BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Wonderwerke van Jesus as kind 5551 Ek wil julle onderrig in alles wat julle helderheid oor verlang, Ek wil dat julle eers die regte kennis het voordat julle jul medemens onderrig, wat die taak is van elkeen van julle wat My wil dien. Ek Wil dat julle alles self sal begryp voordat julle jul kennis oordra, want die ander persoon is dikwels nie baie geduldig nie, hy verlang helderheid, veral wanneer hy twyfel en sodanige helderheid moet julle hom dan ook kan gee. Die probleem van God se menswording in Jesus gee aanleiding tot die meeste vrae, omdat dit tot dusvêr so verklaar is dat dit slegs meer verwarring veroorsaak. My aardse bestaan as mens is geensins te onderskei van die van ander mense nie, behalwe dat Ek in My hart ruimte gelaat het vir die liefde om te groei, terwyl ander hul eieliefde verhoog en “begeer” het, in plaas van “gee”. Die liefdesvonk smeul in elke mens se hart, maar kan in ‘n helder vlam ontbrand, soos wat dit ook gesmoor kan word. Daardeur onderskei die mense hul egter ook van mekaar, want liefde druk die stempel van Goddelikheid op elkeen af, terwyl eieliefde die ewebeeld is van My teenstander, wat homself verhef en daardeur geval het. Die liefde is dus die Goddelike in die mens, wat slegs ‘n baie klein vonkie aan die begin van die aardse lewe is, maar eindeloos kan groei. Die liefdesvonk was reeds herkenbaar in die kindjie Jesus, omdat ‘n ligsiel haar in die kind beliggaam het, Wie inderdaad al God se glorie in die geesteryk agtergelaat het, maar nie Haar liefde nie en die Krag van hierdie liefde het Haarself soms geopenbaar, wanneer die geesvonk kontak maak met die Gees van die Vader van ewigheid, wat met elke liefdevolle kind gebeur. In Jesus moes Sy egter vir die mense duidelik sigbaar wees, sodat hulle aan die Goddelikheid van die kind Jesus sou glo. Die werk van die Gees word nie in so ’n kind verhinder nie, dit verskyn slegs weinig indien ooit, omdat die mens se intellek en vrye wil eers self moet streef na die werk van My Gees en dit gebeur slegs bewustelik wanneer hy oud genoeg is om van sy intellek en wil in vrye denke gebruik te maak. Die verklaring vir die wonderwerke van die kind Jesus, vir die ongewone gebeure, kan slegs in die hoë graad van liefde gevind word, want Jesus se siel het van bo gekom, dit was ‘n Siel van Lig en Liefde wat toe in ‘n menslike vorm gehul was en ook beperk was in Haar tot dan onbeperkte skepping en arbeidsaamheid, om te aanpas by die menslike uiterlike vorm. Die liefde was in ’n groot mate in die kindjie Jesus aanwesig, maar die aards-menslike aard het ook sy wêreldse invloed uitgeoefen, naamlik; Ek en Sy teenstander het ook invloed uitgeoefen op hierdie aards-menslike, omdat dit hom vanweë die wilsbeproewing toegestaan is. En My Gees het toe stilgebly, want selfs die mens Jesus moes hierdie wilstoets aflê en die werk van vergoddeliking van Sy siel moes onder dieselfde voorwaardes plaasvind as met elke ander mens, alhoewel My Gees in Hom was en gebly het deur Sy liefde. Die mens Jesus moes egter die hoogste graad van liefde bereik deur Sy eie wil en daarom het My Gees Haarself tydens hierdie jare terugtrek. Sy het Hom nie aangespoor of gedring nie, Sy het die mens Jesus volle vryheid toegelaat, totdat, as resultaat van Sy intense liefde, die steeds groter wordende oorvloed van My Gees gemanifesteer het as Wysheid en Krag, as buitengewoon groot kennis en wonderwerke. Die mens Jesus was sedert ewigheid vir hierdie taak uitgekies. ‘n Opperste ligwese het neergedaal na die aarde; één van My geluksalig lewende kinders het Sy weg oor die aarde begin en so moes hierdie siel die aardse vorm van die kind Jesus reeds binnedring en al die ongewone dinge wat in Sy jeug gebeur het, was heeltemal natuurlik en begryplik, maar vir mense wat in duisternis lewe, onbegryplik en daarom was in later jare die stralende lig van ’n bekleding voorsien en het die eintlike taak begin, naamlik die vergoddeliking van ‘n aardse mens deur die Liefde. Ek kon weliswaar te alle tye deur My Gees in die mens Jesus werk, omdat alle vereistes daarvoor aanwesig was, maar terwille van die taak van Jesus het al die Goddelik-geestelike teruggetrek en was hierdie taak deur Hom as mens vervul, wat alle krag maar net uit die werksame liefde in Hom verkry, wat vir Hom net so moeilik was om uit te brei as vir enige ander mens, omdat My teenstander waarlik nie sy invloed laat vaar het nie, omdat Jesus se oorwinning sy nederlaag sou beteken. Maar My teenstander kon die vrye Wil van Jesus nie aantas nie en die Wil was geheel en al op My gerig. En daarom slaag Hy met die werk, want Sy keuse vir My het ontstaan uit Sy liefde. Die liefde was die krag wat sterker is as die dood en daarom is ook hy oorwin wie die dood in die wêreld gebring het. Die liefde was die oorwinnaar en sal dit vir ewig bly. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205