BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geluksalige lot en werksaamheid in die geestelike ryk 5624 'n Waarlik geluksalige lot wag op julle, wanneer julle met ryklik geseënde geestelike goedere die ryk hierna sal ingaan. Julle sal dan direk met take kan begin wat julle gelukkig maak. Julle sal 'n oorvloed van krag ervaar en ander verder wil lei, omdat julle ook sal weet dat daar wesens is wat heeltemal kragteloos is en wie julle sal kan help. En julle wil sal op hierdie ongelukkige wesens gerig wees. En nou begin julle eintlike effektiwiteit, naamlik om gekluisterde, ongelukkige siele te verlos, deurdat julle hulle die geestelike goedere wat julle besit, tot hul beskikking sal stel, deurdat julle sal werk met die skatte wat julle op aarde deur 'n lewe in liefde verwerf het. Julle sal krag in oorvloed besit en julle sal die kwelling van die kragtelose siele sien. Want julle oë sal oopgemaak wees vir die lot van diegene wat in duisternis verkeer. Julle sal hulle kan sien in hul ongelukkige toestand. Julle sal julle by hulle kan aansluit, maar sonder om deur hulle herken te word as behorende tot 'n ander sfeer. Julle wil om te help sal alles oorheersend word in julle. Met volharding en liefde sal julle probeer om hierdie siele aan te spoor om aan hulself te werk en die krag daarvoor te verwerf deur die liefde. Alreeds sal die wil van 'n siel om die eweneens lydende siele by te staan, vir haar krag oplewer. En om hierdie wil aan te spoor, sal julle onophoudelike strewe wees, omdat julle hulle nie anders sal kan help, wanneer hulle hul wil daarteen verset nie. Maar daar sal steeds nuwe krag na julle toevloei en julle sal daarom nie julle verlossende arbeid weerhou nie. Julle almal het noue bande met siele wat julle sal kan bystaan en sal maak julle gelukkig dit om te kan uitdeel en daardeur steeds nuwe krag te ontvang, sodat julle steeds deur die helder lig omstraal sal word om hierdie lig verder te kan deurgee, na waar julle liefde julle sal aanspoor om hulp te bied. Dit is nie nodig om die eintlike werksaamheid vir julle mense uit te lê nie, maar geen siel is passief wat in die lig staan en dus geestelike rykdom vir ander kan laat sien nie. Die aaneensluiting met wesens met dieselfde graad van lig vergroot haar krag om te help en gesamentlik kan sy haarself aan hul verlossingswerk wy om ook moeilike redding te verrig, waarvoor die krag van 'n enkele siel nog nie toereikend is nie. Wat sy op aarde verwerf het aan geestelike goedere, neem in die geestelike ryk steeds meer toe. Want sy deel daarvan uit en ontvang steeds meer, hoe meer sy gee. 'n Omvangryke kennis sal haar vervul en kennis is lig. Daarom vrees sy ook nie die duisternis nie, omdat sy steeds lig kan uitstraal wanneer sy dit wil. Maar vir die siele van die duisternis bly die volheid van hul lig verborge, totdat hulle self na lig begin verlang, maar die ligsiel sien egter alles. Vir haar is die duisternis geen gevaar en geen verskrikking nie. Slegs 'n medelydende liefde vervul haar, wanneer sy die kragtelose siele sien wat hulself nie uit hul ongelukkige toestand kan bevry nie. En waar liefde is, is ook redding. Daarom word die lig onophoudelik die duisternis ingebring en word die siele solank bewerk met liefde en geduld, totdat hulle probeer om te verander, totdat hulle self wil om ook lig te ontvang. Dan is die reddingswerk suksesvol, want nou kan daar aan die siel gebring word wat haar ontbreek. Die ligsiel kan uitdeel en sy sal des te gelukkiger wees, hoe meer gewillig haar hulp aangeneem word, want sy lei die siele na God, wie vir Hom al vir so lank verlore was, terwyl hulle in duisternis gesmag het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205