BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Wanneer is suiwer Waarheid gewaarborg deur die werking van die Gees? 5569 Julle kan vol vertroue wees dat die Waarheid aan julle meegedeel is, want God Self, die ewige Waarheid, onderrig julle, soos geskrywe is dat julle, ten einde die Waarheid te ken, deur God geleer moet word. Daarom moet julle nie twyfel, so lank as wat julle die Waarheid begeer en 'n beroep op God Self doen daarvoor nie. En julle sekerste teken is die feit dat julle nie voorheen die geringste kennis gehad het nie, maar dat die kennis wat julle nou het, nie ekstern aan julle meegedeel is nie en tog oortref die diepte en wysheid daarvan alle intellektuele kennis. Julle hoef nie te vrees dat julle onderrig word deur kragte wat nie self die Waarheid ken nie, want God hoor elke oproep en beantwoord dit direk, of deur boodskappers van Lig, wat werk volgens Sy Wil en slegs Goddelike kennis oordra, dus die suiwer Waarheid. Magte wat probeer om verwarring te veroorsaak, is egter ook bedrywig, kragte wat mense beïnvloed wat hulle die reg gee om dit te doen, deur vas te hou aan foutiewe inligting, wat dus nie toelaat dat hulle heeltemal sonder weerstand onderrig word nie. In daardie geval kan leerstellings versprei word wat die Goddelike Waarheid weerspreek. Die geestelike vonk binne 'n persoon is onlosmaaklik gekoppel aan die ewige Vadergees en sy aandeel is die Waarheid, want God Self is die Waarheid. Wanneer julle dus geleer word deur die Goddelike Gees in julle, aanvaar julle kennis wat voortspruit uit julleself, kennis wat julle nooit intellektueel kan bekom het nie. Wanneer julle dus kennis van binne ontvang, wat aan julle helderheid oor geestelike ooreenkomste gee, kennis wat Goddelik-geestelike sake duidelik en logies verduidelik, dan moet daar 'n bron van hierdie kennis in julleself wees, wat nie wetenskaplik verklaar kan word nie, in plaas daarvan is dit die inwonende Goddelik-geestelike vonk self wat deel is van die ewige Godheid en niks anders as die Waarheid kan uit hierdie bron verkry word nie. Tog kan die intellek deur magte beïnvloed word, omdat dit moontlik is vir 'n mens om suiwer intellektueel te probeer om die geestelike realm binne te dring en ook geïnspireer te word, dit is, hy kan beïnvloed word deur omliggende gedagtestrome, wat ook in die geestelike realm ontstaan, maar die realm waar hulle ontstaan het, kan nie beheer word nie. Aardse kennis kan saamsmelt met geestelike uitstralings, 'n persoon se intellek kan op 'n spesifieke manier wil dink en daarvolgens sal die kragte ingryp en hom ondersteun en dan sal daar altyd 'n gevaar bestaan dat die persoon nie van sekere menings of vorige kennis sal wil afsien nie en in plaas daarvan geestelike magte toelaat om in te gryp deur die voortsetting van werk in dieselfde rigting, wat weglei van die Waarheid. Dit moet nooit aanvaar word dat boodskappe van die geestelike realm altyd onder toesig is van 'n hoogstaande ligwese, indien die voorvereistes ontbreek nie, - die suiwer waarheid moet onvoorwaardelik versoek word, wat altyd die uitskakeling van ‘n mens se eie wil vereis. Liefdevolle geestelike Kragte moet altyd by die Goddelike wil inpas en hulle respekteer altyd die mens se vrye wil. Gevolglik, waar 'n persoon se wil nie onbeperkte invloed deur hierdie kragte toelaat nie, mag hulle hulself nie op die voorgrond druk nie, hulle moet 'n persoon se wil respekteer en dit beteken dat hulle nie die kragte, wat ‘n persoon uit eie wil naderroep, toegang mag weier nie. Om vas te hou aan verkeerde inligting bied altyd bose magte die geleentheid om te praat. Om hierdie rede kan selfkritiek nie streng genoeg toegepas word waar dit die suiwer Waarheid betref nie. En julle almal moet deur God onderrig word, God wil Self die suiwer Waarheid aan julle oordra, Hy het Haar aan julle belowe. Daarom, vra God wanneer julle die suiwer Waarheid soek, doen 'n beroep op Hom vir verduideliking, bied Hom jou vrae en oorwegings aan en Hy sal jou waarlik gee waarvoor jy vra. Hy sal die suiwer Waarheid aan julle oordra, direk of deur Boodskappers van Lig, maar dan sal hulle julle altyd volgens Sy Wil onderrig en hulle woorde kan aanvaar word as God se Woord, want hulle is draers van die Lig, draers van die Waarheid van God, dus ook sonder enige dwaling. Roep God aan en Hy sal julle hoor. Sy Woord is Waarheid en enigiets wat nie ooreenstem met hierdie Woord, het nie uit Hom ontstaan nie, selfs al blyk dit vir julle goed te wees. Daar is slegs een Waarheid en dit is God Self. Aangesien die stryd tussen Lig en duisternis egter voortdurend gevoer word, moet julle ook God se teenstander se invloed in ag neem en dus waaksaam wees. Hy kruip in waar hy skuiling kry en probeer om verwarring te veroorsaak. Hy sal altyd probeer om te verneder, te bevraagteken of Jesus Christus en Sy daad van Verlossing sodanig voorstel dat 'n verlossende gevolg sal versuim om te realiseer, sodat die mense geloof sal verloor in die Een sonder wie geen saligheid kan bestaan nie. Dit is waarom hy sal probeer om die beginsels te verwar, selfs waar die wil goed is, maar die volledige toewyding aan God nog nie plaasgevind het nie. Gee al julle liefde, al julle begeertes, al julle twyfel, teenspoed en bekommernisse aan God en Hy sal julle gee wat julle nodig het, Hy sal julle leer en julle die ewige Waarheid inlei, Hy sal julle teen dwaling beskerm en altyd met Sy liefde by julle wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205