BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Eersgeskape wese – Draer van die lig – afval van God 5612 Julle menslike verstand kan slegs tot ‘n sekere graad hierdie diepe Waarheid begryp, want die suiwer geestelike kan maar net geestelik verklaar word. Hierdie verklaring sal deur die gees in julle aangeneem word en sal ook wel deur die siel tot die verstand gelei kan word, maar julle verstand is aards nog te veel belas en kan gevolglik nie diep in die geestelike kennis binnedring, sodat alles vir julle duidelik kan wees nie. Desondanks werk My Gees deur die geesvonk in julle en wie in die liefde leef, sal ook die bedoeling begryp van wat Ek aan hom openbaar. My wil om vorm te gee was baie groot en My Krag was onuitputlik en Ek het My vreugde gevind in die verwerkliking van My gedagtes en planne en hierdie geluksaligheid wou Ek weggee en My Liefde wou dit uitstort. Ek wou dat buite My nog ‘n wese homself sou verheug oor dit wat My so onuitspreeklik gelukkig gemaak het. Ek het my alleen-gevoel as ‘n tekort ervaar wat Ek te enige tyd kon ophef as Ek wou. En Ek wou Myself terugvind in ‘n wese wat ten nouste met My verbonde sou wees en wat Ek as ‘n spieëlbeeld van Myself, as My ewebeeld wou vorm, om vir hierdie wese onbegrensde geluksalighede te berei en so ook My saligheid weer te verhoog. Ek wou so ‘n wese skep en hierdie wil was voldoende, want My Wil was krag en het steeds in Liefde en Wysheid gewerk. Die wese wat uit My voortgekom het, was weliswaar My ewebeeld, maar kon My nie sien nie, want as dit moontlik was, sou hy vergaan het van saligheid, omdat geen wese My aanblik kan verdra nie. Want elke wese, ook die mees volmaakte beeld van Myself, het maar net voortgekom deur die krag van My Liefde, terwyl Ek hierdie Liefdeskrag Self is en in onvergelyklike sterkte alles in glans oortref. Daarom was Ek vir die wese wat deur My geskape is, ook nie te aanskou nie, maar het Ek vir My in daardie wese ‘n opnamehouer geskape waarin die krag van My Liefde onafgebroke kon binnestroom. ‘n Wese wat dus ook My wil tot formeer, My mag, My Wysheid en My Liefde in oormaat van My kon ontvang deur die konstante binnestroom van die krag uit My. Hy kon dus nou dieselfde saligheid ondervind, hy kon sy krag weggee volgens sy wil, hy kon skeppend werksaam wees tot sy eie vreugde en sy saligheid geleidelik verhoog, omdat My Krag hierdie wese daartoe in staat gestel het. En Ek het genoeë gehad met sy geluk. En toe kom daar uit hierdie wese tallose gelyke wesens voort. Hulle was almal kinders van My Liefde en het in die helderste lig en hoogste volmaaktheid gestaan. Want vanuit die deur My geskape ewebeeld van Myself en deur My oneindige liefde, kon altyd maar net die volmaakte voortkom, omdat beide van Ons Wil gelyk was en beide Ons liefde in hierdie geskape wesens voorgekom het en daar gevolglik ook niks onvolmaak bestaan het, solank My Liefde en My Wil aan die werk was deur die eersgeskape wese nie. Dit was ‘n vreugdevolle geesteswêreld van oergeskape geeste in groot getalle. Die krag uit My het die wese onbeperk toegestroom wie Ek vir My uitverkies het om draer te wees van lig en krag. Die wese self was meer as gelukkig, maar Ek wou hierdie geluksaligheid ook nog verhoog. Ek wou dat hy nie aan My Wil gebonde moes wees nie, maar dat hy uit eie wil werksaam sou wees en dat die wese dan volmaak sou bly, wat ook My wil was. Want die wese was, toe hy deur My geskape was, tot geen ander wil in staat nie. Ek wou egter dat hy vry as heer en meester kon