BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

God verdoem nie, inteendeel, Hy wil verlos 5593 Ek verdoem nie die mense nie en stoot nie die siele in die duisternis nie, veeleer stuur hulle self af op die diepte, hulle spreek self die oordeel oor hulle uit deur hul lewenswandel, wat so is dat die vors van duisternis besit van hulle kan neem en hulle na benede trek na sy gebied. Ek is ‘n God van Liefde en met al hierdie siele het Ek medelye, omdat My grondbeginsel is: Om alles wat eens uit My voortgekom het, gelukkig te maak. Ek sien hul nood, Ek sien hul deerniswekkende toestand en sou hulle graag wou help; maar solank hulle hulself van My afwend, solank as wat hulle nie bereid is om hulle deur My te laat help nie, hou My teenstander hulle vas in sy mag, want hulle wil hom die reg daartoe gee, soos wat die teenoorgestelde wil My die reg sou gee om hulle op te help omhoog. Ek vergewe elke mens sy skuld, ofskoon Ek as ‘n God van Geregtigheid ‘n vereffening, ‘n genoegdoening verlang. Maar My Liefde vol erbarming het vir alle sondaars die moontlikheid geskep om hul sondeskuld kwyt te raak, My Liefde vol erbarming het die sondeskuld van almal op Homself geneem en het die boete betaal deur die offerdood aan die kruis. En tog is daar vir elke siel die keuse gelaat om daarvan gebruik te maak, omdat Ek haar ‘n vrye wil gegee het, wat Ek nooit sal aantas nie. Maar dit is die vrye wil wat haar, indien dit verkeerd gerig is, haar in die verdoemenis stort, in ‘n toestand wat so smartlik is, dat dit gelyk is aan die vreeslikste opsluiting in ‘n kerker en waarvan sy dink dat dit deur My opgelê is en My daarom aansien as ‘n wrekende en bestraffende God, Wie haar van Homself afgestoot het na die duisternis. Die siel skep vir haarself haar lot, want wat sy is en waar sy is, is ‘n toestand wat in vrye wil nagestreef is, wat ook alleen maar verander kan word deur haar eie wil, maar wat ook onmiddellik verbeter word, wanneer die siel haar denke op My rig. My Liefde gryp elke siel vas en help haar omhoog, wanneer sy die hoëre nastreef, dus op My wil afstuur. Ek is wel ‘n God van geregtigheid, maar wat Ek vra as teenprestasie, as kompensasie vir die sondeskuld van die opstand van weleer teen My, is slegs die erkenning van My verlossingswerk, dus die erkenning van Jesus as God se Seun. Soos wat die geeste hulle eens van My afgewend en geval het, so moet hulle hulself weer na My wend in Jesus om hoër te klim. Ek verlang slegs erkenning van Sy Goddelikheid, omdat Ek dan Self erken word, Hy wat My in die mens Jesus beliggaam het op aarde, om dit aan die mense, wie eens geestelik van My afvallig geraak het, te vergemaklik om die vroeëre sonde weer goed te maak. Die mense is vêr van My af, die mense is dus die geeste wat eiewillig van My weggegaan het; Ek het nie die geeste verdoem nie, maar hulle het in vrye wil op die diepte afgestuur, waaruit Ek hulle weer omhoog wil bring, maar hulle nie teen hul vrye wil in ‘n ander sfeer kan verplaas nie: Ek was en is en bly ewig die God van Liefde en selfs My geregtigheid word deur My Liefde vol erbarming oortref, Hy wat ‘n weg gesoek het om die Geregtigheid voldoening te verskaf en tog die skepsele tegemoet kom, sodat hulle Hom weer kon nader, wanneer hulle die wil daartoe het. En My Liefde sal Haarself ewig inspan om die siele uit die diepte te verlos wat self verdwaald is; My Liefde sal vir ewig ‘n helpende Hand na hom uitsteek, Wie maar net vasgegryp hoef te word om uit die diepte te kan ontvlug, want Ek is geen bestraffende, geen verdoemende God nie. Ek is ‘n God van Liefde en Barmhartigheid, Wie ewig maar net hulle gelukkig wil maak wat eens uit Sy Liefde voortgekom het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205