BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe 5309 “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe”. Die Waarheid het van My uitgegaan, deur die Waarheid wys Ek julle die korrekte Weg en Sy lei na die Lewe, na die ewige geluksaligheid. Daar bestaan geen tweede weg buite die Waarheid nie, daar is geen tweede lewe buite My nie en daar is slegs Een wat julle die lewe kan belowe en Wie dit vir julle aan die kruis verwerf het. Ek het geleef en gestry vir die Waarheid en Ek het ‘n smartlike dood gesterf vir die enigste Waarheid, sodat elkeen van julle Haar kan insien wanneer hy in My glo. My Weg is maklik om te gaan deur die een wat van goeie wil is. Ek het julle vooruitgegaan, dit is die Weg van die liefde wat nooit faal nie en wat ook na die insig van die Waarheid lei. Omdat Ek maar slegs die liefde predik, het Ek julle voortdurend die Weg getoon; omdat Ek Self die leer uitgeleef het, kon Ek ook die suiwer Waarheid verkondig, want in My was alles lig en helder, Ek was van altyd op hoogte en kon derhalwe ook aan julle die korrekte kennis oorbring. Julle sal egter die Waarheid slegs van My kan ontvang, omdat Sy van My uitgegaan het en Sy daarom ook weer na My teruggevoer word. Wie die Waarheid wil besit, moet Haar met aandrang van My, Wie Self die ewige Waarheid is, vra. Sonder My sal julle in geestelike duisternis bly en ‘n verkeerde weg gaan, ‘n weg wat na benede lei. Julle weet dat Ek ‘n teenstander het wat wil verniel waar Ek opbou, wat die lig wil uitdoof, wat die duisternis wil uitsprei oor die mense, sodat hulle My nie kan herken nie. Hierdie teenstander probeer alles om oor die Weg na My, na die Ewige Lewe, ‘n rookgordyn te lê sodat dit nie gevind sal word nie. Hierdie teenstander is ‘n vyand van die Waarheid, soos hy ook ‘n vyand van My is, want die Waarheid onthul sy planne, sy aktiwiteite en sy wese, wat te verafsku is. Gevolglik val hy die Waarheid aan en sal sy inspanning steeds daarop gerig wees om My vir die mense onherkenbaar te maak. Hy sal My teenwerk waar hy ookal kan. Hy is die Antichris, wat vir geen enkele daad terugdeins om die mense teen My te laat draai nie. Die Antichris is in die eerste plek aan die werk teen die Waarheid. Daaruit kan mens die gevolgtrekking maak dat die suiwer Waarheid steeds bestry sal word, dat die verdedigers van die suiwer Waarheid aangevat sal word, terwyl die dienaars van die Antichris erken sal word as “verkondigers van die waarheid” en massas mense sal agter hom staan en die draers van die Waarheid sal steeds meer geïsoleerd raak, omdat daar voortdurend teen hulle opgetree sal word. Die Weg na die Waarheid is smal en dit word slegs deur weiniges begaan. Die meeste mense gaan oor breë paaie en dit moet alreeds vir julle ‘n bewys wees van wie hierdie massas aanvoer. Wie My wil navolg op die smal Weg van die Waarheid, sal nie baie geselskap hê nie, want die meeste verafsku die moeisame Weg. Ek is egter die Liefde en wie My navolg, moet ook die liefde in hom hê en dan is die Weg vir hom lig en duidelik en hy sal onbekommerd oor die moeilike pad gaan, want Ek is die Doel en die Ewige Lewe. Soek nie die Waarheid daar waar die massas is nie. Ek het My weg op aarde gegaan en was steeds alleen en deur weiniges omring, terwyl die meeste mense afkeurend gestaan het teenoor My, omdat Ek vir hulle die Waarheid gebring het en dit vir hulle onaangenaam was; omdat My teenstander agter die massas gestaan het en teen die Waarheid te kere gegaan het en steeds maar daarteen sal stry waar hy ookal kan. Wie egter in die Waarheid vasstaan, sien sy manier van doen in en dit sal hom nooit van stryk bring nie want sodra hy My navolg, gaan hy die korrekte Weg en hy sal lewe tot in ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205