BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Gebed in gees en in waarheid 5653 Niemand wie in Gees en Waarheid smeekbede na My stuur, sal My tevergeefs om hulp aanroep nie. Maar hoe moet jy bid sodat jou oproep My bereik? Jy moet geen lippegebed uitspreek nie, want dit hoor en verhoor Ek nie, omdat jou hart nie daarby betrokke is nie, omdat jy nie ‘n verbinding met My tot stand bring nie, maar steeds op die aarde bly, omdat jy net 'n formaliteit verrig wat geen lewe het nie. 'n Verstandelike gebed dring egter ook nie tot My Oor deur nie, ofskoon die mens My verstandelik erken as God en Skepper van ewigheid en nou hierdie geloof in My Woorde in uitspreek, waardeur hy meen dat hy die verbinding met My tot stand gebring het. Ek verlang 'n ander gebed. Ek verlang volle vertroue in My. Ek verlang die smeekbede van 'n kind wat in My die Vader sien en tot Hom kom in die volle vertroue dat Hy hom sal help. In die vertroue van 'n kind lê die geloofskrag. En 'n gebed wat so na My gestuur word, kom uit die hart en tref My Oor. Dan spreek die mens nie met God nie, maar wel die kind met die Vader. Eers wanneer 'n mens in die stilte van sy hart My in die gedagtes sal soek, wanneer hy samespraak met My hou, wanneer hy sonder aanstellerigheid en onverbloemd alles vir My uiteensit wat hom pla, wanneer hy hom in deemoed aan My en My sorg oorgee, wanneer hy alle grense tussen hom en My uit die weg geruim het, wanneer hy My deur innige aanroep teenwoordig laat wees, bid hy in Gees en in Waarheid. Dan verhef sy gees hom na My, oftewel Ek buig My oor na My kind toe en sy smeekbede sal nie ongehoord wegsterf nie. 'n Kind wat so gelowig en vol vertroue met al sy begeertes na My toe kom, sal Ek nie teleurstel nie. Aan hom sal Ek My ook as sorgsame Vader openbaar. Ek sal hom nie in nood laat nie. Ek sal sy geloof nie beskaam nie, want hy soek My nie in die vêrte nie. Hy durf na My te kom en tog vol deemoed te bly, aangesien hy andersins nie sou bid nie, maar vereistes stel. 'n Gebed uit die verstand is egter 'n vereiste wat die mens aan My stel, omdat hy meen om daartoe geregtig te wees deur sy erkenning van My. So ‘n verstandelike gebed ontbeer die diepe deemoed, want waar die deemoed is, daar swyg die verstand, maar die hart spreek des te harder. Jy moet in Gees en Waarheid bid en jy sal dit alleen kan doen as jy die kinderlike verhouding met My tot stand gebring het. Dan is die pad van jou af na My toe nie vêr nie. Dan sal jy te alle tye in die gedagtes by My kan wees. Dan trek jy My ook steeds na jou toe, want dan sal jou denke steeds in liefde op My gerig wees en sien en voel Ek jou liefde en kan dus al deur My Gees op jou inwerk. En dan sal jy nooit 'n vergeefse versoek doen nie, want die Vader luister steeds wanneer Sy kind Hom roep. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205