BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die teenstander weet dat hy nie meer veel tyd het nie 5572 Die teenwoordige tyd staan onder die invloed van My teenstander, wat tog nie wil sê dat Ek My Mag, My Liefde en Genade nie laat sien nie. Die mense self gee hom geleentheid deur hulle wil, hulle gesindheid, hulle handeling en hulle spraak. Hulle verwyder hulself daardeur van My en kan op die manier nie meer die invloed van My uitstraling van Liefde bespeur nie, waarvan die werking hom van sy invloed kon bevry. Dit is nou die tyd van die einde soos dit geskryf staan en hy weet dat hy nie meer baie tyd oorhet nie. Daarom woed hy baie opvallend en word tog nie deur die mense herken nie en My teenstander stry besonder hard waar daar duidelik na My gestreef word. Dit sal altyd vir julle as mense die verklaring wees wanneer die wat na die geestelike strewe, in konflik raak met hulself, of met hulle omgewing. Die geestelike strewe, dit wil sê, die blik wat julle op My rig, is vir My teenstander ‘n gruwel en vervul hom met haat en vernietigingswoede. Hy bedink die skandelikste planne en die uitwerking daarvan is duidelik onder My kinders te bespeur, onder hulle wat My getrou wil dien, onder hulle wat die lig ontvang en moet uitdra in die wêreld. Want die “Lig” onderbreek hom hinderlik met sy dwaallig, die Lig van Bo steur hom en hy sal Haar graag wil uitdoof. Hy veg vir elke siel wat hy kan verloor en omdat die grootste deel van die mense hom vrywillig volg, is hy vertoornd oor elke siel wat hom herken en haar van hom losmaak. Dit is ‘n verskynsel van die tyd wat slegs begryp sal word deur die mens wat die oorsaak en doel ken van die beëindiging van sy aardse periode, wat weet van die stryd tussen Lig en duisternis en van die nabye einde. En hoe nader die einde kom, des te heftiger sal hy woed en verwarring stig onder die mense. Vir hom is elke lis en elke leuen goed, hy gebruik alle wapens gewetenloos, selfs wanneer hy vir die siel teen wie hy veg, die dood bring. Hy sal onder ‘n masker optree en dikwels moeilik herkenbaar wees, hy sal ook onder hulle wat Myne is, verskyn en hulle met alle misleiding deur sy masker laat mislei. En Ek verhinder hom nie daarin nie, want tot aan die einde van die wêreld het hy mag en krag en kan hy dit ook beproef. Maar in gelyke mate staan Ek ook gereed met My genadegawes wat, wanneer dit maar benut word, die oorwinning oor hom sal behaal op die dag van die oordeel. Wat lank tevore aan julle verkondig was, moet ook vervul word en daartoe behoort ook die woede van Satan gedurende die laaste tyd voor die einde. Tog is daar vir julle almal altyd ‘n weg wat uit die chaos voer, daar bly vir julle ‘n toevlugsoord oor waarheen julle kan vlug voor elke gevaar. Kom almal na My toe wanneer julle belas en belaai is en Ek sal julle verkwik. Bring al julle leed, julle bang vrae, julle angste, sorge en vertwyfeling na My toe, Ek staan altyd en oral vir julle gereed. Ek sal julle altyd bystaan en krag gee wanneer julle swak is en Ek sal julle uit die nood van julle siele wegneem. Want die wat My ernstig soek, hoef nie te vrees om in die hande van My teenstander te val nie, omdat Ek reeds by hom is wanneer hy na My verlang. Nog ‘n kort tydjie en die vlam van die wêreldbrand wat My teenstander sal ontsteek om homself in die gloed te verberg, sal hoog oplaai. Sy tyd het nog nie ten einde geloop nie, dus is hy nog druk besig en benut hy die tyd goed. Maar dit sal beëindig word wanneer Ek dit wil, want Ek is waarlik Gebieder oor hemel en aarde, oor die goeie en slegte geesteswêreld en niks kan geskied sonder My wil of toelating nie. So is dit My wil dat hy vir ‘n duisend jaar lank gekluister sal word, dat die mag en invloed oor die menslike geslag hom vir ‘n tyd ontneem sal word. Dit is My wil dat daar eenmaal weer vrede sal kom onder die mense en dat hulle wat hulself as Myne laat ken, verlos kan word van sy gewelddadige invloed. Dit is My Wil dat hulle wat Myne is, die oorwinning oor hom behaal, dus sal Ek hulle ook nie in die tyd van die hewigste stryd verlaat nie en Ek sal hulle steeds naby wees en nie toelaat dat hulle bo hulle kragte verdruk word deur hom nie. Ek wil graag steeds by julle wees, dit wil sê, julle moet ondanks alle aanvegtinge van sy kant af, altyd in die liefde volhard, omdat Ek Self dan by julle kan wees en hy van julle moet wyk, wie hy nou beslis aan My verloor het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205