BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kruisiging - Die Weg na Golgota 5643 Die Weg na Golgota was die beëindiging van My lewe op aarde, dit was die oorwinning en die vervulling, dit was die swaarste en bitterste selfopoffering, want dit het My duidelik in elke detail voor oë gestaan, tot by die uur van die dood. Ek het van alle lyding en kwellinge geweet en het tog hierdie weg bewustelik gegaan. Maar vir My het die onnoemlike nood van die sondige mense ook voor oë gestaan, die onmeetlike sondeskuld en die uitwerking het soos ‘n saamgeperste las op My skouers gelê en Ek het geweet dat as Ek hierdie las moes afskud, wat Ek wel kon doen met My Mag en Krag, sou die mensdom daaronder beswyk en die las nooit alleen kon dra nie. Ek het geweet dat hierdie sondelas die mensdom vir ewighede sou kwel en hulle nooit sou toelaat om vryheid en saligheid te bereik nie. Ek het hierdie kwellinge van die hele mensdom voor My Geestesoog gesien en Ek het medelye met die onsalige geeste gehad. Daarom het Ek die sondelas van die mensdom weggeneem en die weg na Golgota gegaan, Ek het die onnoemlike leed op My geneem om die skuld af te los, wat so groot was, dat slegs bomenslike lyding as soenoffer sou volstaan. Daarom wou Ek ly en sterwe vir die mense en op geen enkele wyse My lyding versag nie. Julle mense sal nooit die omvang van die werk van My barmhartigheid kan beoordeel nie, want julle wat in My glo, is ook bewus van My Goddelike natuur, wat ook die grootste leed sou kon verminder. Ek het egter as mens gely en gesterf. Al die kwellinge wat ‘n mens maar kon verdra, was op My toegepas, geestelik en liggaamlik was Ek op die mees erbarmlike manier mishandel. My folteraars het nie net die liggaam gekwel nie, maar hulle het sulke verskriklike en van haat vervulde woorde geuiter, dat My siel dit as uitinge van die hel herken het en ondraaglik gemartel was. Alles wat ‘n mens maar as lyding vir homself kan voorstel, het Ek verdra en wel uit liefde vir die mense, wat hulle enorme sondeskuld self sou moes afgelos het en ewighede daarvoor nodig sou gehad het. Die leed van hierdie mense kon Ek as die mens Jesus sien en Ek wou die onmeetlike lyding afwend, deur Self te verdra wat Ek maar kon verdra. My Liefde kon nie by die groot nood van die mensdom verbygaan nie, My Liefde wou help, My Liefde wou verlossing bring aan alle geboeides. Sy wou vergifnis afsmeek vir alle sondaars en wou versoening tot stand bring en get daarom Haarself as offer vir die hemelse Vader aanbied. Maar die mense moet die gebragte offer aanvaar en hulleself deur My laat verlos. Daarom roep Ek julle met die vurigste liefde toe: Laat hierdie offer van My nie tevergeefs vir julle gebring wees nie. Besef dat julle gebuk gaan onder ‘n groot sondeskuld en begeer om daarvan verlos word. Neem My kruisoffer aan wat vir julle gebring is, gaan staan julle ook onder die kruis van Golgota, laat My lyding en My dood aan die kruis nie sonder uitwerking op julle bly nie. Bring al julle sonde vir My, sodat Ek julle kan bevry, sodat julle vergewing kan verkry, sodat die Vader julle kan aanneem terwille van die liefde van Sy Seun. Laat julle almal verlos deur My bloed, wat Ek vir julle mense aan die kruis gestort het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205