BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Brug na die geesteryk - Jesus 5640 Die brug na die geestelike ryk was deur My Self gebou toe Ek na die aarde afgedaal het om die mensdom te verlos. En hierdie brug sal julle almal moet betree as julle My wil navolg. Begryp dit dus goed: Wie My volg, wie My as sy Leier gekies het, kan en moet dieselfde weg gaan wat Ek gegaan het en hy hoef nie te vrees dat hy verkeerd sal gaan nie. En so, selfs as mens, het Ek kontak gehou met die Koninkryk waar Ek vandaan gekom het. Toegegee, aanvanklik was My oorsprong, as die mens Jesus, vir My ook verborge, want Ek het op aarde geleef en nie meer geweet as ander mense nie, maar My siel het voortdurend na God gesoek, My siel het voortdurend teruggekeer na My ware Vaderland, na die ryk van die mees geluksaligste geeste. En My vurige hunkerende liefde na God was so groot dat Hy spoedig na My gekom en My ook oor My taak op aarde ingelig het. Daarom het Ek reeds op ‘n vroeë leeftyd besef dat Ek en alle ander mense slegs gaste op hierdie aarde is, maar dat by die uur van dood, die geesteryk weer vir elkeen geopen word, maar dat die sfere slegs baie verskillend was. Ek het hierdie kennis as mens op aarde gehad en kon dikwels in hierdie sfere inkyk. Ek het oorvloedige geluksaligheid gesien, asook die uiterste lyding van die geestelike wesens en My siel het hewig verlang, maar was ook hewig ontsteld. Ek kon die geestelike wêreld aanskou, wat toe te skryf was aan die hoë graad van rypheid wat My siel reeds op aarde verwerf het en daarom was daar geen gevaar vir My siel om in die verskillende sfere van die geesteryk binne te gaan nie. Ekself het reeds die brug gebou deur My wese tot liefde te omvorm en kon daarom die brug na die oorkant in geesteryk sonder gevaar oorgaan. En so wil Ek aan julle opheldering gee dat die liefde in julle mense altyd in staat sal wees om ‘n brug na die geesteryk te bou, dat nie julle nie, maar die Gees van God wat deur liefde gewek word, julle daaroor sal begelei, omdat Sy julle aan die Koninkryk wil voorstel waar julle ware huis is en wat julle onvergelykbare skatte bied en wat julle in hierdie Koninkryk kan ontvang. Dan sal julle ook veilig en sorgeloos ‘n blik kan werp op die koninkryk van duisternis, want dan sal julle liefde almal wil help wat hierdie hulp nodig het. Die brug wat van die aarde na die geesteryk lei, moet letterlik asook figuurlik verstaan word. Ek het die weg vir julle voorberei wat na God lei, wat julle ook sal moet gaan in navolging van Jesus. Maar Ek het julle ook, deur My opstanding op die derde dag, bewys dat Ek die dood oorwin het, dat daar geen beperkings vir die lewende is, wat die onsterflike deel in julle is, dat julle siele te alle tye in die geesteryk kan en sal bly en dat My Gees, as julle Haar laat ontwaak het, Sy julle sal begelei in gebiede wat andersins vir julle ondeurgrondelik sou wees. Maar dit is anders as dergelike kontak met die geesteryk gemaak word sonder geloof in My, sonder geestelike begeerte en sonder liefde. Dan gaan die mense sonder toestemming oor die brug, dan neem hulle onwettig besit daarvan om in die koninkryk te kyk wat vir hulle verborge is. Hierdie mense erken My nie, gevolglik kan hulle nie op die brug wees wat Ek deur My kruisiging gebou het nie. Maar tog sien hulle ook ‘n brug wat na die geesteryk lei, ‘n illusie, wat My teenstander hulle laat glo, omdat hy hulle na hom wil lei, waarin hy maklik in slaag, deur hulle in steeds diepere duisternis te werp, omdat geen lig in duisternis gevind kan word nie. Maar wie lig begeer, sal deur die ligwesens ontmoet word en hulle sal haar met ‘n oorvloed van lig van die suiwer Waarheid voorsien, wat slegs uit die Koninkryk van God, uit die Koninkryk van ewige Waarheid kan kom. Uit die koninkryk van duisternis kom niks anders as boosheid nie, uit die Koninkryk van lig slegs seën; julle moet julleself sluit vir die koninkryk van duisternis, maar julleself oopmaak vir die Koninkryk van lig, want Ek roep julle vanuit hierdie Koninkryk: “Kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is en Ek sal julle rus gee”. En as Ek julle na My toe roep, moet julle ook oor die brug gaan wat Ek van die aarde af na die Ligryk gebou het, om die weg vir julle gelyk te maak wat na My lei, maar wat slegs deur liefde gevind kan word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205