handel, omdat dit die kenmerk is van ‘n goddelike wese en dat die liefde in hom so magtig moes wees dat dit beslissend sou wees vir ‘n met My gelykgerigte wil. Hierdie liefde wou Ek van My eersgeskape wese ontvang, Wie dan ook tegelykertyd die hoogste volmaaktheid aan hierdie wese sou bring. Daardeur sou hy nie meer as ‘n geskape wese volgens My Wil werk nie, maar vanuit liefde in My Wil binnegaan om sodoende onbegrensde salighede te geniet. Om egter hierdie wils- en liefdesproef te kon aflê, moes hy homself in volledige vryheid van wil kon beweeg. Hierdie wese kon My nie sien nie, maar het My geken, want hy het in die “lig van die Waarheid” gestaan. Hy het egter ook die tallose wesens gesien wat sy wil laat ontstaan het en homself as hul verwekker gereken, ofskoon hy geweet het dat hy die krag van My ontvang het. Maar die wese het My die krag beny. Terwyl hy self sigbaar was vir die wesens wat deur hom geskape was, was hy tog bewus daarvan dat hulle van My uitgegaan het. Maar hy het die reg vir homself opgeëis om te heers oor hierdie wesens, terwyl hy homself aan hulle as kragbron, as die enigste mag wat kon skep, aangebied het. Hy het as’t ware die liefde vir My opgegee om te kon heers. Dit is vir julle mense onbegryplik dat ‘n wese wat in homself wetend was, in so ‘n foutiewe denke kon verdwaal. Die verklaring hiervoor is die vrye wil, wat, om werksaam te kon word, ook negatief moes kon kies, maar nie nodig gehad het om so te kies nie. Die lig- en kragdraer het die bewys van die krag wat hom deurstroom het, eensydig gesien, dog die Kragbron Self het hy nie gesien nie. Daarom het hy homself verhef tot heerser oor sy geskape geeste en ook probeer om hulle die idee te gee dat Ek nie bestaan nie. Hy het probeer om sy wil, wat nou van My afgewend was, op hulle oor te dra. En toe het die oomblik van beslissing gekom vir die wesens wat met die hulp van My Krag deur die ligdraer geskape was, die bewys van hulle volmaaktheid. My Krag was in al hierdie wesens aanwesig, hulle was vol lig en het gestraal van liefde vir My, Wie hulle nie kon sien nie, maar tog herken het. Maar hulle was ook hul verwekker in liefde toegedaan, omdat die krag wat hulle verwek het, liefde was wat deur die eersgeskape wese gestroom het en wat hom tot skepping in staat gestel het. Hierdie liefde moes nou kies en het uiteengeval. Daar het ‘n heillose verwarring onder die geeste ontstaan wat hulleself gedwonge laat voel het om ‘n keuse te maak. Maar dit was ook weer begryplik, omdat die krag van My Liefde as lig gewerk het, dat die drang tot die Oerbron van die krag by vele wesens sterker was as die liefde vir hom, wie hulle van My probeer skei het; die liefde het toe sterk afgeneem en hulle het hulself met groot krag op My gerig. Want die lig in hulle het aan hulle die insig gegee dat Ek die Liefde van ewigheid was. Al die wesens het wel daardie besef gehad, maar ook die vrye wil wat nie deur hierdie insig gebonde was nie, anders sou hy onvry gewees het. En so het die geestelike wêreld verdeel en die wese wat uit My voortgekom het, sy aanhang gehad, net soos Ekself, ofskoon Ek nie sigbaar was nie. Die krag uit My het egter so sterk gewerk dat vele wesens hulle afgewend het van hom wat homself teen My wil verset het. Hulle wou in die regte rigting bly gaan, terwyl die ligdraer en sy aanhang hulle wil die verkeerde rigting gegee het en hulleself aldus met hul wil van My losgemaak het en dit die val in die diepte beteken het. Sodoende het die ligdraer, die wese wat uit My