; omdat hy anders in die stryd teen homself, die onderspit sal delf. Dit word ook vir hom deur God op sy gebed toegestuur, sodat die verandering van sy wese kan slaag, wat ewenwel eers dan tot stand gebring is, wanneer ook hy in liefde dien - wanneer sy eieliefde na `n harde stryd tot onbaatsugtige naasteliefde geword het, wanneer hy ook nou krag en barmhartigheid bekom het deur die werksaamheid in die liefde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205