BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Liefde is die sleutel tot die geesteryk 5314 Julle sal slegs in staat wees om My deur die liefde te verstaan. Daar is geen ander manier om My te wen nie, geen ander manier om My te herken nie, slegs deur die liefde. So het jy nou die sleutel wat die deur van My hart oopmaak vir jou, die hek na die geestelike koninkryk, na die Huis van jou Vader. Sonder hierdie sleutel sal alle toegang geblokkeer bly, alles wat My Liefde, Wysheid en Almag geskep het in die geestelike koninkryk sal vir jou verborge bly, sonder hierdie sleutel sal alle kennis van die Waarheid verborge bly, sal jy gebrek ly aan al die Goddelike Wysheid, want sonder liefde sal jy verswelg word deur die duisternis, aangesien slegs liefde jou lig sal gee, jou dus sal lei tot verwesenliking. Jy sal ongelooflik magtig wees as jy ag sal slaan op My Woorde en 'n lewe van liefde lei, want liefde is ook krag en niks sal vir jou onmoontlik wees as jy jou wese tot liefde sou verander nie. Dus gee Ek jou met hierdie Woorde die belofte van 'n oorvloed van lig en krag, van geluksaligheid, deur die invloei van My Vaderlike liefde, as jy net self deur dade van liefde met My verenig, as jy net My Liefde vir jou beantwoord. Jy glo egter nie My Woorde nie, anders sou jy daarna gestrewe het om 'n lewe van liefde te leef. Hoekom stel jy dit nie op die proef nie? Laat staan alle selfsugtige liefde, kyk rondom jou en waar jy ookal swaarkry sien, probeer hulp gee, waar jy mense sien ly aan fisiese of sielkundige kwale, probeer om hulle te genees, gee aan hulle aards en geestelik wat hulle nodig het, gee hulle kos en drank en gee jou besittings weg as jy sodoende die swaarkry van behoeftige mense kan verlig. Probeer dit en jy sal die Waarheid van My Woord ervaar, jy sal groei in krag en lig, jy sal uitstyg bo jou eie aardse lyding, niks sal jou raak wat voorheen gelyk het of dit jou gaan onderkry nie, jy sal die krag van die liefde in jou voel en die geluk van jou vereniging met My. Wat jy tot stand bring met elke daad van liefde sal jou duisendvoudig vergoed vir wat jy weggegee het. Jy sal My herken en voel hoe My hand jou vashou, jy sal voel hoe die krag van My Liefde in jou vloei en geestelik helder verlig, sal jy in staat wees om te hoor en te sien wat andersins vir julle mense weggesteek is. Ondergaan die toets en glo My Woord, doen die liefde en jy sal My wen en nooit ooit weer verloor nie, glo My, want Ek sal jou waarlik nie verkeerd onderrig nie. Ek wil hê dat jy gelukkig moet wees en aangesien slegs die liefde in staat is om jou te verander in ‘n gelukkige mens, moedig Ek jou voortdurend aan om lief te hê. Jy sal egter die gees in jou, wat aan alle liefde ontbreek en waaraan jy jou aardse bestaan te danke het, moet bestry. Hy spoor jou aan tot eieliefde, hy wil die Goddelike vonk binne-in jou blus, hy wil verhoed dat jy 'n lewe van liefde lei. Jy sal dit dus moet beveg, maw jy moet jou eie drange beveg wat net jou selfsugtige liefde verhoog en die ware liefde tot My en jou naaste verswak, sodat jy nie in staat sal wees om die krag van die liefde self te ervaar nie. Veg daarteen en volg My, aanvaar hierdie woorde in jou hart en handel daarvolgens en jou lot sal die volledige vereniging met My en oneindige saligheid wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205