BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Hoe lank kon Lucifer skep? 5645 My Krag was vir so lank werksaam in die eersgeskape wese, totdat die wilsbesluit heeltemal finaal was, oftewel: Lucifer, of ook “Ligdraer”, kon wesens vir nog so lank laat ontstaan het as wat hy nog deur die krag van My Liefde vervul was, wat egter met sy hardkoppige val in die diepte, met sy verwydering van My, steeds swakker en uiteindelik heeltemal onwerksaam geword het. Dus het Ek nie die krag van die eersgeskape wese onttrek nie, maar hyself het hom onwerksaam gemaak, toe hy homself eindeloos vêr van My verwyder het. Maar die daad van die wilsbesluit was geen saak van ‘n oomblik nie, ook dié besluit was ‘n proses wat homself oor eindelose tye uitgestrek het, want ook die wil in Lucifer, wat teen My gerig was, het homself langsaam ontwikkel en daaraan beantwoordend was ook die wesens wat uit hom voortgekom het geaard, wat meer of minder van die wil wat van My afgewend was, in hulself gedra het. Solank die eersgeskape wese dus nog nie die volledige breek met My voltrek het nie, was hy ook nog skeppend en vormend besig, maar hoe langer, hoe meer het die vermoë om te skep afgeneem, egter nie deur My beperk nie, maar volgens die oerwet verloor My Krag sy werking sodra hy teenstand kry. Dus, solank die eersgeskape wese hom binne die bereik van die krag van My Liefde gehou het, kon hy ook skep, maar steeds in ooreenstemming met sy wil om My Krag aan te neem in die besef dat hy dit van My, as die Oerbron van krag, onttrek het. Hierdie tyd, wat die wil nog besluiteloos was, was voldoende om ook ontelbare wesens met 'n besluitelose wil te skep, wat hulle dan steeds meer van My afgewend het en ook die eersgeskape wese onmagtig laat word het om verder wesens in die lewe te roep. Die innige verbintenis met My het die wese wat My Liefde eens geskape het, krag sonder belemmering laat toestroom. Die uiteindelike skeiding van My moes onvermydelik ook ‘n totale kragteloosheid tot gevolg hê. Die werking van krag het in dieselfde mate afgeneem soos wat sy wil homself van My afgewend het. Solank hy My Krag gebruik het om te skep, het hy My ook erken as Bron van krag, maar het hierdie insig nie oorgedra aan die wat deur hom in die lewe geroep was nie. En toe hy willens en wetens geen krag meer van My wou trek nie, met die gedagte om dit self te besit, het sy wilsbesluit geval. Hy het die krag verwerp en dit beteken eindelose verwydering van My en dus kragteloosheid, sodat na sy val in die diepte, sy mag ook gebreek was om nog verdere wesens deur sy wil te laat ontstaan. Begryp dit goed: Daar lê ‘n onmeetlike lang tyd tussen die eerste oomblik van in opstand kom en die volledige afwend van My. En die wesens wat in hierdie tyd geskape is, was ook soortgelyk gevorm, om welke rede dit dus noodsaaklik was dat Ek alle wesens van wie Ek ’n wilsbesluit gevra het, ook met My Lig van insig moes deurstraal, maar dat hulle hul netso verskillend tot nut gemaak het, net soos wat hul self verskillend geaard was. Maar hulle kon ‘n regte besluit geneem het, die aard van hulle skepping was nie bepalend nie, want die wil van elke wese was vry. Daar kon al van ‘n val in die diepte gepraat word vanaf die oomblik van die eerste opsetlike afkeer van My, maar wat nog nie volkome voltrek was, solank as wat Ek nog gesien was as Bron van krag nie. En die eersgeskape wese kon ook solank die krag wat hom onbeperk vanuit My toegestuur was, volgens sy wil gebruik. Want solank as wat hy My erken het, het hy in die stroomkring van My Liefde gebly. Maar hy het uit hierdie stroomkring gestap toe hy My bewustelik weerstaan het, toe hy self die krag verwerp het, sodat hy nie nodig gehad het om My te erken nie, omdat hy homself sterk en kragtig genoeg gewaan het om eiemagtig te kan skep en vorm. Nou het My Krag werkloos gebly volgens die oerwet van ewigheid. En nou was die skep van wesens ook nie moontlik nie, want nou het Ek die hele krag van My Liefde toegepas om die gevalle geestelike terug te voer. Die geestelike skeppingswerk was voltooi, nou het die vergoddeliking van die geskapenes begin, die opleiding van die skepsele tot My kinders, vanuit ‘n vrye wil, ‘n werk waarvoor die totale krag van My Liefde geld en wat My teenstander ook nie sal kan verhinder nie, waaraan ten laaste ook hierdie teenstander homself vrywillig sal oorgee om weer in die toestand van onbegrensde krag te kom en dit dan te gebruik volgens My Wil. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205