BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Satan se wese, sy val en verlossing 5610 Die ontsaglike verre verwydering van die een wat hom eens teen My, die alles lewegewende Krag, verhef het, het ook die uitwerking van sy krag enorm verklein. En so het die gees, wat eens vol lewe en krag was, homself van hierdie krag beroof en homself uiteindelik tot die hardste substansie gevorm, omdat die geestelike substansie verhard word wanneer dit deur hierdie eindelose verre verwydering van My, nie meer aangeraak word deur die krag van My Liefde nie. Die gebeure rondom die verharding van geestelike substansie is sinoniem aan die ontstaan van aardse materie, wat deur My Wil gevorm is. Die hele skepping is basies so ‘n verharde substansie, naamlik geestelike krag wat eens van My uitgegaan het, wat egter wesenlik as iets hoogs volmaak van My uitgegaan het. Dit wese was in sy volmaaktheid voortdurend deurstraal met die krag van My Liefde en was daardeur in staat, net soos Ek, om onbeperk te skep en te werk. Ek is die Oerbron van alle krag en alles wat bestaan is afhanklik van hierdie bron van krag. Daar bestaan niks buiten My wat selfstandig oor krag beskik nie en 'n losmaking van My en My Krag beteken dus ook algehele vergaan, omdat daar van geen enkele ander kant 'n toevoer van krag moontlik sou wees nie. Skeiding van My is egter ook onmoontlik, omdat My Krag vir ewig nie kan vergaan en ook ewiglik nie deelbaar is nie. Maar wat uit My Krag tevoorskyn gekom het, was in staat om hulself op ‘n oneindige verre afstand te hou en die afstand beteken dat die krag sy effek verloor, dus bly die vêr verwyderde substansie bewegingloos en gekompakteer in soliede substansie, in materie, wat dus verharde geestelike substansie is, sonder die kapasiteit om aktief te wees, omdat dit die uitstralingsgebied van My Krag van liefde verlaat het. Dit is dus die lot van die gees wat van My afgeval het, wat op die vêrste afstand van My staan en tog ewig onverganklik is. Basies is hy egter nietemin iets wesenlik wat eens in staat was om tot die hoogste graad te dink, wat insig en ’n vrye wil gehad het en tog deur sy val, al hierdie bewyse van Goddelikheid verloor het. Deur My wil het hierdie geestelike wese opgelos in tallose klein deeltjies wat geleidelik weer saamgekom het, nadat hulle ‘n bepaalde graad van rypheid of loutering deur middel van ‘n helende proses bereik het, wat Ek as suksesvol erken. Dus kluister Ek die wesenlike geeste wat eens vry geskape was deur My eersgeskape wese se wil met die gebruikmaking van My Krag. Maar wat het van hierdie eersgeskape wese geword? Sedert sy val dwaal hierdie wese heen en weer as kragvonk en probeer sy oorblywende krag te gebruik om alles aan te straal wat My wil van hom af weggeneem het, maar nie om dit tot lewe te bring nie, maar om sy eie krag te vergroot, sodat hy My kan oortref, dit wil sê, My Krag. Die geestelike substansie wat deur My wil gekluister is, reageer nie op hierdie lig nie, juis omdat dit eenvoudig nie lewe gee nie. Maar sodra dit weer tot wese geword het, na ‘n oneindige lang weg deur die skepping, wanneer die individuele klein deeltjies hulle weer versamel het en as ‘n eenheid hulleself in ‘n menslike vorm beliggaam het en daardeur sy selfbewussyn herwin het, sal dit weer reageer op die pogings van die eersgeskape wese, naamlik die gees wat My vyandiggesind is. Hulle laat self toe dat hulle deur sy vonk verblind word, maar hierdie vonk verlig nie, inteendeel is dit slegs ‘n bedrieglike lig wat die oog verblind om hulle so heeltemal te verduister, aangesien sy krag ondoeltreffend geword het a.g.v. sy val en die oneindige groot afstand van My. Maar sy wese bly, hy het nie sy selfbewussyn verloor nie en daarom kan hy ook nog eweneens selfbewuste wesens beïnvloed, dus kan sy wese die mens deurdring en word nie beperk tot slegs één mens nie. Daarom kan hy sy invloed uitoefen waar die mense opsetlik na hom toe draai deur hul geaardheid en so sy krag deur eenstemmigheid met hulle verhoog. Hy gebruik sy oorblywende krag slegs om teen My te werk, hy probeer voortdurend om homself, met behulp van mense wat hulself aan hom oorgee, te verhoog. Dus is hierdie gees van verset baie duidelik aktief, hy is ook in staat om ‘n persoon duidelik te oorheers, maar slegs solank die persoon nog sy wilstoets moet ondergaan op aarde. Wanneer hy sy doel bereik het, naamlik om mense vir homself oor te wen, dan het hy nietemin slegs die verharding van die geestelike substansie weer aangehelp en so verbeur hy weer sy krag, sodat hy self ook heeltemal leweloos word, sodra hy nie meer aan mense kan vasklamp wat hom van hul lewenskrag voorsien nie. En dit is die geval wanneer ‘n Verlossingsperiode sy einde nader, wanneer hy die meerderheid van die mense in die diepte afgetrek het en die ander ten volle toegewyd is aan My. Dan is hy self van sy krag beroof, dan is hy ook in 'n gekluisterde toestand. Hy bly dan in kettings totdat hy weer by mense dieselfde pogings kan onderneem, totdat die mense self weer in die toestand beland dat hulle sy krag versterk, tot hulle as’t ware self sy kettings losmaak deur hul verkeerde wil wat weer op die materie gerig word, wat weer die wil van My teenstander volg en dus so sy magsposisie weereens verbeter, wat in elke verlossingsperiode steeds duideliker word, hoe nader dit aan die einde kom. Daarom sal elke verlossingsperiode met vrede en harmonie, met 'n ware paradys op aarde, begin en eindig met sataniese werksaamheid, totdat selfs die laaste wese van My teenstander weggeneem is, totdat hy self so kragteloos sal wees dat hy na krag uit My sal verlang, totdat hy self na My sal terugkeer in sy Vaderhuis wat hy eens vrywillig verlaat het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205