BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Hiernamaals, nood van die siele - Voorspraak - Wils verandering 5318 Die swaarkry van behoeftige siele aan die anderkant is baie groot, want hulle situasie is dikwels ondraaglik, omdat hulle omring is deur ’n digte duisternis waaruit hulle nie kan ontsnap nie. Hoe meer 'n siel egter ly, hoe gouer kan sy haarself analiseer, besin oor haar skuld en kyk vir hulp, ten einde dan te streef na selfs die kleinste straaltjie van lig in die hoop op verlossing. Slegs wanneer sy probeer om weg te beweeg van die duisternis, kan sy na die lig gelei word. Voor dit sou sy nie in staat gewees het om die instruksies te verstaan nie, maar ook nog te hardkoppig wees om laasgenoemde te aanvaar, sodat elke liefdevolle poging tevergeefs sou wees. Elke siel se wil kan herken word deur die ligwesens en daarvolgens sal hulle die arme siele lei na die lig wat sy begeer, want hierdie siele is dan in 'n toestand om gehelp te kan word, aangesien hulle bereid is om dit te aanvaar en ook versoek om gehelp te word. Die daad van Verlossing kan dan in werking tree oor hierdie siele, selfs op dié van die afgrond. Jesus se Liefde en Genade het dan ook individuele siele in die afgrond geraak en om verlossing aan hulle te bring, is 'n uiters lonende taak, waartoe julle mense grootliks kan bydra met bewustelike voorbidding en geestelike instruksies van diegene wat jou nader om hulp. Die siele in die hiernamaals weet dat mense op aarde nog lewensenergie het, waaraan hulle ‘n totale gebrek het en daarom versamel hulle rondom mense om krag van hulle te ontvang. Hulle weet weliswaar nie hoe die krag na hulle vloei nie, nogtans vra hulle vir mense wat by hulle ontbreek, vir wat hulle nie het nie, maar in staat is om te onderskei in mense. Hul ernstige swaarkry dryf hulle na die mense op aarde, selfs al het hulle dikwels maar net 'n vae herinnering van die kennis wat hulle op aarde gehad het. Gevolglik is onderrigting van hierdie siele nie maklik nie, aangesien hul swak intellektuele kapasiteit in ag geneem moet word en, in die lig van hul skuld, hul vlak van volwassenheid ‘n gebrek aan bewustheid beteken. Nietemin, hulle is honger vir verduidelikings en is geduldige luisteraars wanneer dit aan hulle gegee word. Daar is ‘n groot nood in die ryk hierna, wat egter deur julle mense versag kan word indien julle bereid is om hulle te help, indien hierdie siele julle medelye wek en julle wil aangespoor word om te help, want hulle ondervind reeds julle liefderyke gedagte as ‘n merkbare toevoer van krag. En hulle sal daarom nie meer ’n mens verlaat wat hulle op so ‘n manier help, omdat hy in liefde aan hulle dink en by Jesus Christus vir hierdie arme siele om hulp smeek nie. Die Goddelike Verlosser is altyd bereid om die siele te help om uit die diepte na bo te kom, maar daar kan nie by die wet van die liefde verbygegaan word nie. En as die siel self nog geen liefde kan bring nie, neem Hy genoeë met die liefdevolle voorspraak en Hy neem dit aan asof dit deur die siele self gedoen is. En hulle sal deur Sy liefde en Barmhartigheid verlossing vind. Die mense kan oneindig baie bydra om siele uit die duisternis te red. Hulle almal smeek julle daarvoor en as hulle julle vra, as julle aan hulle dink sal julle weet dat hulle gehelp kan word, dat hulle reeds in ‘n toestand is waar hulle hulp wil hê en dat mense se moeite nie meer tevergeefs is nie. Help hulle, red hulle uit hul nood en dra so by tot verlossing van die siele wat op aarde versuim het om aan hul vervolmaking te werk, wat daarom in die hiernamaals in groot nood verkeer, waaruit slegs die liefde van die mense hulle egter kan help. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205