BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Seën van geestelike kennis in die hiernamaals 5554 Wat My Gees aan julle openbaar is vir julle geestelike kennis wat julle eendag onsegbaar salig sal maak, wanneer julle in die geesteryk daarmee sal arbei tot seën van almal wat nog onwetend is. Die suiwer Waarheid is selde te vinde by die mense op aarde en daardeur ook nie in die Ryk hierna nie, alvorens die mense nie in ‘n toestand van helder lig gekom het nie. Want lig beteken wysheid en kennis van die suiwer Waarheid. En elke verkeerde gedagte is ‘n skaduwee wat die lig verduister, selfs wanneer ‘n siel reeds vir lig ontvanklik is, totdat die laaste onware gedagte nog nie verwerp is wat die lig tydelik vertroebel nie. Die siel moet haar geheel en al vir die Waarheid oopstel, sy moet die waarheidsgetroue kennis so haar eie maak, dat sy nou self as ligdraer kan werk in die geesteryk. En daarom is dit ‘n onmeetlike genade om met geestelike kennis te kan ingaan in die hiernamaals, want dit is soos die dra van ‘n helder ligkleed wat orals straal en lig versprei. Sy kan nou werksaam wees, deur die onkundiges te leer en onuitspreeklik seënryk te werk waar nog duisternis of skemering is. Want in die geesteryk sal sy ook nog twyfelaars en leuenaars tegemoetkom, wat sy egter deur haar kennis opheldering kan gee. Want die kennis is die resultaat van die openbaringe deur My Gees. Dit het ‘n oortuigingskrag wat min wesens kan weerstaan, tensy hulle sku is vir die Waarheid, omdat hulle aanhangers van die vors van duisternis is. Want sulke wesens sal sulke kennis probeer verhinder, deur sy lig te verdoof, waartoe hulle dink dat hulle daartoe in staat is. En aan sulke wesens kan slegs opheldering gegee word deur ‘n ligdraer wat sy kennis van My af ontvang het. Daarom is daar in My openbaringe, in My Woord wat Ek julle laat toekom, ‘n enorme krag wat ook in staat is om sterk mure af te breek. Want Ek spreek hierdie siele Self aan wanneer Ek deur julle mond praat, wanneer julle in My Wil aan die siele in die duisternis die evangelie verkondig, soos wat julle dit self van My ontvang het. Want dit is die suiwer Waarheid en dit sal ook ‘n siel oortuig wat tot nou toe in valsheid verkeer het. Want sy voel ‘n innerlike vreugde, sy ervaar as’t ware die Waarheid as ‘n weldaad. Die begrip daarvan ontsluit so vir haar en sy kan nie meer twyfel aan dit wat sy, in ‘n sekere sin komend van My, aanneem nie. Die krag van My Woord werk duidelik sigbaar, die siel word plotseling met lig deurstraal en dit waarvoor sy tot nog toe die begrip gemis het, is nou plotseling duidelik en sy neem dit met vreugde aan en so groot as wat die verwarring en ellende is wat dwaalleer kan aanrig, so verblydend en begryplik is die Waarheid. En die Waarheid sal steeds wees waar My Gees kan werk. Dit sal altyd Waarheid wees wat Ek deur My Gees aan die mense openbaar. Daarom, bly bewus van die genade wat julle oordadig ontvang en arbei met hierdie genadegawe, dra My Woord vêrder, bring lig in die duisternis, gee aan almal opheldering, gee hul die Waarheid wat julle van My ontvang het en bly besig tot seën van al diegene wat nog in die duisternis van Gees dwaal. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205