BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Uiterlikhede, Seremonies - Ware godsdiens 5571 Soek die kern en verlustig jou nie aan die uiterlike nie. Hoe dringend wil Ek julle mense nie graag op die hart druk nie, naamlik dat alle uiterlikhede julle geen stap verder kan bring nie, dat slegs julle innerlike lewe gewek moet word, dat julle slegs 'n geestelike resultaat sal kan bereik wanneer jul strewe geestelik gerig is. En solank die uiterlikhede nog iets aan julle doen, solank as wat julle julleself nog deur seremonies laat fassineer, solank sal julle nie op jul innerlike gerig kan wees nie. Want wanneer julle jul geestelike oë na binne rig, lyk die uiterlike vir julle soos skaduwees. Julle sluit die oë en wend julle af van uiterlike prag en praal en seremoniële handelinge, omdat julle die ware lig in julle waarneem, wat van My af uitgaan, wat Ek in alle mense aansteek wat waarlik die innerlike nastreef, wat sy beste doen om die regte band met My tot stand te bring, wat nou aan homself werk, wat My ernstig en waaragtig soek. Ek laat My deur hom vind en hy sal dan ook begryp waarom Ek in Gees en in Waarheid aangeroep wil word. Bedink dit tog dat My Ryk nie van hierdie wêreld is nie. Wat dus nog aan hierdie wêreld behoort, is 'n versperring vir die geestelike wêreld, vir My Ryk, waar geen materiële dinge meer bestaan nie. Onthou dat alle materie nog beheer word deur die een wat die wêreld regeer en dat dit sy taak is om aan julle prag en praal, skitterende materie te bied, om My daardeur vir julle te verduister, om julle van die ware geestelike strewe te weerhou. Onthou dat hy homself bedien van al diegene wat nog 'n deel van hom is, om julle in gevaar te bring. Wie ernstig na eenwording met My soek, moet in sy binnekamer gaan en My daar aanroep. Dit wil sê: hy moet homself in die stilte terugtrek en sy denke na binne rig en hy sal My sekerlik vind, terwyl 'n mens moeilik sy gedagtes bymekaar sal kan hou waar die wêreld hom so openlik tegemoet tree, waar die oog ook maar kan kyk en daar geen ware aandag is nie. Ek is nie daar te vinde waar mense My op 'n manier verkondig wat slegs verafgoding is nie, omdat die afgod wat nog alle materie besiel, gehuldig word. My Ryk is nie van hierdie wêreld nie. So duidelik was My Woorde en elkeen wat ernstig daarna streef om na My en My Ryk te kom, kon hulle verstaan en sal hulle ook verstaan. Maar julle sal My Ryk nie in die wêreld vind wat nog aan My teenstander behoort nie. Laat los die uiterlike wanneer julle My op die korrekte wyse wil dien. Bepaal julleself slegs by My leer van liefde, volg haar ywerig na en julle sal My dan so dien dat Ek ‘n welgevalle daaraan sal hê. In alle kerke waar Ek verkondig word, leer julle die basiese leerstellings wat julle na ewige geluksaligheid kan lei. Indien julle dit slegs hoor en dit laat verdwyn, sal dit van weinig nut vir julle wees; maar wanneer julle toelaat dat dit na julle harte deurdring, sal die saad bevrug word en groei en spoedig die hele land, julle hart, bedek met oorvloedige plantegroei. Die lewe sal in julle gewek word en die leer van Christus, My Woord, wat aan julle gepreek was, sal aan julle heerlike vrugte gee as opbrengs. Julle siele sal volmaak word en julle sal op pad wees na volmaaktheid. Daarom kan elke kerk wat My Woord aan julle bring, julle help om volmaaktheid te bereik. Nogtans is die eerste vereiste die aanvaarding van My Woord, wat aan julle gebring moet word waar die leer van Christus, wat aan julle kennis verskaf oor Jesus Christus, die Seun van God en Verlosser van die wêreld, gepredik word. Julle mense kan slegs deur Jesus Christus geluksaligheid bereik. Derhalwe moet julle oor Hom en Sy werk van verlossing ingelig word en aangesien julle slegs deur die vervulling van Sy gebooie van liefde volmaaktheid kan bereik, moet julle in Sy leer onderrig word. Dit is van geen belang waar en hoe hierdie leer aan julle voorgelê word nie, maar dat dit nagekom word, is noodsaaklik. Seën daarom alle verkondigers van My Woord, wat ten doel het om My nader aan mense te bring, wat van My getuig, Wie as Jesus Christus op aarde gewandel het om verlossing aan die mensdom te bring. Alles wat help om mense van My lyding en dood aan die kruis bewus te maak, met My inkarnasie en werk van verlossing, wat help om hulle aan te spoor om soos Jesus te wees, met ‘n lewe van onselfsugtige liefde teenoor hul medemense, wat ook ooreenkomstig My wil is, sal deur My geseën word, welke geestelike beweging ookal daaragter is. Maar wat dit oorskry, wat nie ooreenstem met My leer van liefde nie en as ’n las gevoel word, omdat dit met die vrye wil van die mense inmeng, alles wat My eenvoudige lewe op aarde weerspreek en op ‘n latere datum by My Goddelike gebooie van liefde bygevoeg was, wek My misnoeë en dit is nie geskik vir die onderrig van ware lede van die kerk wat Ek Self op aarde gestig het nie. Want waar die liefde onderrig word, moet sy ook geleef word, dit wil sê, waar daar behoefte of nood is, moet dit verminder word. En hy aan wie Ek materiële rykdom geskenk het, moet dit gebruik in diens van die naasteliefde. Hy moet nood lenig na sy beste vermoë. As hierdie vernaamste gebod geïgnoreer word, kan geen seën verwag word nie, selfs wanneer My leer van liefde gepreek word. Want dan is dit niks meer as leë woorde nie en geen verandering van die hart het plaasgevind nie. Dan het My Woord nog nie na die hart deurgedring nie en het nie lewend in die hart van die persoon geword nie, want dit is die saad wat op klipperige grond geval het en nie kon groei nie. Die ewige lewe in geluksaligheid kan slegs deur liefde bereik word en slegs waar hierdie leer aan mense nadruklik gepredik word, word My Evangelie in Waarheid bekendgemaak. En waar My leer van liefde nou ten volle nageleef word, daar vind die ware godsdiens plaas, wat My verbly en aan julle ongekende seën sal oplewer. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205