voortgekom het, My teenstander geword, terwyl die wat uit hom voortgekom het, geskape deur beide Ons liefdeswil, hulle deels na My en deels na hom gewend het, namate die liefdesgloed waarvan hulle vervul was. Want vanaf die oomblik dat die ligdraer homself van My afgewend het, het daar in die wesens ‘n onbestemde verlange na ‘n vaste pool ontstaan. Die vrye wil het homself begin ontwikkel, want hulle was nóg deur My, nóg deur My teenstander dwangmatig beïnvloed, maar slegs bestraal deur albei van Ons se krag, wat alle wesens vir hulself wou wen. Die stroom van My Krag was slegs liefde en dit het hierdie wesens so geweldig aangeraak, dat hulle My herken het sonder om My te sien. Hulle kon egter ook die verandering van wil van My eersgeskape wese herken. Maar omdat hulle die wese kon sien, het baie hom nagevolg en hulle wil aan sy wil onderwerp en My sodoende die rug toegekeer. Dog het ook baie oergeskape wesens hulleself as My kinders beskou en hulle het My uit vrye wil trou gebly, maar hulle was slegs baie minder in getal. Dit was die eersgeskape wesens wat ontstaan het, wat die meer salige uitinge was van My Ligdraer se wil om vorm te gee en wat die onmeetlike toestromende liefdeskrag van My was. En hierdie liefdeskrag was ook deel van hierdie wesens en het hulle onophoudelik na My gedryf. Hulle het besef dat die wil van hul verwekker op daardie stadium verkeerd was en hulle het hulleself daarom van hom afgewend. Hierdie insig sou ook vir die ander wesens moontlik gewees het, maar hulle het hom, vir wie hulle kon sien, blindelings gevolg. En hulle wil was gerespekteer en op geen enkele manier deur My beïnvloed nie, want die wilsbesluit moes plaasvind om die geskapene tot selfstandige volmaaktheid te voer. Die wese wat My verlaat het, het sy groot aanhang saam met hom in die diepte ingetrek. Want om hulleself van My te verwyder, het beteken om op die diepte af te stuur, ‘n totaal teenoorgestelde toestand tegemoet te gaan, wat dus duisternis, kragteloosheid en gebrek aan insig beteken het. Daarenteen het My kinders in die helderste lig en in onmeetlike krag en saligheid gebly. Na hierdie val van Lucifer, die ligdraer, was sy krag gebreek. Hy kon nie meer langer skeppend en vormend besig wees nie, hoewel Ek hom nie alle krag ontneem het nie, omdat hy My skepsel was. Sy mag en krag was nou sy aanhang, waaroor hy geheers het as “vors van die duisternis”. Maar tog is hulle, wat hom gevolg het, ook produkte van My Liefde, wat Ek nie vir ewig aan My teenstander sal oorlaat nie. Solank hierdie wesens nog sy wil in hulle dra, behoort hulle aan hom. Dog sodra Ek sou slaag om hulle wil tot My te keer, sal hy hulle verloor het. Sy krag sal dan in gelyke mate afneem soos wat Ek diegene wat van hom afhanklik was, verlos het uit sy mag, wat egter steeds die vrye wil van die geskape wesens vereis het. En dit is die doel van My heilsplan van ewigheid, wat deur alle bewoners van die ligryk, deur My engele en aartsengele, vol ywer en vol liefde ondersteun word. Want hulle is almal My medewerkers wat moeite doen om hul gevalle broeders en susters die saligheid terug te gee wat hulle eens verwerp het. En die bevrydingswerk sal slaag, ofskoon dit ewige lang tye vereis tot die laaste, eens gevallene na My sal terugkeer. Tot ook die eerste wese wat uit My Liefde voortgekom het, My weer sal naderkom in verlange na My Liefde, totdat ook hy berouvol na die Vaderhuis sal terugkeer wat hy eens vrywillig verlaat het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205